RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Visvrektes in Kaapstad 06.04.2021

Maryke Musson verduidelik vir Johan Rademan en Martelize Brink wat gelei het tot die massa visvrektes by die V&A Waterkant in Kaapstad.

Van 'n lewe op straat na 'n toegewyde student 05.04.2021

Verlede week het ons gehoor hoe die Maranatha Jeugsentrum in Port Elizabeth jong volwassenes gereed maak vir die werk- en grootmenswêreld. Mariska Spoormaker gesels nou met Samantinio Gabriel wat as jong kind 'n lewe op straat bo een van dissipline en skool verkies het. Toe beland sy by Maranatha, begin weer leer en is nou, op 21, besig om haarself as sjef te kwalifiseer.

Die groei in aanlynopvoeding 05.04.2021

Dr. Linda-Louise Geldenhuys praat oor die groei van aanlynopvoeding tydens die pandemie.

Boerenkaas 05.04.2021

Estelle du Preez vertel vir Martelize Brink van die eienskappe en die produksie van Boerenkaas.

Love my Valley 05.04.2021

Leani Jansen van Vuuren vertel vir Martelize Brink van die Love my Valley-inisiatief van welwillendheid in die Kaapse Wynlande.

Libertaskoor 01.04.2021

Prof. Johan De Villiers, ‘n wiskundeprofessor, en sy vrou Louwina is die stigters van die gerekende Libertaskoor op Stellenbosch. Die twee vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe alles begin het. Ons hoor hoe hulle tydens die grendeltyd moes oefen, en Haidee het gaan loer hoe die groep nou (steeds gemasker) in die De Villers-egpaar se huis op Stellenbosch oefen.

Die belangrikheid van insekte 01.04.2021

Prof. Clark Scholtz praat oor die belangrikheid van insekte vir die mens se welstand.

Opleiding oor outisme 01.04.2021

Ilze Soutter praat oor die verantwoordelikheid van eienaars van skole en voorskoolse onderrigsentrums om hulle personeel vir opleiding in outisme te stuur.

Stilbaai se palings 31.03.2021

Annarise Wolmarans gesels met Martelize Brink oor die palinggat by die Stilbaai toerismekantoor waar jy wilde palings kan voer.

Maranatha help weerlose jong volwassenes werkvaardig maak 31.03.2021

Sowat 'n jaar en 'n half gelede het die regering dit verpligtend vir alle kinderhuise, wat staatsubsidies ontvang, om 'n drie jaar lange oorbruggingsprogram vir jong volwassenes na die werkende lewe aan te bied. In die verlede moes die kinders op 18-jarige ouderdom die kinderhuise verlaat. Mariska Spoormaker het met dr. Trudi Basson, direkteur van die Maranatha Jeugsentrum in die Baai, gepraat om...

Uitdagings vir die modebedryf 31.03.2021

Leonardo Snyman gesels met Martelize Brink oor die uitdagings vir die modebedryf en hoe modeskole dit aanpak.

Tholine Samuels, die wingerdvrou 30.03.2021

Tholine Samuels werk al 13 jaar in die wingerde as voorvrou by Diemersfontein. Sy geniet elke oomblik daarvan en al is sy kantoorwerk aangebied, verkies sy die buitelewe in die wingerde - sy verwys daarna as haar baba. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoekom sy so dol is oor wingerdplant en hoekom sy nooit iets anders as dit wil doen nie.

Historiese Huise Suid-Afrika 30.03.2021

Pieter Kotzé vertel vir Johan Rademan van die werk van Historiese Huise Suid-Afrika.

Ondersteun kinders met trauma 30.03.2021

Marthé Kotze vertel vir Johan Radaman en Martelize Brink van 'n program wat ouers, kinderversorgers en onderwysers help om trauma by kinders raak te sien en die kinders te ondersteun.

Bokkie, die geliefde troetelskaap 29.03.2021

Daar is baie huise vol troeteldiere, maar ‘n Baaise huis vat die koek, want hier vind jy tussen honde, katte en papegaaie vir Bokkie die skaap, wat al 12 jaar lank ‘n geliefde troeteldier vir Brenda Smit en haar gesin is. Mariska Spoormaker het by Bokkie en Brenda gaan kuier.

Volhoubare koringverbouing 29.03.2021

Jurianne Schreuder praat oor volhoubare koringverbouing.

The Estate op SABC 3 26.03.2021

Aktrise Nadia Valvekins vertel vir Martelize Brink van die nuwe SABC 3 drama, The Estate.

Cheslin Prins 26.03.2021

Cheslin Prins se pad was as tiener vol dorings. Vandag is hy die skakelbeampte by die gastehuis op Diemersfontein buite Wellington. Daarby is hy ook 'n aandeelhouer van die plaas se bemagtingsprojek,Thokozani. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe hy daar beland het en die twee toekennings wat hy al losgeslaan het.

Rubberboomplantasies bedreig 26.03.2021

Bosbouwetenskaplike Izak van der Merwe vertel vir Martelize Brink van die bedreigings vir rubberboomplantasies en di rubberbedryf.

Hou kietsie weg van dié lelies af 25.03.2021

Veearts dr. Liesel van der Merwe vertel vir Johan Rademan dat lelies giftig is vir katte.

Die mees gewilde werk 25.03.2021

Ruan Venter vertel vir Johan Rademan wat die mees gewilde werksrigtings op die oomblik is.

Theuns Coetzee van Bonnievale 24.03.2021

Haidee Muller-Isaacs het op Bonnievale by Theuns Coetzee, 'n argitektegnoloog, gekuier. Hy vertel hoekom hy betrokke is by die ontwerp van vaardigheidskole op die platteland. Haidee hoor ook meer oor sy drome vir sy tuisdorp, en hoe hy nie skroom om te help in die gemeenskap nie.

Covid-19 en TB 24.03.2021

Turberkulose epidemioloog dr. Arne von Delft praat oor TB tydens die Covid-19-periode.

Verkla roekelose bestuurder só 24.03.2021

Adjunk-direkteur Willie van der Merwe vertel hoe jy roekelose bestuurders kan verkla.

Fugardteater se deure sluit permanent 23.03.2021

David Kramer gesels met Johan Rademan oor die impak wat die sluiting van die Fugardteater het op musiekblyspele en Kaapse kultuur.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.