RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gasveiligheid 15.04.2021 13:52
Roy Lubbe gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor gasveiligheid.
Kinders “verdwyn” agter gesigmaskers 14.04.2021 8:07
In die vorige bydrae het ons gehoor hoe Asja Strydom, leerkrag by die Despatch Voorbereidingskool, Oosterse oefeninge inspan om die leerdertjies beter te laat konsentreer in die klas. Die hoof van die skool, Madelène Sachse, het vir Mariska Spoormaker gesê dat die Covid-19-beperkings baie hoë eise aan onderwysers stel om die leerders so goed moontlik te onderrig.
Oosterse oefeninge om leerders te help fokus 14.04.2021 7:27
Die een dag by die huis, die ander dag by die skool ingevolge die pandemie-protokolle, maak die leerlinge onder meer lui en hulle aandag dwalend, is gevind by Despatch Voorbereidingskool. In een klas word Oosterse konsentrasie-oefeninge elke dag aangebied om die leerdertjies te help om gefokus te bly. Mariska Spoormaker het gaan kyk hoe dit by die skool gedoen word.
Atipiese kinders 14.04.2021 12:23
Hennie Voster gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die uitdagings om 'n atipiese kind groot te maak.
Pluk daai appel 14.04.2021 10:41
Floris Steenkamp van DuToit in die Koue Bokkeveld het vir Haidee Muller-Isaacs gewys hoe 'n mens eintlik appels pluk, en dat die woord, KNEUS, soos 'n vloekwoord is wanneer jy appels pluk. Floris vertel vir Haidee om te boer is sy hartsbegeerte, en dat hy nooit ooit iets anders wil doen as dit nie.
Jozini-dam 13.04.2021 10:15
Hannes du Preez vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Suid-Afrika se vyfde grootste dam, die Jozini-dam.
Dertienjarige trek aandag met sy animasie 13.04.2021 9:51
Die dertienjarige Philip Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hy stopmotion-animasie doen.
Wupperthal 13.04.2021 8:55
Pieter Kotzé vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die vordering met die restourasie op Wupperthal.
Strong Schools Community Collaborative 12.04.2021 9:01
Gary Janeke vertel vir Martelize Brink van die gemeenskapsondersteuning wat Strong Schools Community Collaborative aan 13 laer inkomste skole in die Helderberg bied.
Bloukraanvoëls 12.04.2021 12:35
Bradley Gibbons vertel vir Martelize Brink van die bedreigings vir bloukraanvoëls.
Uitbranding 12.04.2021 5:52
Professor Renata Schoeman vertel vir Martelize Brink hoe jy van uitbranding kan herstel.
Asbes 12.04.2021 12:54
Albie Klein vertel vir Martelize Brink van die gevare van asbes en wat die wet daaroor sê.
Vader Enrico Parry 09.04.2021 11:57
Dis alombekend op Oudtshoorn dat Vader Enrico Parry 'n uiters begaafde leerder was tydens sy skooljare in die jare tagtig. Sy oud-onnies op Oudtshoorn vertel nou nog hoe hy basies enige loopbaan sou kon najaag, indien hy wou. Hy het die geestelike pad gekies. Haidee Muller-Isaacs het met hom gesels oor sy destydse besluit, en hy bring ook 'n boodskap van hoop aan die moedeloses.
Groot pampoen 09.04.2021 7:18
Willem le Grange vertel vir Martelize Brink van die pampoen van 867 kg wat hy gekweek het.
Brandewynroetes 09.04.2021 15:38
Dr. Winifred E. Bowman vertel vir Martelize Brink van Suid-Afrika se brandewynroetes.
Flikker en Flash 09.04.2021 6:49
Cintaine Schutte vertel vir Martelize Brink van haar ervaring tydens Flikker en Flash by die Woordfees op Stellenboch.
'n Katedraal op Oudtshoorn? 08.04.2021 11:58
Haidee Muller-Isaacs vind meer uit oor die pragtige St. Saviour Katedraal op haar tuisdorp. Toeriste neem vandag nog foto's van hierdie indrukwekkende katedraal in Baron van Rheedestraat, en desjare het die mense van Oudtshoorn graag hulle troufoto's op die kerk se trappe geneem.
Ambagte 08.04.2021 10:00
Joe Lishman vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe die administrasie van ambagte in die verlede gewerk het.
Die vang van bye 08.04.2021 18:42
Ernst Muller vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe bye gevang word, en wie dit mag doen. En Kobus Kemp praat oor die wetlike aspekte van bye.
Die vrou agter die skole viool-program 07.04.2021 6:51
Ons het gehoor hoe die leerlinge van Alexander Road High en Setlaarspark Laerskool ‘n vioolvennootskap gevorm het danksy die sonderlinge Muzukidz-program wat jong, weerlose leerders deur vioolspel help bemagtig. Mariska Spoormaker het die stigter van Muzukidz, Maria Botha, in die musiekklas van Setlaarspark raakgeloop.
Vioolprojek bemagtig Baaise skoliere 07.04.2021 9:01
In 'n sonderlinge musiekprojek word die violiste van die Baaise Hoërskool, Alexander Road High, geleer hoe om vioollesse vir die kleintjies van Setlaarspark Laerskool, ook in Port Elizabeth, te gee. Die hoërskoolmusiekjuffrou aan stuur van hierdie vioolprojek is Elmarie van der Vyver. Mariska Spoormaker het by Alexander Road High gaan inloer om die storie te kry.
Jou emosies en jou geldsake 07.04.2021 8:20
Kenne Loubser vertel hoe jou emosies jou finansiële gedrag beïnvloed.
Modeontwerper Johan Oldenburg 07.04.2021 14:06
Johan Oldenburg gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy suksesvolle skuif van die finansiële wêreld na die modebedryf.
Die rol van grafte as monumente 06.04.2021 31:14
Anton Goosen gesels met Johan Rademan oor Silver de Lange, en die rol van grafte as monumente. En Maryna Viviers gesels oor haar oorlede man, Gerhard Viviers, se graf wat onlangs opgeknap is. Sy deel ook 'n paar herhinneringe van hom.
Familieslaghuise 06.04.2021 15:49
Jako van Tonder vertel vir Johan Rademan van die rol van ‘n familieslaghuis en waar 'n slagter sy opleiding kry.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.