RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Artfluence Menseregte Kunstefees 03.05.2021

Ismail Mohamed praat oor die Artfluence Menseregte Kunstefees, wat 'n samewerking tussen Suid-Afrikaanse en Nederlandse kunstenaars is.

City Nature Challenge 03.05.2021

Rupert Koopman vertel van vanjaar se City Nature Challenge.

Wat is 'n groen boerdery? 03.05.2021

Dr. Ida Wilson verduidelik wat dit beteken om groen te boer.

Kyk net hierdie staatsaanklaer se Konsalik-boeke! 30.04.2021

In die hof tel net die harde feite vir Anschen Conradie, senior staatsaanklaer op Mkhanda in die Oos-Kaap. Maar in Anschen se huis vind jy fiksieboeke vir Afrika én…die heel belangrikste… die volledige versameling van Heinz Konsalik se in-Afrikaans vertaalde boeke wat sy oor 'n periode van 40 jaar versamel het. Mariska Spoormaker wou by Anschen, ook 'n bekende boekeresensent, weet hoekom sy so dol...

Organiese slakboerdery 30.04.2021

Michael Beetge vertel vir Martelize Brink van organiese slakboerdery vir die kostafel en die skoonheidsbedryf.

15-jarige beïndruk met projek oor masjienleer 30.04.2021

Die 15- jarige Alexander van der Merwe vertel vir Martelize Brink van sy navorsing oor masjienleeralgoritmes en verbeelding, wat maak dat hy gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Regeneron Internasionale Wetenskap- en Ingenieurskou in die VSA.

Besigheidswaardasies 30.04.2021

Johann de Lange vertel vir Martelize Brink van die nodigheid vir besigheidswaardasies tydens die stormagtige ekomiese omstandighede.

Stef Cupido se haiku 29.04.2021

Stef Cupido vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar belangstelling in die Japanese digkuns, haiku, en haar drome om eendag Japan te kan besoek.

Diere-oudiologie 29.04.2021

Dr. Alida Naude vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van oudiologie vir diere.

Feed the Future 29.04.2021

Geronimo de Klerk vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hy en sy broer groentetuine plant in oop spasies in Elsiesrivier.

Port Nolloth 29.04.2021

Namakwaland is ‘n wyd uitgestrekte en uiteenlopende wêreld. Ons maak ‘n draai op Port Nolloth, ‘n pragtige dorpie langs die Weskus. Ons hoor van die snoek wat net voor Paasfees loop, diamante en ‘n paar van die besondere plante. Jacqui January het die storie…

Van skoonmaker tot onderwyser 28.04.2021

Natasha Dietrich vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe sy as 47-jarige ma van twee, bedags by die UWK geswot het en saans daar as skoonmaker gewerk het. Sy vang nou graad, en werk as onderwyser.

Predikant se noodkrete tydens zoom-sessie 28.04.2021

Verbeel jou die volgende: jy en jou kollegas, elkeen in julle eie huis, is besig met ‘n virtuele werksessie oor traumaberading, en... die volgende oomblik roep een van die deelnemers uit: "Ek word aangeval, bel die polisie!" Mariska Spoormaker het vir Hanna Kotze, traumaberader en kliniese sielkundige van Port Elizabeth, gevra om te vertel wat gebeur het.

Jagdag 28.04.2021

Vincent Harris vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Jagdag op 1 Mei.

IT-geslagsgaping 28.04.2021

Colette Heunes vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die geslagsgaping in die inligting- en kommunikasietegnologiesektor.

Breytenbachsentrum 27.04.2021

Haidee Muller-Isaacs het op Wellington by die Breytenbachsentrum deur die Digterstuin en die perseel gestap saam met oudjoernalis Francois Lotter. Hy vertel meer van die sentrum, die werk wat hulle besig hou en die uitdagings wat hulle in die gesig staar.

Camissa Museum 27.04.2021

Calvyn Gilfellan vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die nuwe Camissa Museum by die Kasteel de Goede Hoop.

Seebamboeswoude 27.04.2021

Maryke Musson vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die seebamboeswoude aan ons kus.

Die grondwet in Afrikaans 27.04.2021

Advokaat Anton Meyer vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die proses hoe hy die grondwet in Afrikaans vertaal het.

One People Internasionale Filmfees 26.04.2021

Maurice Paige gesels met Martelize Brink oor die One People Internasionale Filmfees.

Gryswater 26.04.2021

Dr. Ailsa Hardie gesels oor die gebruik van gryswater in jou tuin en die invloed daarvan op die grond.

Gemeenskap teen perlemoenstropery 26.04.2021

Danie Keet vertel vir Martelize Brink wat die gemeenskap se rol is in die geveg teen perlemoenstropery.

Wat gebeur met gekonfiskeerde perlemoen? 26.04.2021

Burnett Liedeman vertel vir Martelize Brink wat van die perlemoen en kreef word wat die polisie konfiskeer.

Denise Stubbs 23.04.2021

Denise Stubbs is een van twee Suid-Afrikaanse vroue wat 2019 die International Enterprising Women-toekenning gekry het as die wêreld se top vroue-entrepeneurs. Sy werk kliphard om groter inklusiwiteit in die wynbedryf te verseker. Sy heet eers op 37 haar eerste glas wyn geproe! Denise is deesdae sake-ontwikkelingsdirekteur van Diemersfontein en grootbaas van Thokozani, ‘n gasvryheid-en wynbemagtig...

KleinJan 23.04.2021

Martelize gesels met sjef Jan-Hendrik van der Westhuizen oor die KleinJan restaurant in die Kalahari.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.