RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Strategiese plan om verpleegopleiding en -praktyke te verbeter 12.05.2021 8:41
Dr. Kobie Marais vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die strategiese plan om verpleegopleiding en -praktyke te verbeter.
Hermanus-begraafplaas verfraai 11.05.2021 11:40
Melanie Moore vertel van haar projek om Hermanus se begraafplaas te verfraai.
Oefenprogramme vir ouer mense 11.05.2021 9:35
Daleen Steyn praat oor oefenprogramme vir mense bo sestig.
Barakat 11.05.2021 10:41
Amy Jeptha praat oor die gebruik van Afrikaaps in die rolprent, Barakat.
Etiese verskaffers 11.05.2021 10:50
Kris Dobie praat oor eties-bewuste verskaffers vir ondernemings.
Marimbaklasse 10.05.2021 9:55
Khanya Viljoen vertel vir Martelize Brink van Marimba Jam se musiekklasse.
Spensplaas 10.05.2021 10:53
Katherine Eybers vertel vir Martelize Brink van Spensplaas, 'n gemeenskapstuin in De Rust in die Klein Karoo.
Prostese vir kinders 10.05.2021 11:40
Fisioterapeut Liezel Ennion praat oor die invloed van prostese op kinders met bo-die-knie-amputasies.
Hospiesdienste 10.05.2021 8:24
Neil McDonald vertel vir Martelize Brink oor die uitdagings om hospiesdienste tydens die pamdemie te lewer.
Baaienaars soek natuur op ná grendeltyd se kajuitkoors 07.05.2021 9:54
In Nelson Mandelabaai se natuurryke omgewing en omstreke kan jy blykbaar elke liewe dag van die jaar gaan stap, en dan sal jy steedds nie elke beskikbare voetslaanroete gevolg het nie. Mariska Spoormaker wou by Wayne Leask, voorsitter van die Voetsac-voetslaanklub, weet of dit regtig so is.
Sauvigon Blanc-dag 07.05.2021 13:44
Thys Louw gesels met Martelize Brink oor Sauvigon Blanc-dag en die Suid-Afrika teen Nieu-Seeland uitdaging om saam te val met die 100ste jaar wat die Springbokke en die All Blacks kragte meet.
Aletta Francina de Kock 07.05.2021 10:30
Aletta Francina de Kock vertel vir Martelize Brink van die Aletta Francina aanlynpersona wat sy geskep het.
Chelsi Shikongo 07.05.2021 14:37
Namibiese komediant Chelsi Shikongo gesels met Martelize Brink oor Afrikaans en patriargie in komedie.
Digitale welstand 06.05.2021 12:26
Dr. Marlena Kruger gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor digitale welstand.
Baai se hondvriendelike restaurante word uitgesnuffel 06.05.2021 9:23
In Port Elizabeth is twee vroue besig om saam, maar elkeen met hulle eie hond, dié hawestad se hondvriendelike restaurante uit te snuffel. Hulle is Marizanne Kemp-Ferreira met haar bekende pitboel, Yanka Kwanita, en Talitha van Eeden met haar skaaphond Blits. Mariska Spoormaker het hulle naby die Baai se St. Georges hospitaal raakgeloop toe hulle en hulle honde oppad was na die Savages Fine Foods...
Bome van Hoop en Vriendskap 06.05.2021 10:54
Suid-Afrika het 'n groot verskeidenheid bome, met duisende inheemse en meer as 100 genaturaliseerde uitheemse spesies. Om bome te plant, veral saam met ander mense, bring ‘n groot bevrediging en simboliseer vele dinge vir baie mense. Jan Odendal is ‘n oudonderwyskundige en het 11 jaar gelede die projek, Bome van Hoop en Vriendskap, gestig. Jan droom groot om in die Wes-Kaap met dié projek, gemeens...
Impak van pandemie op ouer/kind verhoudings 06.05.2021 8:05
Pieter le Roux praat oor die impak van die pandemie op mense se verhoudings met hulle ouers met wie hulle nie kontak kan hê nie.
Kristie Herbst 05.05.2021 12:40
Haidee Muller-Isaacs het gaan kuier by die veteraanaktrise Kristie Herbst, wat desjare in die immergewilde Nommer Asseblief die rol van Tannie Kriekie se dogter, Belinda Jonker, gespeel het. Sy is ook die ma van die bekende akteur, Anrich Herbst.
Erfeniswet 05.05.2021 15:41
Prof. Chris Aucamp gesels met Johan Rademan oor die Erfeniswet.
David Makolo se nalatenskap 05.05.2021 11:25
Een van die tragiese slagoffers van Covid-19 is David Makolo. Dié onderwyser het onlangs, nadat hy oorlede is aan Covid-19, in absentia sy doktorsgraad onvang. Hy was, volgens sy studieleier, dr. André de la Harpe, soos baie ander studente uit Afrika, gemeenskapsgerig, en die Bethal en Butterworthgemeenskappe het hom na aan die hart gelê. Die Xhosa-gemeenskap het ‘n groot onderwysman en visionêr v...
Naval Hill-planetarium 05.05.2021 14:25
Prof. Matie Hoffmann gesels met Johan Rademan oor die Naval Hill-planetarium in Bloemfontein.
Jessica Ruiters 04.05.2021 9:57
Haidee Muller-Isaacs gesels met Jessica Ruiters van Wellington, wat begin werk het as skoonmaker en vandag 'n kantoorbestuurder is wat haar goed van haar taak kwyt. Sy vertel vir Haidee van haar moeilike, maar wonderlike kinderjare, hoe sy haarself op die rekenaar touwys gemaak het, en hoe sy eers teen geen betaling begin werk het net sodat sy ondervinding kon opdoen.
Sutherland Kunsopvoedingsprojek 04.05.2021 11:13
Helena Sheridan vertel vir Johan Rademan van SKOP, die Sutherland Kunsopvoedingsprojek en 'n plastiekhernuwingsonderneming, Fanplastiek.
Musiek, wiskunde en programmering 04.05.2021 13:51
Dr. Wilhelm Rothman is ‘n dosent by die Skiereiland Universiteit van Tegnologie. Hy het ‘n besondere belangstelling in programmering in die IT-bedryf, maar tref ook ‘n korrelasie met wiskunde en gee sy mening oor die metodiek wat dikwels in wiskunde-onderrig ontbreek. Musiek, wiskunde en IT loop hand aan hand in die Rothmangesin. Sy seun is die bekende sanger, komponis en kitaarspeler, Loki Rothma...
Klavierjuwele 03.05.2021 10:52
Nicolie Smuts vertel van die juwele wat sy uit klavieronderdele maak.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.