RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Mariene Bewaararea-dag 20.05.2021 6:54
Renée Leeuwner vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die eerste Mariene Bewaararea-dag in Afrika wat vanjaar op 1 Augustus gevier sal word.
Stook jou eie voggies 20.05.2021 13:37
Chris Boshoff gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor distillering by die huis.
Digitale kluise vir wagwoorde 20.05.2021 8:58
FC Boonzaaier vertel van digitale kluise vir al jou wagwoorde.
Marinda Engelbrecht 19.05.2021 12:16
Haidee Muller-Isaacs gesels met die regisseur, TV-aanbieder en kosskrywer, Marinda Engelbrecht oor haar liefde vir kinderteater en wat sy by haar ma geleer het tydens haar grootwordjare op die plaas Joosfontein buite Durbanville.
KZN-bergfietsroetes 19.05.2021 14:45
Michael Bester vertel van KwaZulu-Natal se bergfietsroetes.
Raak stil in die natuur 19.05.2021 7:55
Die natuur bied veel meer as net ‘n habitat en voedingsarea vir spesies. Dit voed ook die gees. Dis in die natuurerfenisgebied in Die Wieg van die Mensdom waar Jacqui January gaan uitspan en bepeins het met ‘n paar vriende. Dominee Barry van der Merwe is bestuurder en bepeinsingsleier by die sentrum. Dis veral die spruit en die ou inheemse bome wat die mens se aandag trek.
Skool vir Klimaatstudie 19.05.2021 11:41
Prof. Eugene Cloete vertel van die nuwe Skool vir Klimaatstudie aan die Universiteit Stellenbosch.
Wêreld Museumdag 18.05.2021 8:04
Glynn Alard gesels oor Wêreld Museumdag en Iziko se virtuele simposium.
Verf-en-vry-werkswinkels 18.05.2021 10:59
Michelle Holtzhausen vertel van verf-en-vry-werkswinkels waar paartjies die geleentheid kry om passievol te raak oor 'n skildery, dan neem hulle die passie én die skildery huis toe.
Hoe het Covid-9 verhoudings beïnvloed? 18.05.2021 10:03
Stefan Blom verduidelik hoe Covid-19 paartjies se verhoudings beïnvloed het.
Goud en silwer 18.05.2021 16:38
By die Olimpiese Spele kry jy goud, silwer of brons. Die edelmetale is nie verniet in daardie volgorde nie. Watter ander faktore neem jy in ag voor jy net vir die gewig van silwer of goud betaal? Dalk die era of kunstenaar? Munt- en metalekenner Pierre-Henry Nortjé het die antwoorde.
Africa kids 17.05.2021 7:49
Nicolie Smuts vertel vir Martelize Brink van haar Africa kids-projek, waar kinders deur kinderliedjies blootstelling aan plaaslike tale kry.
Om saam met kraanvoëls en Mercedes Benzes te boer 17.05.2021 6:52
...en nou vir die interessante storie van n plaas by Molteno in die Oos-Kaap waar kraanvoëls en Mercedes Benzes deel van die boerdery is. Die boer is Meyburgh Erasmus, en Mariska Spoormaker het met hom gepraat.
Kosmetiese sjirurgie tydens Covid-19 17.05.2021 10:14
Dr. Deon Weyers vertel vir Martelize Brink hoe die inperking die gewildheid van sekere kosmetiese sjirurgieprosedures beïnvloed het. Hy gesels ook oor hoe daar besluit word of 'n versoekte prosedure wel gedoen word sal word.
Beplan jou geldsake voor egskeiding 17.05.2021 9:12
Eric Jordaan vertel vir Martelize Brink van die belangrikheid van finansiële beplanning voor 'n egskeiding.
Hoor net hierdie Baaise Covid-Rap! 14.05.2021 8:06
In Nelson Mandelabaai het Mariska Spoormaker ‘n kletsrymskepping teen Covid gehoor, en gesoek tot sy die skepper van dié Covid-Rap opgespoor het. Hy is Leroy Papalee Alkensteadt van Major Stunners en sy kletsrymervennoot is Stanley Versace, wat weer waarsku teen bendes. Maar eers vertel Leroy Papalee hoekom hy die Covid-kletsrym geskep het.
Jokkie-opleiding 14.05.2021 8:24
Kyle Strydom vertel vir Martelize Brink hoe jokkies opgelei word, en wat dit verg om sukses te behaal op 'n perd se rug.
Rolbal 14.05.2021 9:59
Haidee Muller-Isaacs gesels met Pietman Retief op Stellenbosch oor hoe gewild rolbal onder jongmense geword het. Pietman het eers na sy aftrede begin speel.
Mostert se Meul 14.05.2021 12:11
Andy Selfe vertel vir Martelize Brink van die werk van die Vriende van Mostert se Meul en die restourasieplanne nadat die windmeul in die onlangse brand in Kaapstad in die slag gebly het.
Brood, werk en gebaretaal 13.05.2021 7:46
Nie-regeringsorganisasies, nie-winsgewende organisasies en gemeenskapsleiers het almal ten doel om op die een of ander manier met armoedeverligting te help. En die nood raak net al hoër! Jacqui January gesels met Riaan Greeff, wat saam met twee ander jongmense hulp verleen in hulle gemeenskap. Sy wou by Riaan weet waar en hoe hulle te werk gaan.
Wamakersvlei 13.05.2021 7:36
Marlene Brand vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Wamakersvlei aan die Weskus se gerestoureerde vissersdorpie met 'n wamaakgeskiedenis, geleë op 'n plaas langs die see.
Ossewarestourasie 13.05.2021 14:12
Prof. Erik Holm vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die restourasie van ossewaens.
Wêreldrekord vir die grootste vertikale afstand 12.05.2021 10:25
AJ Calitz gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die Guiness Wêreldrekord vir die grootste vertikale afstand te voet afgelê. Hy en 'n vriend het Tafelberg 14 keer in 20 ure op en af gehardloop!
Silwerboom word bedreig 12.05.2021 14:05
Roger Oliver gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die silwerboom wat deur 'n fungus bedreig word.
Transgender jeug se risiko vir selfdood 12.05.2021 13:28
Prof. Gerhard Grobler gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor transgender jeug se risiko vir selfdood.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.