RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Willem Fransman Jnr 28.05.2021

Haidee Muller-Isaacs gesels met die skrywer en digter, Willem Fransman Jnr, oor hoe sy liefde vir boeke en digkuns by sy plaasaarbeiderouers ontstaan het.

Antieke en vintage juweliersware 28.05.2021

Corné Waldeck gesels met Martelize Brink oor antieke en vintage juweliersware.

Portret van ‘n ou man toe níé ‘n Rembrandt nie 28.05.2021

Gerard de Kamper vertel hoe hulle bewys het dat die skildery, Portret van 'n Ou Man, toe nie 'n oorspronklike Rembrandt is nie.

Praktyke wat grondgesondheid verbeter 28.05.2021

Dr. Hendrik Smith vertel van praktyke wat 'n positiewe impak het op grondgesondheid en klimaatsverandering.

Hierdie ouma slaap op 'n tafel! 27.05.2021

Vir diegene wat nog vir Louie-Anna Nel onthou - die ouma van Mosselbaai wat onder meer aktief besig was met matriekwiskunde, ballet en swem - sy het haar luukse meenthuis verkoop en met feitlik al haar meubels weggedoen sodat sy ‘n super minimalistiese lewe in Kaapstad kan lei. Sy het aan Mariska Spoormaker vertel hoekom sy dit gedoen het.

Christiaan Brandt se wêreldkampioen danse 27.05.2021

Skolier Christiaan Brandt vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hy al verskeie kere as 'n danswêreldkampioen bekroon is. Hy verteenwoordig Sui-Aafrika later vanjaar by die Dans Wereldbeker.

Wetenskapuitreik vir leerders 27.05.2021

Dr. Rehana Malgas-Enus gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor haar uitreikprojek om wetenskapklasse vir hoërskoolleerders te verryk en eksperimente bekostigbaar te maak. Weens inperkingsomstandighede moes sy die aanslag egter aanpas.

Grondgesondheid en klimaatsverandering 27.05.2021

Dr. Hendrik Smith praat oor die rol van grondgesondheid in klimaatsverandering.

Werksverhoudings tydens Covid-19 26.05.2021

Prof. Lomé Koekemoer vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe werksverhoudings tydens die Covid-19-periode verander het.

Moica Breed (1923 - 2021) 26.05.2021

Riaan Cruywagen gesels in 'n huldeblyk oor sy oudkollega Monica Breed.

Hoekom loop so min water in die Baai se damme? 26.05.2021

Die sewe jaar lange droogte in groot dele van die Oos-Kaap het onder meer tot gevolg dat Nelson Mandelabaai se opgaardamme feitlik leeg is. Ná goeie reënval die afgelope tyd, was die verwagting dat die damme voller sou word, maar die gesamentlike stand bly op nagenoeg 12%. Wat gaan dan aan in die damme se opvangsgebiede dat so min water afloop na die damme? Mariska Spoormaker het met ekoloog Japie...

Impak van pandemie op persoonlike finansies 26.05.2021

Neil Roets praat oor die impak van die pandemie op Suid-Afrikaners se finansies, en hoe hulle deesdae finansiële verantwoordelikheid neem.

JazzArt 25.05.2021

Shaun Oelf gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die JazzArt dansgeselskap se terugkeer na die verhoog voor 'n gehoor.

Genadedood vir troeteldiere 25.05.2021

Veearts dr. Ingrid de Wet praat oor genadedood vir troeteldiere. Sy verduidelik wanneer hierdie besluit gemaak moet word, watter proses gevolg word, en hoe om dit te hanteer.

Ou wyn 25.05.2021

Emile Joubert gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor 'n bottel Grand Constance 1821 wyn wat vir R420 000 verkoop is. Hy het dit al geproe...

Georganiseerde stookgroepe 25.05.2021

Allewyn van der Linde en Gregory Webb gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor georganiseerde stookgroepe.

Akademiese samewerking tussen Afrika-universiteite 25.05.2021

Dr. Nico Elema praat oor akademiese samewerking tussen Afrika-universiteite.

Koperfontein 24.05.2021

Cara McDowell vertel vir Martelize Brink van Koperfontein naby Hopefield.

Danny Titus-gedenklesing 24.05.2021

Dr. Danny Titus het kort voor sy dood in 2020 uitgetree as die AKTV se direkteur van kultuur. Hy het verskeie hoede gedra en het ook by DAK-netwerk as voorsitter gedien. Dié nie-winsgewende organisasie het hom onlangs gehuldig met 'n gedenklesing by Kunstekaap, Haidee Muller-Isaacs was daar.

Ambagslui 24.05.2021

Jeanne du Plessis praat oor die vraag na opgeleide ambagslui.

Alvin Bruinders 21.05.2021

Die akteur Alvin Bruinders vertel vir Haidee van sy pa, die veteraanakteur Simon Bruinders, en wat hy alles by hom geleer het. Alvin praat oor sy grootwordjare en sy eintlike beroep, want hy het oor die jare geleer om nét akteur te wees, sal nie die pot aan die kook kan hou nie.

Kirstenbosch se Andrew Jacobs 21.05.2021

Andrew Jacobs gesels ooor 45 jaar van vingers in die grond by Kirstenbosch, en mense soos Meryl Streep wat hy daar ontmoet het.

Mediese fondse 21.05.2021

Alan Fritz gesels met Martelize Brink oor die rol van mediese fondse.

Die prys van gesondheidsorg 21.05.2021

Dr. Nicholas Crisp gesels met Martelize Brink oor die prys van gesondheidsorg.

Dubbelswangerskap 20.05.2021

Haidee Muller-Isaacs gesels met pastoor Chantell Davis van Oos-London oor haar rare dubbelswangerskap, oftewel superfetasie. Sy was eers net bewus van een fetus in haar baarmoeder. Op 11 weke het sy gehoor daar is nog een. Die tweede eiersel is 'n week na die eerste bevrug, en Chantell het dus, nadat sy reeds swanger was, weer swanger geraak. Minder as 20 gevalle wêreldwyd is al hieroor gedokument...

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.