RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Wêreld Oseanedag 08.06.2021

Dr. Gerhard Cilliers gesels oor Wêreld Oseanedag en die navorsing wat gedoen word.

Chris van der Westhuizen se onderwysroeping 07.06.2021

Haidee Muller-Isaacs kuier by Chris van der Westhuizen by sy huis in Bellville. Hy het 'n vorige keer vir ons die mooiste storie vertel van sy oorlede ma wat in sy geboortedorp, Upington, bekendgestaan het as Tannie Nellie Naald. Nou vertel die afgetrede Chris die hartverwarmende verhaal van sy 34 jaar in die onderwys - 18 jaar daarvan, as skoolhoof. Chris maak ook sy hart oop oor sy liefde vir di...

Wintermodes 07.06.2021

Suzanne Kotze en Justine Kroes vertel vir Martelize Brink van die nuwe wintermodes.

Kan kuns wys dat kind geboelie word? 07.06.2021

Kunsberader Lorette Dye vertel vir Martelize Brink hoe kuns kan verklap of 'n kind geboelie word.

Gemoedsuitdagings by jongmense 07.06.2021

Dr. Jacques Mostert vertel vir Martelize Brink hoe die voorkoms van gemoedsuitdagings by jongmense internasionaal toenemend 'n bekommeris is.

Kaskarkompetisies 04.06.2021

Alewijn Dippenaar vertel van 'n reeks kaskarkompetisies wat tans aan die Suidkus plaasvind.

Errieda se ma se truie 04.06.2021

Haidee Muller-Isaacs gesels met kosskrywer Errieda du Toit. Sy vertel van die kleurvolle truie wat haar ma Inez gebrei het. Daar was sakke vol truie, wat sy ná haar ma se dood, begin skenk het aan tehuise en behoeftiges op Bonnievale. Haidee vind ook meer uit oor Errieda se onlangse gewigsverlies, en hoe sy dit reggekry het terwyl haar lewe om kos wentel.

Doktorsgraad in Gestremdheidstudies 04.06.2021

Dr. Karen Smit gesels oor haar lewe en die doktorsgraad wat sy pas in Gestremdheidstudies ontvang het.

Ransomware 04.06.2021

FC Boonzaaier vertel vir Martelize Brink van ransomware, en waarom lospryse nie betaal moet word vir data wat gyselaar gehou word nie.

Die boomplantende bibliotekaresse 03.06.2021

Jacqui January vertel van ‘n jong bibliotekaresse wat passievol bome plant. Sy het begin plant by ‘n skool in die noorde, en deesdae is sy in die suide en plant voort. Rene Schoombee, die bibliotekaresse by die Durbanville Biblioteek, vertel wat sy doen.

Kinderbeskerming 03.06.2021

Sonja van der Bank vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink waarteen kinders ook beskerm moet word anders as geweld.

Nuwe riglyne vir intieme filmtonele 03.06.2021

Regardt van den Berg vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die nuwe riglyne vir intieme tonele in die plaaslike filmbedryf.

Barrydale se handwewers 03.06.2021

Jackie Fortuin vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die handwewers op Barrydale.

Weet jy waar is Hertzog? 02.06.2021

Min mense weet dit, maar in die Oos-Kaapse Katriviervallei vind jy ‘n gehuggie met die naam Hertzog. Die inwoners van Hertzog is hoofsaaklik Afrikaanssprekend in 'n gebied waar Xhosa die voertaal en Engels die tweede taal is. Nolan Venter, 'n bekende Afrikaanse rubriekskrywer, was jare lank die prinsipaal van Hertzog Primêr. Mariska Spoormaker het hom meer oor Hertzog uitgevra.

Plantstudietrust 02.06.2021

Braam van Wyk vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Plantstudietrust en die projekte wat hulle befonds.

Wêreld Melkdag 02.06.2021

In 2020 het Suid-Afrikaanse melkuitvoere 'n hoogtepunt van 460 miljoen liter bereik in weerwil van die Covid-19-inperkings. Die Wes-Kaap is verantwoordelik vir 28% van die melkproduksie in Suid-Afrika. Wat uitvoere betref, is die provinsie 'n netto uitvoerder van melk en room. Die uitvoer van melk en room het die afgelope tien jaar met 'n gemiddelde groeikoers van 9% gegroei. Wêreld Melkdag is op...

Internasionale Toerisme-filmfees 02.06.2021

James Byrne gesels oor die Internasionale Toerisme-filmfees wat onlangs plaasgevind het.

G’n vaste woon- of werkadres vir Magdaleen nie 01.06.2021

Die 26-jarige Magdaleen Jooste sê sy is die gelukkigste huislose mens in Suid-Afrika. As kandidaat patenteprokureur het sy eers in 'n kantoor gewerk en haar woonstelhuur getrou betaal, maar toe besluit sy om liewers sonder vaste werk- en woonadres haar werk te bly doen. Mariska Spoormaker wou by haar weet hoe sy dit reggekry het.

Hoe lank kan wyn hou? 01.06.2021

Dr. Carien Coetzee vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe lank wyn kan hou, en watter faktore bepaal hoe lank dit sal hou.

Kulturele diversiteit en egskeidings 01.06.2021

Sinta Ebersohn gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die invloed van kulturele diversiteit op egskeidings.

Inheemse gewoontereg 01.06.2021

Ebrezia Johnson gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor inheemse gewoontereg in Suid-Afrika.

Mdzananda Dierekliniek 31.05.2021

Marcelle du Plessis vertel vir Martelize Brink hoe oorstromings by die Mdzananda Dierekliniek in Khayelitsha hulle werk in die wiele gery het.

Sojabone 31.05.2021

Sojabone word beskryf as ‘n skittergewas. Een van hierdie merkwaardige peulgewas se uniekhede is dat dit die vermoë het om stikstof te bind. Minder as 1% persent van dié voedsame proteïen word deur die mens verbruik. Jacqui January het gaan uitvind van ‘n bewusmakingspoging om dié boon weer in ons huise en op ons tafels te kry.

BASE-argitektuur 31.05.2021

Dr. Dale Sparrow vertel vir Martelize Brink hoe BASE-argitektuur mens en masjien beter kan laat saamwerk. Dit skuif administratiewe werk na die rekenaar toe.

Childline-krisislyn 31.05.2021

Dr. Benita Nel vertel vir Martelize Brink hoe die redes vir oproepe na die Childline-krisislyn verander het die afgelope jaar.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.