RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Watter impak het die pandemie op kore? 16.06.2021 12:49
Hoe raak die voortslepende pandemie kinders vir wie koorsang 'n welkome buitemuurse aktiwiteit is? Haidee Muller-Isaacs gesels hieroor met Karina Erasmus, afrigter van die Tygerberg-kinderkoor, en van die kinders in die koor.
Jacques Gombault 16.06.2021 13:07
Akteur Jacques Gombault vertel hoe sy jeugervaringe sy loopbaan gevorm het, en van die jeugprojek waar hy betrokke is.
Tafelberg 16.06.2021 8:48
Tafelberg is in 2020 aangewys as Afrika se voorste toerisme-attraksie. Vanjaar is dit weer genomineer in dieselfde kategorie en die Tafelberg Sweefspoormaatskappy is genomineer in die Verantwoordelike Toerisme-afdeling.
Vaardighede vir die digitale era 16.06.2021 9:09
Die digitale era vereis unieke vaardighede wat reeds op skool ontwikkel moet word, sê akdamiese konsultant Samara Cloete.
Groter vaderliefde kry jy nie 15.06.2021 8:30
Die mooiste storie van vaderliefde kom uit die Bergsebra Nasionale Park naby Cradock in die Oos-Kaap. Die vader se naam is Mabula, ‘n jagluiperdmannetjie. Sy welpies se name is CJ en Chad. Die storie het begin toe Angela, Mabula se wyfie, hulle welpies gaan leer het hoe om te jag. Roland Januarie, hoof van die Bergsebra Nasionale Park, vertel vir Mariska Spoormaker wat gebeur het.
Dink jy te veel? 15.06.2021 10:23
Lewensafrigter Lizette Volkwyn sê wanneer te veel oor 'n ding dink, begin jy om jou vermoëns te bevraagteken.
Projek wil kinders basiese morele waardes leer 15.06.2021 9:39
Basiese morele waardes is die grondslag van emosionele intelligensie, sê Magdie de Kock, wêreldpresident van die Vereniging van Landelike Vroue. Een van die lidorganisasies van die vereniging, Die Dameskring, het 'n projek begin om gesonde waardes onder kinders te kweek. Jacqui January het meer hieroor gaan uitvind hieroor by die president van die Dameskring, Coreen King.
Anafilakse 15.06.2021 18:56
Dr. André van Niekerk praat in Wêreld Allergieweek oor anafilakse wat wêreldwyd aan die toeneem is.
Die ouetehuis se strippers... 14.06.2021 9:01
Jy kan hulle maar die Strippers van Aristea noem. As jy in 'n tehuis vir bejaardes bly moet jy soms planne beraam om fondse bymekaar te kry. Toe besluit twee inwoners om te strip. Nee dis darem nie wat jy dink nie! Haidee Muller-Isaacs het by Huis Aristea gaan inloer om die storie uit die perd se bek te hoor.
Hoe lyk kantore ná Covid? 14.06.2021 8:28
Sarene Nel vertel hoe kantoorspasiessal lyk as werk-van-die-huis weer werk-by-die-werk word?
Winterhoop-projek 14.06.2021 7:21
Dr. Hennie Combrink vertel van His Hands se betrokkenheid by die Winterhoop-projek.
Ouerbetrokkenheid in onderwys 14.06.2021 11:37
Dr. Jurie Joubert praat oor ouerbetrokkenheid in onderwys. Onderwysdepartemente dwarsoor die wêreld bied opleiding en ondersteuning aan ouers om onderrigondersteuning aan hulle kinders te gee.
Gratis rekenaaropleiding vir werklose jeug 11.06.2021 9:00
In Nelson Mandelabaai het 'n oudonderwyser, Mark Baartman, begin om gratis rekenaarkursusse vir werklose jeug aan te bied, en heelwat van hulle het reeds die kursus met welslae voltooi. Meneer Baartman het ook uit sy eie sak vir die skootrekenaars betaal wat die studente gebruik. Mariska Spoormaker het met hom gepraat.
Cathy - die vrou agter die stuur 11.06.2021 12:24
Cathy vertel vir Martelize Brink van haar ervaring as swaarvragmotorbestuurder op die langpad in die 1980's.
Gemeenskapsapteker 11.06.2021 5:55
Anil Lalla vertel vir Martelize Brink van sy ervaring as gemeenskapsapteker in Penlyn, Kaapstad.
Huisverbeterings 11.06.2021 6:50
Royzanne Kampher verduidelik wat jy in gedagte moet hou wanneer jy huisverbeterings oorweeg.
Sirene Paulse van Somerset-Wes 10.06.2021 12:54
Sirene Paulse van Somerset-Wes het na 'n ernstige verkoue in 2019, gesukkel om die gevoel van naalde en spelde in haar regterbeen af te skud. Twee jaar later was sy 'n kwadrupleeg. Die ma van twee vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe sy weier om op te hou veg om haar lewe terug te kry.
Vaardighede 10.06.2021 11:46
Opvoedkundige sielkundige Jacques Viljoen gesels oor mense se vaardighede wat uit pas is met dit waarna werkgewers soek.
Afvalbestuur 10.06.2021 9:13
Afvalbestuur het ‘n hoogs tegnologies gevorderde bedryf geword. Stortingsterreine word deesdae ontwerp om die impak op die omgewing te verminder. Reon Pienaar, ‘n raadslid van die Instituut vir Afvalbestuur, vertel vir Jacqui January van die interessanthede in die bedryf en kry ‘n paar wenke oor afvalbestuur by die huis.
Finansiële opvoeding vir jongmense 10.06.2021 11:47
Geo Botha praat oor finansiële opvoeding wat toeganklik gemaak moet word vir jongmense.
Sierskaats 09.06.2021 10:42
Enzo D ‘Aguanno vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sierskaats in Suid-Afrika.
Dr. Chris, die petrolkop 09.06.2021 20:02
Dr. Chris van der Merwe is ‘n bekende sakeman wat as die uitvoerende hoof van twee genotteerde maatskappye gedien het. Min mense ken die pad wat hy geloop het en sedert hy die Hoërskool JG Meiring verlaat het. Hy het sonder ‘n pa groot geword en by ‘n tannie naby Goodwood in die Kaap gebly. Sy twee ooms was dieselwerktuigkundiges wat hom aan die motorwêreld blootgestel het. Hy is ‘n selferkende pe...
Volg die fees van die walvis! 08.06.2021 7:30
Vanjaar word die walvis behoorlik gevier met ‘n klomp walvisfeeste wat kuslangs van Algoabaai tot anderkant die Weskus gehou gaan word. Die feeste val saam met duisende bultrugwalvisse wat van nou af in Suid-Afrikaanse waters begin aankom as deel van hulle jaarlikse migrasietogte langs die Oos- en Weskus van Afrika, op pad na die ewenaar. Donè Louw, toerismebeampte van Nelson Mandelabaai, het aan...
Bemagtigingsprojek vir vroue in vervoer 08.06.2021 13:58
Nicci Scott en Joubert Cilliers gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor 'n bemagtigingsprojek vir vroue in vervoer.
POPI-wet tree binnekort in werking 08.06.2021 11:49
PR de Wet praat oor die POPI-wet wat binnekort in werking tree.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.