RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Radiobeheerde modelvliegtuie 25.06.2021

Morné Swanepoel vertel vir Martelize Brink van radiobeheerde modelvliegtuie as 'n stokperdjie, en die Impala skaalmodel wat hy al vier jaar lank aan bou.

Diamante 25.06.2021

Dr. Petre Prins vertel vir Martelize Brink aan wie diamante behoort wat ontdek word, en verwys na 'n knewel van 'n diamant wat onlangs in Botswana gemyn is.

Werkersregte tydens Covid-19 25.06.2021

Dr. Linda Meyer gesels met Martelize Brink oor werkersregte te midde van die Covid-19-omstandighede.

Maak ‘n plan teen pandemie-stres of… 24.06.2021

Mariska Spoormaker gesels met Marolien Schmidt, ‘n fisioterapeut van die Baai, oor hoe al hoe meer mense deur stres oor die Covid-19-pandemie geraak word. Die stres manifesteer in liggaamspyne en 'n verswakte immuunstelsel.

Diere en heinings 24.06.2021

Jonathan le Riche praat oor diere-eienaars se aanspreeklikheid wanneer hulle diere deur heinings breek en mense beseer of eiendom beskadig.

Geldgids bekendstelling 24.06.2021

HGG Finansiële Groep bied die reeks, Geldgids, aan om in dié tyd van geldverknorsing hoop te gee en kennis oor te dra. Geldelike terugslae knou ons sonder aansien des persoons. Daarvan het ons opnuut met die pandemie bewus geraak. Wanneer ‘n mens in dié doolhof beland waarin jy deur geldkwellinge en skuldeisers gejaag word, lyk die toestand dikwels uitsigloos en sonder uitkoms. Maar daar is altyd...

Weefselskening 24.06.2021

Sandra Venter praat oor die belangrikheid van weefselskenking.

Hangberg Dreams en Hangberg Horizons 23.06.2021

Zulfa October vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Hangberg Dreams en Hangberg Horizons wat ondersteuning bied vir verslaafdes in die kwesbare Hangberg-gemeenskap by Houtbaai.

Entrepreneurskapsopleiding 23.06.2021

Joan Krige gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor entrepreneurskapsopleiding vir skoliere en entrepreneurskapsingesteldheid.

Enstofhuiwering 23.06.2021

Dr. Marina Joubert gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor navorsing oor enstofhuiwering.

Bêrekoop 23.06.2021

Kenne Loubser gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor waar bêrekoop vandaan kom, en die moderne aanslag tot hierdie konsep.

Troosklippies om mense se bemoedig 22.06.2021

Nadat Covid Paulette Govender van die Paarl verlede jaar platgetrek het, het sy besluit om troosklippies te maak. Sy deel dit uit of los dit op plekke om mense te bemoedig. Haidee Muller-Isaacs het Paulette raakgeloop.

Nastergal 22.06.2021

Wiida en Erick Badenhorst vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die verbouing en verwerking van nastergal.

Herderakademie 22.06.2021

Johan Bouwer vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van herlewingsweidingpraktyke en die eerste herderakademie.

Internasionale alliansie verklaar Algoabaai tot walviserfenisgebied 21.06.2021

Op Jeugdag het 'n groot eer Algoabaai te beurt geval toe dié Baai deur die Wêreld Walvisalliansie (World Cetacean Alliance) as een van vyf walviserfenisgebiede wêreldwyd verklaar is. Mariska Spoormaker het hieroor gepraat met Doné Louw, toerismebeampte van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit.

Werkswinkels oor kreatiwiteit 21.06.2021

Suné Stassen gesels met Martelize Brink oor aanlyn werkswinkels om kinders en families blootstelling aan kreatiwiteit te bied.

Koshuis neem aftreoord aan 21.06.2021

Michelle Kretzschmar en suster Sonja Stander gesels met Martelize Brink oor 'n projek waar die inwoners van 'n universiteitskoshuis oumas en oupas by 'n aftreeoord aangeneem het.

Kodeïenverslawing 21.06.2021

Wayne Preston gesels met Martelize Brink oor 'n veldtog wat die aandag vestig op kodeïenverslawing onder die jeug, veral met die gebruik van sogenaamde Lean.

Hond + mens+ skaatsplank = vet pret! 18.06.2021

In Richmond Hill, een van die Baai se voorstede, staan die mense verstom wanneer Irie die kruis pitboel-staffie, volspoed verbyhardloop met haar mense-pa, Bardy Badenhorst, op sy skaatsplank, op sleeptou. Baie mense het al video's probeer neem, maar die twee blits só vinnig verby dat dit maar net sekondegrepe is. Mariska Spoormaker het Bardy en Irie in Richmond Hill se strate ingewag om meer uit t...

Wynkelderontwerp 18.06.2021

Prosesingenieur Gerard de Villiers verduidelik wat ‘n prosesingenieur doen, en hoe hy oor die jare al 150 wynkelders in Suid-Afrika en ander lande soos Israel, Frankryk en Engeland ontwerp het.

Covid-19-entstof vir diere? 18.06.2021

Prof. Alan Guthrie praat oor Covid-19 by diere en die entstof wat in Rusland vir diere ontwikkel is.

Heinings en aanspreeklikheid 17.06.2021

Prokureur Jonathan le Riche gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor heinings en die aanspreeklikheid wat daarmee gepaard gaan.

Plantheinings vir veiligheid 17.06.2021

Marina Spangenberg gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor plantheinings vir beveiliging.

Apteek in Randburg se gemeenskapsprojekte 17.06.2021

Cheryl Kuit gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die betrokkenheid van 'n Randburgse apteek by gemeenskapsprojekte.

Die mites van onvrugbaarheid 17.06.2021

Dr. Danie Botha gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die mites van onvrugbaarheid.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.