RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kry ‘n reënwatertenk, sê Baaise waterheld 05.07.2021

Met die gesamentlike stand van Nelson Mandelabaai se damme wat nou op 10% staan, het die munisipaliteit begin met 'n veldtog van waterhelde om erkenning te gee aan inwoners wat alles in hulle vermoë doen om so min as moontlik munisipale water te gebruik. Een van hierdie waterhelde is Kierie Slabbert van Despatch. Mariska Spoormaker het met hom gepraat.

Hospitaal vir wilde diere in Johannesburg 05.07.2021

Dr. Karin Lourens vertel vir Martelize Brink van 'n hospitaal vir wilde diere in Johannesburg waar al die pasiënte gratis behandel word.

Hoe het pandemie ouer/kind-verhoudings geraak? 05.07.2021

Yolandi Kok vertel vir Martelize Brink hoe die pandemie en inperking ouers en kinders se verhouding beïnvloed het.

Laat nuwelinge tuis voel in werkplek 05.07.2021

Anja van Beek vertel vir Martelize Brink hoe jy nuwelinge by 'n werk laat floreer, en hoe om die ondernemingskultuur te behou in die van-die-huis-af-werk-era.

Kampioenfietsryer nou ‘n klavierstemmer? 02.07.2021

Die kampioenfietsryer Anriette Schoeman, wat onder meer die Argus-fietstoer al sewe keer gewen het, het nou note stem by haar speke sing gevoeg. Mariska Spoormaker het Anriette en haar leermeester, Reon Brown, gaan opsoek.

Wetenskapkommunikasie 02.07.2021

Engela Duvenage gesels met Martelize Brink oor hoe om die wetenskap toeganklik te maak vir die publiek, ook vir kinders.

Bredell Dolfyn tuisgeboude motor 02.07.2021

Caroline Bredell vertel vir Martelize Brink van die Bredell Dolfyn tuisgeboude motor waaraan drie generasies al 32 jaar lank werk.

Tuisgeboude voertuie 02.07.2021

Alta Swanepoel vertel vir Martelize Brink van die wetlike aspekte van tuisgeboude voertuie.

Vrygelate aasvoël verstom met sy vlug 01.07.2021

Hierdie is die storie van 'n kransaasvoël, Turkoois Zero, wat as jong volwassene op ‘n plaas in die Oos-Kaap vrygelaat is, en toe duisende kilometers ver gevlieg het om weer by die plek te kom waar hy uitgebroei is. Dié plek is die Vulpro-aasvoëlrehabilitasiesentrum in Noordwes. Mariska Spoormaker het met Kate Webster, die Oos-Kaapse aasvoëlrehabiliteerder, hieroor gepraat.

Filmit 01.07.2021

Jan-Hendrik Opperman vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Filmit-kompetisie vir skoliere.

Geldgids - Episode 1 01.07.2021

HGG Finansiële Groep bied die reeks, Geldgids, aan om in dié tyd van geldverknorsing hoop te gee en kennis oor te dra. "Wat is geld?" Prof. JP Smit van die Filosofie-departement van Stellenbosch Universiteit praat oor die aard en geskiedenis van geld. Hy wys ook daarop dat geld nie net as 'n ruilmiddel dien om materiële besittings te bekom nie, maar dat dit ook een van die maatstawwe is waarmee me...

Die konflik tussen mens en natuur 01.07.2021

Johan Bouwer gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die oorbrugging van die mens/wildlewe-konflik.

Sydene Cloete 30.06.2021

Haidee Muller-Isaacs gesels met Sydene Cloete, bestuurder van die Masigcine Kinderhuis in Mfuleni op die Kaapse Vlakte, oor haar werk en waarom dit vir haar 'n hartstaak is.

Werkersregte tydens Covid-19-pandemie 30.06.2021

Dr. Linda Meyer gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor werkersregte tydens die Covid-19-pandemie.

Covid-19-spotprente 30.06.2021

Dr. Marina Joubert gesels met Johan Rademan en Martelize Brink van navorsing oor Covid-19-spotprente in die Suid-Afrikaanse media.

SA Spaarinstituut 30.06.2021

Lelane Bezuidenhout gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die Suid-Afrikaanse Spaarinstituut.

Handgemaakte veters 29.06.2021

Jana Hurter vertel van haar handgemaakte veters van lint.

Karoo-nougat 29.06.2021

Marian Esterhuizen en Suzaan Theron vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hulle Italiaanse nougat maak op Merweville in die Karoo.

Vee, veld en geld 29.06.2021

Dr. Louis du Pisani gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor hoe jy die veld lees in die Karoo.

Gemeenskapskemas by aftreeoorde 29.06.2021

Karin Krohn gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die werking en wetlike aspekte van gemeenskapskemas by aftreeoorde.

Danya Goosen se spaarsamigheidswinkel 28.06.2021

Die stylvolle Danya Goosen het beslis nie in sak en as gaan sit toe 2020 haar met al sy ellende begin meesleur het nie. Albei haar ouers is in dié donker jaar oorlede. Die selferkende modemeisie het haar liefde vir mooi klere omskep in ‘n winsgewende spaarsamigheidswinkel, of soos die gonswoord lui, Thrift Store. Haidee Muller-Isaacs het in Elsiesrivier gaan kyk hoe Danya in haar gemeenskap woeker...

Depressie berei haar voor vir Covid-19 28.06.2021

Alta Cloete vertel vir Martelize Brink hoe 'n lewe met depressie haar vir Covid-19 voorberei het.

Kies die regte bril 28.06.2021

Adele Camarena gesels met Martelize Brink oor die keuse van 'n stylvolle bril.

Eet reg ná Covid 28.06.2021

Dieetkundige Retha Harmse vertel vir Martelize Brink wat jy behoort te eet om van Covid-19 te herstel.

Heidi Mollentze 25.06.2021

Heidi Mollentze is geen vreemdeling in die vermaakbedryf nie - sy dra verskeie hoede: Heidi is aktrise, stemkunstenaar, dialoog- en optreeafrigter, lektor en lewensafrigter. Sy speel ook gereeld hoofrolle in RSG se radiodramas en middagvervolgverhale. Haidee Muller-Isaacs het haar gevra hoe sy dit alles baasraak, en hoekom sy sê dat mense haar batterye herlaai.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.