RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Versekering wanneer jy verhuis 14.07.2021

Markus Fourie gesels met Martelize Brink oor die vrae wat PSG Insure tydens die onrus ontvang, en wat jy met versekering in gedagte moet hou wanneer jy verhuis.

Social Justice Foundation 14.07.2021

Haidee Muller-Isaacs praat met Laurie Greyvenstein oor sy niewinsgewende organisasie, Social Justice Foundation, wat mense met onderhoudsake en mediasie help. Dié oud-landdros vertel hoekom hy en sy vrou, Anneke, 'n passie het om mense met onderhoudsake te help, en hoe hulle ander desperate mense gaan help ter ere van Mandeladag op 18 Julie.

Landdros sit hakkel ore aan 13.07.2021

Hy dink in hierdie dae van pandemie en inperking veral aan die mense wat ‘n struikelblok soos hakkel te bowe moet kom, sê Jo Els, landdros van Tarkastad in die Oos-Kaap. Jo het langer as 40 jaar met die frustrasie en verleentheid van hakkel saamgeleef. Op 55-jarige ouderdom het hy toevallig op ‘n kursus afgekom wat hom gehelp het om hakkel te oorkom. Hy vertel sy storie vir Mariska Spoormaker.

Bergfietsritte vir kinders help met geestesgesondheid 13.07.2021

Jaco van der Linde vertel vir Martelize Brink van die Pedal Project wat kinders uit agtergeblewe gemeenskappe vir bergfietsritte in Stellenbosch se berge neem. Hy gesels oor die impak van die uitstappies op die kinders se geestesgesondheid, en hoe dit met ADHD help.

Wintertuine 13.07.2021

Roné de Bruyn vertel van wintertuine wat 'n besoek verdien.

Oefening en Covid-19 13.07.2021

Biokinetikus Marius Cornelissen praat oor die voordeel van oefening vir mense met komorbiditeite vir Covid-19, en hoe jy ná Covid-19 weer moet begin oefen.

Hendrik se groot Coca-Cola versameling 12.07.2021

Hendrik Botha vertel vir Martelize Brink van sy versameling Coca-Cola memorabilia van sowat 11 000 items.

Misaad in rolprente 12.07.2021

Misdaad is een van die top storie-idees vir rolprente en TV-reekse. Deel van die wenresep is wanneer dit op ware gebeure gebaseer is, en die gerehabiliteerde misdadiger self sy rol speel. Rina Jooste is ‘n rolprentmaker wat vertel wat agter die skerms gebeur in haar werk. Sy vertel ook van die lewenslesse wat sy by van die misdadigers geleer het. Jacqui January gesels met haar.

Laaistasies vir elektriese voertuie 12.07.2021

Jaco Botha vertel vir Martelize Brink van die infrastruktuur in Suid-Afrika vir laaistasies vir elektriese voertuie.

Impak van Lang-Covid op werkgewers 12.07.2021

Prof. Renata Schoeman praat oor die impak wat Lang-Covid op werkgewers het.

Hilltop Legacy maak 'n impak in die Paarl 09.07.2021

Björn Alexander gesels oor sy nie-winsgewende organisasie, Hilltop Legacy, se werk in die Paarl-gemeenskap. Hy vertel hoe hulle programme reeds 'n reuse impak maak in die lewe van die jongmense, deur te fokus op akademie, fisiese aktiwiteite en mentorskap. Haidee Muller-Isaacs het gaan hoor hoekom dié jongman so hard werk om 'n verskil in sy gemeenskap te maak.

Peace Parks TV 09.07.2021

Lésa van Rooyen vertel vir Martelize Brink van die Vredesparke-stigting se Peace Parks TV. Op die webblad kry jy sien wat die veldwagters in die oorgrensparke sien en doen.

Julie is Plastiekvryemaand 09.07.2021

Polistireen is ‘n plastiekverpakkingsmateriaal wat in elke huishouding te vinde is. Dit word gebruik om waardevolle huishoudelike toestelle, soos yskaste en TV’s, te beskerm tydens verpakking. Daar is egter ‘n ernstige pleidooi aan Suid-Afrikaners om in die groot aanvraag om plastiek te herwin, gehoor te gee. Jacqui January het die storie…

Op 46 met skaatsplank op pad na Olimpiese Spele 09.07.2021

Dallas Oberholzer vertel vir Martelize Brink van sy geleentheid om op 46 Suid-Afrika in skaatsplankry by die Olimpiese Spele te verteenwoordig.

Egpaar vereer vir hulle natuurwerk 08.07.2021

Dertien jaar gelede het die Baaise egpaar Rudi en Ellie Goossens binne die organisasie Vriende van Van Stadens begin om vrywilligerwerk in die munisipale Van Stadens Veldblom-reservaat te doen, en nooit daarmee opgehou nie. Die reservaat, eens amper vergete en verslete, is deesdae 'n inheemse flora-lushof. Die Rotariërklub, PE Sunrise, het nou hulle hoogste toekenning vir gemeenskapsdiens aan die...

Wildsvleis - Deel 2 08.07.2021

Annatjie Reynolds gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor wdie voorbereiding van wildsvleis.

Geldgids - Episode 2 08.07.2021

HGG Finansiële Groep bied die reeks, Geldgids, aan om in dié tyd van geldverknorsing hoop te gee en kennis oor te dra. Met die skokkende insinking die afgelope jaar in die ekonomie, besef ons opnuut die rol wat geld op alle gebiede speel. Prof. Johann Kirsten, direkteur van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek en professor in Landbou-Ekonomie verbonde aan Stellenbosch Universiteit, skets met statisti...

Sporthistorici 08.07.2021

Chris Schoeman gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die gebrek aan sporthistorici, en die navorsing wat hy oor die Britse en Ierse Leeus gedoen het.

Veteraanmotors 07.07.2021

Alta Swanepoel vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink wat as 'n veteraanmotor beskou kan word, die uitsonderings wat vir dié motors in wet gemaak word, en die aanpassings wat jy sal moet maak as jy dit vir alledaagse rondrydoeleindes wil gebruik.

Wildsvleis - Deel 1 07.07.2021

Annatjie Reynolds gesels met Johan Rademan en Martelize Brink die verwerking van wildsvleis.

Wetenskap-celebrities 07.07.2021

Dr. Marina Joubert gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor top wetenskaplikes as glanspersoonlikhede of celebrities.

Tuinroete-camino 06.07.2021

Die Tuinroete het nou sy eie Camino-staproete, geskoei op die Camino de Compostela-staproete in die noorde van Spanje, wat jaarliks groot getalle besoekers van dwarsoor die wêreld lok. Diie Tuinroete-camino is die sustersroete van die gewilde Pelgrimstog vir Hoop, wat in die Stellenbosch- en Overberg-omgewing is. Die eerste groep stappers op die roete het in die week van 14 Junie informeel gestap,...

Beroepe in die museum 06.07.2021

Melody Kleinsmith gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die verskillende beroepe in die museumbedryf.

Vliegtuigbou in SA 06.07.2021

Raoul van den Berg gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die geskiedenis van vliegtuie bou in Suid-Afrika, die vliegtuie wat plaaslik ontwikkel is, en wat jy moet studeer om dit te kan doen.

Vervang gesonde kos hiermee 06.07.2021

Dieetkundige Retha Harmse vertel waarmee jy gesonde kos kan vervang, wat sommige mense nie kan eet nie as gevolg van siekte of allergieë.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.