RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Meubels van sigaretstompies? 23.07.2021

Santie Gouws vertel hoe haar onderneming herwinde plastiek en sigaretstompies gebruik om meubels te maak.

Boere tel die laaste druppels water 22.07.2021

Die nagenoeg sewe jaar lange droogte in groot dele van die Oos-Kaap woed steeds voort, en in die Gamtoosvallei is alle oë op die Kougadam waarvan die watervlak ‘n paar dae gelede op 3,91% gestaan het - die laagste ooit. Die dam voorsien onder andere water aan 132 besproeiingsboere. Mariska Spoormaker het met die betuurshoof van die Gamtoos Besproeiingsraad, Rienette Colesky, oor die leë Kougadam g...

Oseaangebaseerdeerde geleenthede vir die jeug 22.07.2021

Marguerite Kimberley vertel vir Martelize Brink van oseaangebaseerdeerde geleenthede en omgewingsopvoeding vir die jeug van kusgemeenskappe.

Geldgids - Episode 4 22.07.2021

HGG Finansiële Groep bied die reeks, Geldgids, aan om in dié tyd van geldverknorsing hoop te gee en kennis oor te dra. Vonnie Mostert is 'n organisasie-sielkundige wat leding gee aan maatskappye oor die optimale benutting en ontwikkeling van hulle mense. In sakeondernemings - groot en klein - en in gesinne is vernuftige stuurkuns noodsaaklik. Elke skip of skuitjie het 'n kaptein. Vonnie dien as na...

Biodiversiteitsterrorisme 22.07.2021

Paul Gildenhuys vertel vir Martelize Brink van biodiversiteitsterrorisme en die stroping van reptiele en plante in die droë gebiede van die Noord- en Wes-Kaap.

Ma's vir Wellington 21.07.2021

Salome Langmann is die operasionele bestuurder van die nie-winsgewende organisasie, Ma's vir Wellington. Die Supersterre Kinderbedieningsprogram, en Supersterre ECD akkomodeer 117 kinders tussen 3 en 6 jaar oud. Sy is passievol oor kinders en mammas om gesonde verhoudings te hê en te vorm. Haidee Muller-Isaacs het met haar gesels oor haar omgee-hart vir kinders.

Ysswem 21.07.2021

Francois du Toit vertel vir Martelize Brink van ysswemmers in Suid-Afrika.

Veilige omgewings 21.07.2021

Pieter le Roux verduidelik hoe jy 'n veilige omgewing te midde van onveilige omstandighede skep.

Rookalarms 21.07.2021

Etienne du Toit gesels oor die effektiwiteit van rookalarms.

Boekherstelwerk 20.07.2021

George Wentzel vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van boeke bind, boekherstelwerk en hoe min mense met sy vaardighede oor is.

Projek bevorder programmering onder studente 20.07.2021

Prof. Jean Greyling van die Nelson Mandela Universiteit in die Oos-Kaap is sedert 2017 besig met 'n projek om studente aan programmering bekend te stel sonder die gebruik van rekenaars. Dit het ontstaan nadat een van sy honneurstudente, Byron Batteson, die TANKS-toepassing ontwikkel het. Haidee Muller-Isaacs het meer hieroor uitgevind.

Brandbestrydingstoerusting 20.07.2021

Pierre Malherbe gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor brandbestrydingstoerusting.

Durban Internasionale Filmfees 19.07.2021

Dr. Ismail Mohamed vertel vir Martelize Brink van die Durban Internasionale Filmfees wat voorgaan in weerwil van verlede week se onrus.

Is jy ook n kroek-fietsryer? 19.07.2021

Die superfikses sê dit is kroek-fietsry, maar diegene wat so lekker op elektriese fietse, ook bekend as e-bikes, rondrits, steur hulle weinig aan dié soort opmerkings. Die pandemie, wat fiksheid en buitelug so belangrik maak, het die ideale mark vir e-fietse geskep, het Mariska Spoormaker in gesprek met Matthew Adams van Cycle Pro in die Baai gevind.

Karate vir kinders 19.07.2021

Francois du Plessis gesels oor selfverdediging vir kinders en hoe jy kinders boelie-proof kan maak.

Gepeupelmentaliteit 19.07.2021

Prof. Renata Schoeman praat oor gepeupelmentaliteit, of mob mentallity.

Ondersteuning vir pleegfamilies 16.07.2021

Kobie Abrie vertel vir Martelize Brink van Kin Culture wat ondersteuningsdienste aan pleegfamilies in die Wes-Kaap bied. Sy vertel ook hulle Mandeladagplanne.

Covid-pasiënt vertel van trauma én van wonderwerke 16.07.2021

Iets waaraan die meeste mense nooit dink nie, is dat talle Covid-pasiënte wat in die intensiewe sorgeenhede beland, na die tyd baie met trauma sukkel. 'n Inwoner van Despatch, Chris Jansen van Nieuwenhuizen, is een van hulle. Hy vertel aan Mariska Spoormaker hoe trauma by hom begin spook het nadat hy 102 dae in die intensiewe sorgeenheid was en daarna vir vir 'n verdere 75 dae in die Aurora Rehabi...

Leilani stap haar hartseer weg 16.07.2021

DIE INHOUD MAG SENSITIEWE LUISTERAARS ONTSTEL. Die 47-jarige Leilani Kuter vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe haar tragiese verlede haar nie gebreek het nie, maar tot hoër hoogtes aangespoor het. Sy het 27 jaar gelede ‘n wrede verkragting oorleef, en besluit om haar hartseer weg te stap en ‘n kampvegter te teen geslagsgeweld word.

Impak van geen toeskouers op sportlui 16.07.2021

Gielie Hoffmann vertel vir Martelize Brink van die impak wat die afwesigheid van toeskouers op sportlui het.

Organisasie help mense op parool 15.07.2021

Glen Meyer vertel vir Esté Gross hoe sy organisasie gevangenes wat vir parool in aanmeking kom, leer om groentetuine te maak sodat hulle vir hulleself kan sorg en 'n verskil in hulle gemeenskappe maak.

Geldgids - Episode 3 15.07.2021

HGG Finansiële Groep bied die reeks, Geldgids, aan om in dié tyd van geldverknorsing hoop te gee en kennis oor te dra. Marita Oosthuizen is 'n emosionele intelligensie-ontwikkelingkonsultant. Met haar kundigheid, rus sy ons toe met emosionele padkos en wysheid vir ons tog uit die doolhof van emosionele en finansiële wanhoop. hggroep.co.za

Aanlegtoetse 15.07.2021

Opvoedkundige sielkundige Jacques Viljoen vertel vir Esté Gross op Wêreld Jeugvaardigheidsdag van aanlegtoetse om te help om die mees geskikte beroepskeuse te maak en 'n geskikte stel vaardighede daarvoor te ontwikkel.

Maluti-veewagterhonde 14.07.2021

Maryke Stern vertel vir Martelize Brink van Maluti-veewagterhonde wat suksesvol veeverliese bekamp.

Shirley Feris se stylblog 14.07.2021

Shirley Feris vertel vir Martelize Brink van haar blog met stylwenke vir middeljarige vroue.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.