RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spraakterapie 02.08.2021 10:53
Haidee Muller-Isaacs praat met spraakterapeut Inge Burger oor spraak en taalontwikkeling by jong kinders, en wanneer ouers bekommerd moet wees.
Cape Town Cares 02.08.2021 7:37
Mareli du Toit vertel vir Martelize Brink van Cape Town Cares wat sorg dat Kaapstad, wat tydens die droogte skenkings ontvang het, nou weer skenk waar die nood groot is ná die onrus in KwaZulu-Natal.
Greyton 02.08.2021 8:25
Chris Cloete en Roslyn Peterson gesels oor Greyton, Kwêla se dorp van die jaar.
Toep vir kampeerders 30.07.2021 5:51
Saskia Brown vertel van 'n toepassing waarmee kampeerders kampgeriewe op private grond kan ontdek.
Wildehonde 30.07.2021 9:12
Derek van der Merwe gesels met Martelize Brink oor wildehondbeskermingsprojekte.
Grasdakke 30.07.2021 7:50
Grasdakke word met strooi, riete en ‘n paar ander plantmateriale gelê, wat sorg dat water nie deur die dak kan dring nie. Dis ‘n baie ou manier van dakke bou, wat in sowel tropiese as gematigde klimate gebruik word. In ontwikkelende lande word dit veral baie deur bouers gebruik. In teenstelling daarmee kies welaf mense in ontwikkelde lande grasdakke vir die rustieke voorkoms, of omdat dit ekovrien...
Kinderhandel 30.07.2021 9:01
Prokureur Nadine Blom praat oor ouers se misbruik van kinders as 'n vorm van mensehandel.
Kokerboomwoud 29.07.2021 11:19
Johan Rademan besoek die grootste kokerboomwoud in die wêreld op die plaas, Gannabos, naby Niewoudtville, waar Mike Spies hom meer van dié besondere bome vertel.
Troeteldiere en verhuising 29.07.2021 7:58
Veearts dr. Ingrid de Wet verduidelik hoe om troeteldiere voor te berei om saam met jou na 'n nuwe huis te verhuis.
Geldgids - Episode 5 29.07.2021 13:54
HGG Finansiële Groep bied die reeks, Geldgids, aan om in dié tyd van geldverknorsing hoop te gee en kennis oor te dra. Hendrik Gerryts, die uitvoerende hoof van HGG Finansiële Groep, en Jaco Minnie, 'n prokureur en aktebesorger verbonde aan die regsfirma Miller Bosman Le Roux, is die kundiges wat uitweë uit geldverknorsing bied. Hulle bespreek onder meer skuldberading, sakeredding, insolvensie en...
Organiese materiaal op stortingsterreine 29.07.2021 11:01
Hein Fourie praat oor die vermindering van organiese materiaal wat na stortingsterreine mag gaan.
Bianca Buitendag 28.07.2021 6:37
Haar liggaam is vanoggend baie seer en gedaan. Martelize Brink gesels met een van Suid-Afrika se Olimpiese silwermedaljewenners, Bianca Buitendag, oor haar prestasie en die pad vorentoe.
Om hoop te bied in Helenvale 28.07.2021 11:29
Die hoogste getal bendelede per vierkante meter in die hele Oos-Kaap kry jy blykbaar in Helenvale in die Baai se noordelike voorstede. Maar daar is ook hoop vir Helenvale, sê Jerry Eldridge, sosiale fasiliteerder van die Mandelabaai Ontwikkelingsagentskap wat verskeie verbeteringsprojekte in dié gebied implimenteer. Die uitgangspunt is om hoop en verbetering mee te bring deur samewerking met die g...
Japanners se weerstand teen Olimpiese Spele 28.07.2021 11:48
Botha Kruger gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die agtergrond en weerstand van die Japanese publiek teen die Olimpiese Spele in Japan.
Vroue se finansiële fiksheid en vryheid 28.07.2021 5:21
Lelane Bezuidenhout gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor vroue se finansiële fiksheid en vryheid.
Lizane Louw 27.07.2021 10:18
Lizane Louw is ‘n multimedia-reisjoernalis, fotograaf en visuele kunstenaar. Sy woon sedert Desember 2019 in Duitsland, en is tans in Berlyn waar sy werk as reisjoernalis en fotograaf. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar lewe in dié kosmopolitaanse stad en die nomadiese lewe van ‘n wereldreisiger.
Lewensvaardighede vir mense op parool 27.07.2021 9:29
Glen Meyer vertel van 'n lewensvaardigheidsprogram vir mense wat vir parool in aanmeking kom.
Inheemse kruie 27.07.2021 10:26
Botanis Ernst van Jaarsveld praat oor inheemse kruie wat jy in kos kan gebruik.
AARTO 27.07.2021 8:55
Chris Smit verduidelik hoe die AARTO-stelsel geimplimenteer gaan word.
Gerda se blokraaie 26.07.2021 12:51
Gerda Engelbrecht is ’n woordsmid by een van Suid-Afrika se grootste mediamaatskappye/ Sy is veral betrokke by die opstel van blokraaie. Sy was onlangs een van ’n span wat aan ’n platform gewerk het, wat dit nou moontlik maak om Afrikaanse blokraaie op jou selfoon in te vul. Sy is ook reisbetotteld en die redakteur van 'n reistydskrif.
Dr. Rolene Wagner 26.07.2021 11:01
Dr. Rolene Wagner vertel vir Martelize Brink van haar loopbaan en die uitdaging van haar rol as die nuwe superintendent-generaal van die Oos-Kaapse Gesondheidsdepartement.
Hy is 85, maar die storiepad bly roep 26.07.2021 6:34
Hierdie is die storie van 'n oud-geskiedenisonderwyser wat 20 jaar ná sy aftrede steeds saam met sy vrou Caryl die pad vat om elke keer nog 'n stukkie Oos-Kaapse streeksgeskiedenis uit te snuffel en neer te pen. Hy is die 85-jarige Bartle Logie, eens skoolhoof van Woodridge Preparatory en deesdae inwoner van St. Francisbaai. Hy het vir Mariska Spoormaker vertel hoe sy belangstelling in die Oos-Kaa...
Impak van verbruikers se gemoedstoestand op bemarking 26.07.2021 17:02
Prof. Pierre Joubert praat oor navorsing wat gedoen is oor verbruikers se gemoedstoestand tydens die Covid-19-pandemie, en die implikasies wat dit vir bemarkers inhou.
Joan Armatrading 23.07.2021 9:52
Martelize gesels met bekende sanger en liedjieskrywer Joan Armatrading oor haar vyf dekades in die bedryf en haar 20e album.
Namibië se besondere biodiversiteit 23.07.2021 10:19
Namibië is ‘n land met ‘n besondere biodiversiteit. Van die interessanthede is oorblyfsels onder andere van die Kaapse flora. ‘n Groot deel van die land is moeilik toegangklik vir navorsers, en daarom is daar spesies wat nog nooit opgeteken is nie. Jacqui January gesels met dr. Ernst van Jaarsveld, ‘n plantkundige, oor ‘n ekspedisie wat hy meegemaak het 1,700 meter bo seevlak.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.