RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Gaarmaak metodes vir rooivleissnitte 11.08.2021

Annelien Pienaar gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor rooivleissnitte en die gepaste gaarmaak metodes vir verskillende snitte.

Seksuele teistering in die werkplek 11.08.2021

Dr. Linda Meyer gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor seksuele teistering in die werkplek.

'n Goudmyn vol wyn 10.08.2021

Martelize Brink kuier gesels met Nico Retief op Van Loveren op Robertson oor die geskiedenis van die Goudmyn-streek, en hoe dit jare gelede in plase opgedeel is.

Amigurumi 10.08.2021

Heide Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Amigurumi, die Japanese benaming vir 'n gehekelde of gebreide speelding.

Professor Nico Koopman 10.08.2021

Professor Nico Koopman is die viserektor van die Universiteit van Stellenbosch. Haidee Muller-Isaacs het met hierdie gebore Noord-Kaapse akademikus, predikant en skrywer gesels oor die man agter die professor. Ook oor sy nederige grootwordjare, wat hy by sy ouers geleer het, sy passies en wat hy na dese vir sy eie kroos leer.

Giel van Deventer se 50ste Bergrivier 10.08.2021

Giel van Deventer gesels met Johan Rademan en Martelize Brink nadat hy die eerste persoon geword het om aan 50 Bergrivierkanomarathons deel te neem.

Woman Zone 09.08.2021

Theresa Smith vertel vir Martelize Brink van die Woman Zone-netwerk se aktiwiteite.

DAK Netwerk se vrouebemagtigingsprojekte 09.08.2021

Verna Stuurman vertel vir Martelize Brink van die DAK Netwerk se vrouebemagtigingsprojekte.

Jana Marx 09.08.2021

Jana Marx gesels met Martelize Brink oor haar werk as dieptejoernalis, die skryf van die boek AFSPRAAK MET MOORD en die reeks DEVILSDORP wat rekords laat spat.

Vroue in leierskap 09.08.2021

Merlyn van der Rheede praat oor vanjaar se tema vir Vrouedag - Vroue in leierskap: die bereiking van 'n gelyke toekoms.

Waar is Despatch se waterwiel? 06.08.2021

Vra enige inwoner van Despatch, en hy of sy sal jou dadelik kan sê waar pryk die dorp se draaiende waterwiel al jare lank. Maar nou is die wiel nie net stil nie, dit is heeltemal weg! Mariska Spoormaker het vir Frans Swanepoel, ‘n gemeenskapsleier van Despatch, gevra wat gebeur het.

Eat Local 06.08.2021

Lance Witten vertel vir Martelize Brink van 'n platform om mense te help om plaaslike kosmakers te ondersteun.

Herbruikbare sanitêre doekies 06.08.2021

‘n Omgewingsvriendelike leefstyl het wêreldwyd posgevat. Van die voordele is nie net bewustelike besluite in en om die huis nie, dit kan ook ekonomies wees. Jacqui January vertel van ‘n baie persoonlike gebruiksitem – herbruikbare sanitêre doekies.

Impak van pandemie op vroue in werkplek 06.08.2021

Dr. Linda-Louise Geldenhuys gesels met Martelize Brink oor die impak van Covid-19 op vroue in die werkplek.

Droogte só “afgeweer” by Baaise skole 05.08.2021

In die kurkdroë Nelson Mandelabaai het die sakekamer met die Adopt a School-veldtog begin om vyf begunstigde skole se waterinfrastruktuur 100% funksionerend te kry, en om boorgate by sommige skole te sink. Met Gift of the Givers as implementeringsagent en Ford SA as borg, vorder die werk fluks. Mariska Spoormaker het gaan inloer by die Laerskool Fontein in Gelvandale.

Borsvoeding 05.08.2021

Dr. Miemie du Preez gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor borsvoeding en die impak wat Covid-19 daarop het.

Geldgids - Episode 6 05.08.2021

HGG Finansiële Groep bied die reeks, Geldgids, aan om in dié tyd van geldverknorsing hoop te gee en kennis oor te dra. Hendrik Gerryts, die uitvoerende hoof van HGG Finansiële Groep, en Jaco Minnie, 'n prokureur en aktebesorger verbonde aan die regsfirma Miller Bosman Le Roux, sit hulle gesprek oor uitkomste uit 'n geldpenarie voort. Die voordele en gevolge van boedeloorgawe en bankrotverklaring k...

Jean de Villiers 05.08.2021

Jean de Villiers gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor rugby, die lewe na rugby en filantropie.

Die vlakke van die oseaan 04.08.2021

Dr. Melissa Boonzaaier-Davids gesels oor die sones op verskillende dieptes in die oseaan, en die eienskappe van die verskillende vlakke.

Akademiese bedrog 04.08.2021

Haidee Muller-Isaacs gesels met prof. André Calitz van die Nelson Mandela Universiteit oor akademiese bedrog. Hy vertel watter navorsing hy oor die onderwerp gedoen het, en watter metodes gebruik kan word om dié toenemende euwel in sy spore te stop.

Kubermisdaad 04.08.2021

Ebbe Rabie gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die omvang van kubermisdaad, en die versekering wat jy daarteen kan uitneem.

Brenda ontleed cannabis 04.08.2021

Brenda Marks het ‘n meestersgraad in chemie. Sy het onlangs in Montagu as analitiese chemikus begin om die inhoud van onder andere cannabis-ekstrakte te ontleed. Die toekoms van cannabis se rol op medisinale vlak is nog in 'n groot mate ongetoets. ‘n Skouerbesering as rotsklimmer het die wêreld vir haar oopgemaak. Johan Rademan het met Brenda gesels.

OIimpiese ontwerpe 03.08.2021

Botha Kruger vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die vakmanskap by die Olimpiese Spele - van die tradisionele ontwerpe op die medaljes se linte tot 'n pa en seun ikoniese geboue ontwerp het vir die twee Spele wat in Japan aangebied is.

Woordeboek vir Kaaps 03.08.2021

Prof. Quentin Williams vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van 'n projek om die eerste drietalige woorde boek vir Kaaps saam te stel.

SAUK vier 85 jaar 02.08.2021

Kommunukasie-minister Stella Ndabeni-Abrahams gesels met Martelize Brink oor die SABC se 85ste bestaansjaar.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.