RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Koos Kombuis 20.08.2021

Martelize Brink gesels met Koos Kombuis oor sy loopbaan, en wat hy in die grendeltyd gedoen het om aan die gang te bly.

André Marais se radikale boeke 20.08.2021

André Marais vertel vir Martelize Brink van sy verbintenis met boeke en 'n opwip-boekwinkel met radikale leesstof wat hy tans bedryf.

Saldanhabaai akwakultuur-ontwikkelingsone 20.08.2021

Michelle Pretorius vertel vir Martelize Brink van die Saldanhabaai akwakultuur-ontwikkelingsone.

Die maan 19.08.2021

Dr. JJ van Zyl gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die maan, die dag en nag daar, temperature en verskynsels soos bloedmaan.

Kusadiana Trust help jongmense met ambagte 19.08.2021

Ilse Terblanche is van die Kusadiana Trust in Gqerberha. Hulle fokus is om jongmense te befonds sodat hulle ambagte kan beoefen. Haidee Muller-Isaacs het met haar gepraat.

Geldgids - Episode 8 19.08.2021

HGG Finansiële Groep bied die reeks, Geldgids, aan om in dié tyd van geldverknorsing hoop te gee en kennis oor te dra. Casper Marais en Leras Uys deel hul ervaring en sakekundigheid in die gesprek. Casper is 'n direkteur van HGG Finansiele Groep se Konsult-sake-eenheid en Leras is 'n professionele rekenmeester en 'n direkteur van HGG Finansiele Groep asook die hoof van die groep se Paarl-kantoor....

Akoestiek in teaters 19.08.2021

Rachel Viljoen vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van akoestiek in die ontwerp van teaters.

Leef en oorleef in die natuur 18.08.2021

Hoe het die Khoi en San in die veld, van die veld geleef? En wat van die kinders wat soms sonder ouerbewaking gespeel en gehardloop het in die veld? Jacqui January kyk na van die slim gebruike van plante vir oorlewing.

Duitse weeskind vertel haar verhaal 18.08.2021

Marion Maasch du Toit vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe sy as een van 89 Duitse weeskinders op 8 September 1948 in Kaapstad aangekom het om deur Suid-Afrikaners aangeneem te word.

Fietsry, gedigte en kos op Montagu 18.08.2021

Anmiray Opperman is van die Ashbury-gemeenskap in Montagu. Dit is haar hartsbegeerte om besoekers aan dié Roete 62-dorpie in die Klein Karoo per fiets te laat wiel na die kultuurhistoriese ervaring waar jy o.a. die dramatiese sy van Anmiray leer ken, maar ook ouma se geregte op die tafel met jou gedeel word. Johan Rademan het met haar kennis gemaak.

Orgaanskenking red lewens 18.08.2021

Alice Vosloo en Hannes Oosthuizen gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor orgaanskenking. Hannes het 'n deel van sy lewer aan sy pa geskenk.

Museums is steeds relevant 17.08.2021

Haidee Muller-Isaacs gesels met Michael Janse van Rensburg, direkteur vir museums, erfenis en geografiese name in die Wes-Kaap. Hy verduidelik hoekom museums steeds ‘n belangrike rol speel, en hoe ons moet keer dat dit nie wit olifante word nie.

Stroping van boombas 'n groot probleem 17.08.2021

Willem Boshoff vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe inheemse bome op Tafelberg se bas gestroop word vir traditionele medisyne en rituele.

Die verlies van kinders 16.08.2021

Stefan Lessing vertel vir Martelize Brink hoe sy elfjarige seun 17 jaar gelede in 'n fratsongeluk dood is, en die insigte wat hy in hierdie tydperk oor se verlies gekry het.

Om gewese werknemers te help met oorlewing 16.08.2021

Dit is nogal iets om by die Kuzuko-wildreservaat in die Karoohartland te kom en geen ander gaste te vind nie, want dit is hier waar Sylvester, die wêreldbekende wegloopleeu uit die Karoo Nasionale Park, suksesvol gevestig is. Die lodge is gesluit vir onderhoudwerk, het Catharina de Lange, algemene bestuurder, aan Mariska Spoormaker verduidelik. Maar ja, met die Covid-pandemie het die oorsese besoe...

Pleegsorg 16.08.2021

Bettie Niewoudt praat oor pleegsorg in Suid-Afrika .

Vroue en beleggings 16.08.2021

Hester van der Merwe praat oor vroue se aanslag tot beleggings en vroue finansiële adviseurs se aanslag tot hulle werk.

Bakterieë maak standbeelde skoon 13.08.2021

Maggi Loubser vertel vir Martelize Brink hoe bakterieë gebruik is om Michaelangelo-standbeelde skoon te maak.

Food XX 13.08.2021

Hannerie Visser gesels met Martelize Brink oor vanjaar se Food XX toekennings wat vroue in die gasvryheidsbedryf vereer.

Weekdiere 12.08.2021

Marienebioloog dr. Melissa Boonzaaier-Davids gesels verduidelik hoe weekdiere aangepas is om op geweldige dieptes in die oseaan te lewe.

Rene Arendse se liefde vir musiek 12.08.2021

Haidee Muller-Isaacs kuier by motiveringsspreker Rene Arendse. Hulle gesels oor haar liefde vir musiek, hoe sy 'n musiekskool begin het, en nou ook instrumente restoureer. Rene het 'n paar jaar gelede die program, Die Klank van Ons Kultuur, op RSG aangebied.

Geldgids - Episode 7 12.08.2021

HGG Finansiële Groep bied die reeks, Geldgids, aan om in dié tyd van geldverknorsing hoop te gee en kennis oor te dra. Casper Marais is 'n direkteur van HGG Finansiële Groep se Konsult-sake-eenheid en ook 'n sakeman met baie ondervinding as entrepreneur. Uit sy eie ondervinding en as beplanner bied Casper 'n ryke skat wenke en raad. Hy lig ons onder meer toe oor die noodsaaklikheid van navorsing v...

Perdeterapie 12.08.2021

Yolanda Steyn en Marlise Serfontein gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor perdeterapie om depressie te behandel.

Vroue vir Voeding 11.08.2021

Voedselnood is 'n kille werklikheid vir menige huishoudings in Suid-Afrika. Jacqui January het gaan kyk wat ‘n nie-regeringsorganisasie die afgelope 18 jaar doen om hierdie nood te verlig.

Eugene Marinus se langtongvlieg 11.08.2021

Johan Rademan gesels met Eugene Marinus van die Hantam Botaniesetuin op Niewoudtville oor 'n internasionale verering met die endemiese langtongvlieg wat na hom vernoem is.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.