RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

SA mode in Frankryk 01.09.2021

Carina Louw and Natasha Jaume is genooi om hulle modeontwerpe te gaan wys in Parys in Frankryk. Hulle is die enigste Suid-Afrikaners wat deelneem aan 'n Fokus op Afrika-uitstalling, wat plaasvind in die aanloop tot Parys-modeweek.

Brittany Smith se kronkelpad 31.08.2021

Ses jaar gelede was dit so hittete of operasangeres Brittany Smith van North Pine se sangdrome het aan skerwe gelê. Ja, 2015 was ‘n rowwe jaar toe sy met endotrageale tuberkulose, net 4 cm onder haar stembande, gediagnoseer is. Vandag is sy dankbaar dat die draaie wat haar lewenspad geloop het, haar beter en sterker gemaak het. Op die ou end het sy op haar voete geland, en nou stap sy die pad vore...

Blaauwberg Natuurreservaat 31.08.2021

Stephanie Muller vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Blaauwberg Natuurreservaat, wat nou tot ‘n provinsiale erfenisgebied verklaar is.

Uitbranding tydens pandemie 30.08.2021

Kliniese sielkundige dr. Konrad van Staden praat oor uitbranding, en hoe dit sowel werknemers as werkgewers affekteer. Hy wys op die gevaarligte waarvoor jy op uitkyk moet wees, veral in 'n tyd soos hierdie midde in 'n voortslepende pandemie.

Sjefs en hulle gewig 30.08.2021

‘n Sjef van Amerika het jare gelede baie gewig afgeskud, en daarna besluit om van werk te verander, want hy het geglo hy sal alles weer optel. Verskeie sjefs en kokke sukkel met hulle gewig weens hulle werk. Mynhardt Joubert het by 176 kg gedraai. Hy is halfpad deur sy mikpunt, en verduidelik hoe jy gewigsverlies onderhou terwyl jou werk soveel verlyding inhou.

Guanoplatforms in Namibië 30.08.2021

Wynand Human vertel van die guanoplatforms aan die kus van Namibië, vanwaar dié gesogte organiese bemesting volhoubaar geoes word.

Tuinontwerp vir komplekse 30.08.2021

Lionel Byrn gesels oor tuinuitleg in komplekse om ‘n unieke spasie te skep.

Carol Botha se sterre 27.08.2021

Carol Botha is reeds van kleins af 'n groot aanhanger van sterrekyk. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van die wenfoto wat sy van die maan geneem het, en hoe sy graag kinders oor sterre en planete leer. Haidee het by haar nuwe tuiste in die aftreeoord Ametis in die Strand gaan kuier.

Mediamense 27.08.2021

Prof. Johannes Froneman vertel vir Martelize Brink van ‘n digitale museum oor Afrikaanse mediamense en van die groot nuusstories wat hulle die afgelope eeu en langer aan ons gebring het.

Raise the Bra 27.08.2021

Jeanette Kruger en dr. Deon Weyers gesels met Martelize Brink oor 'n inisiatief wat tweedehandse bra's insamel, wat deur ZABRA versprei word in hoërskole, onder andere in Soweto en Alexandra.

Kursusse in kreatiewe modeontwerp 27.08.2021

Maryne Steenekamp vertel vir Martelize Brink van die waarde van kort kursusse in kreatiewe modeontwerp.

Radioaktiwiteit in die wetenskap 26.08.2021

Dr. JJ van Zyl gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die waarde van radioaktiwiteit in die wetenskap soos by rotsdatering, elektristeitopwekking en mediese toepassings.

Cap Classique - 50 jaar 26.08.2021

Danielle Coetsee vertel van Cap Classique se 50 jaar in Suid-Afrika.

Geldgids - Episode 9 26.08.2021

HGG Finansiële Groep bied die reeks, Geldgids, aan om in dié tyd van geldverknorsing hoop te gee en kennis oor te dra. Linda van Greuning, direkteur van HGG-Trustdienste, lig ons toe oor die noodsaaklikheid van 'n geldige testament, en verduidelik verwante begrippe. Aan die vooraand van September (waarin Testamentweek ook tradisioneel val), nooi sy jou om gratis jou testament tussen 13 en 17 Septe...

Diskriminasie teen vroue in werkplek 26.08.2021

Prof. Anita Bosch vertel van navorsing wat wys hoe daar teen vroue gediskrimineer word wanneer hulle hulle loopbane wil hervat nadat hul tuis gebly het om na kinders om te sien.

Solo Mammas 25.08.2021

Ouerskap toets jou geduld, en het hordes uitdagings. En om ‘n enkelouer te wees, is ‘n perd van ‘n heel ander kleur… Jacqui January hoor van ‘n groep vroue wat enkelmammas ondersteun met praktiese, emosionele en finansiële hulp. Sy gesels met die stigter en berader van Solo Mammas, Ingrid Harper, en wou by haar weet hoe dit alles begin het.

Aangevulde realiteit-kunsuitstalling 25.08.2021

Werner Voigt vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van 'n aangevulde realiteit-kunsuitstalling wat by Kirstenbosch gaan plaasvind.

Son en lig in stadsontwerp 25.08.2021

Argitek Gerrit Jordaan gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor son en lig in stadsontwerp.

Plantekstrak vir insekdoder 25.08.2021

Dr. Ida Wilson praat oor die potensiaal van plantekstrak om as insekdoder gebruik te word.

Stellenbosch Tuinweek 24.08.2021

Jacques Steyn vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Stellenbosch Tuinweek, en wat by die Jordan-wynplaas te sien is daardie week.

Oneerlike kollegas 24.08.2021

Lizette Volkwyn gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor hoe jy oneerlike kollegas hanteer.

Koekieversierkuns 23.08.2021

Marian Ludewig vertel vir Martelize Brink van haar koekieversierkuns.

Prof. André Calitz: Meer as vier dekades in rekenaarbedryf 23.08.2021

Prof. André Calitz van die Nelson Mandela Universiteit vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy 45 jaar in die rekenaarbedryf, en hoe dit oor die jare verander het.

Covid-19 en orgaanoorplantingspraktyke 23.08.2021

Prof. Elmi Muller vertel vir Martelize Brink hoe Covid-19 orgaanoorplantingspraktyke beïnvloed het.

Geleentheid- en konferensiebedryf hard getref deur Covid-19 23.08.2021

Ellen Oosthuizen vertel vir Martelize Brink hoe die geleentheid- en konferensiebedryf beïnvloed is deur Covid-19.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.