RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Selfdoodvoorkoming 10.09.2021

M'lani Basson gesels met Martelize Brink oor selfdoodvoorkoming.

Die versorging van uilkuikens 09.09.2021

Danelle Murray gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die versorging van uilkuikens.

Kognitiewe agteruitgang 09.09.2021

Kognitiewe vaardighede sluit in die vermoë om nuwe kennis te kan leer, te verwerk en toe te pas, en om te kan redeneer. Dit is gebaseer op vermoëns waarmee ons gebore word. Dit is egter moontlik om vaardiger te word met werk, oefening en stimulasie. Die teendeel is egter ook waar - dat ons leefstyl ook soms kan lei tot kognitiewe agteruitgang. Jacqui January verduidelik.

Geldgids - Episode 11 09.09.2021

HGG Finansiële Groep bied die reeks, Geldgids, aan om in dié tyd van geldverknorsing hoop te gee en kennis oor te dra. Stefanie Tolken is 'n geregistreerde finansiële raadgewer verbonde aan HGG se Welvaart-sake-eenheid. Stefanie se vakgebied is raadgewing met betrekking tot mediese hulpfondse en oorbruggingsdekking, en sy wys ons op die noodsaaklikheid daarvan.

Verminder huishoudelike afval 09.09.2021

Hein Fourie gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die vermindering van huishoudelike afval.

Kaapse Jazz 08.09.2021

Ramon Alexander en Schalk Joubert gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor Kaapse Jazz.

Diabetesdieet 08.09.2021

Dieetkundige Irene Labuschagne verduidelik wat 'n diabetesdieet is.

Solly lééf sy droom 08.09.2021

Dit was nog altyd Solly Luyt, ‘n voorste linie paramedikus in die stryd teen Covid-19, se droom om ‘n nooddienswerker te wees, maar toe word hy as jongman afgekeur omdat hy kwansuis te kort sou wees. Hierna het hy 20 jaar lank by die Volkswagenfabriek op Kariega gewerk, maar sy droom het bly druk. Toe Solly dus 12 jaar gelede die geleentheid gekry het om by 'n private ambulansdiens aan te sluit, h...

Afdraende bergfietsry 07.09.2021

Meurant Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van afdraende bergfietsry, of downhill mountain bike.

Uitbranding van mediese personeel in senior fasiliteite 07.09.2021

Danielle Oswald gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die uitbranding van mediese personeel in senior fasiliteite.

Danie van Wyk, die onderwysman 06.09.2021

Danie van Wyk is 'n bekende in onderwyskringe. Hy was die hoof van verskeie skole in die Wes-Kaap, en was betrokke by onderwysvakbonde. Danie was destyds die hoofonderhandelaar in die Raad op Arbeidsverhoudinge en die Staatsdiensbedingingsraad. Haidee Muller-Isaacs het by sy huis gaan koffie drink om oor sy komvandaan, Fraserburg, te gesels, en oor sy liefde vir resepteboeke en reis. Hulle het ook...

STEM-projek vir meisies 06.09.2021

Adri Führi vertel vir Martelize Brink van die ontwikkeling van meisies in minder gegoede gebiede in die vakgebiede van wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde; en die werk van die Melisizwe Computer Lab-projek in dié verband.

Strokiesprentkontrak vir vrugteplukkers 06.09.2021

Prokureur Robert de Rooy gesels met Martelize Brink oor sy strokiesprentkontrak vir vrugteplukkers. Op sy dag was die kontrak die eerste ter wêreld.

Onafhanklike sekerheidsraad 06.09.2021

Herman Watney praat oor die waarde daarvan om onafhanklike sekerheidsraad te kry. Sekerheid is 'n wyer begrip as sekuriteit.

Gifberg 03.09.2021

Gifberg se naam het 'n interessante oorsprong. Johan Rademan het Mike Spies bo-op die berg in die Suide van Namakwaland ontmoet, waar die Gifbergpas aan die voet van die Knersvlakte bestyg kan word. Leipoldt en rooibostee kom ook onder die loep.

Flip en Tilla is al 18 jaar lank ‘sigeuners’ 03.09.2021

Die egpaar, Flip en Tilla de Wet, albei 74 jaar oud, is al 18 jaar lank voltydse langpad-toerders wat op alle lengte- en breedtegrade van Suid-Afrika al hulle tentpenne ingeslaan het. Mariska Spoormaker het hulle op Pofadder in die hande gekry. Tilla vertel waar dit alles begin het.

UJ-kunsgalery kry toekenning vir innovasie 03.09.2021

Die Universiteit van Johannesburg se kunsgalery het die afgelope week ‘n toekenning ontvang van Besigheid SA vir innovering. UJ het meer as net ‘n 3D-galery geskep. ‘n Platvorm is ontwikkel waar interdisiplinêre projekte en video-argiewe aan globale gehore beskikbaar gestel is. Jacqui January vertel meer…

Vroue se uitdagings tydens Covid-19 03.09.2021

Dr. Arnike Redelinghuys vertel van vroue se gesondheidsuitdagings tydens die Covid-19-pandemie.

Mtunzini 02.09.2021

Daphne Untiedt vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Mtunzini as toerismebestemming.

Flos jou tande! 02.09.2021

Dirna Grobbelaar praat oor die belangrikheid van flos.

Geldgids - Episode 10 02.09.2021

Prof. JP Smit van HGG Finansiële Groep praat oor die slaggate waarin 'n onderneming kan beland, en hoe om dit te vermy.

Groen-ontwerp in stede 02.09.2021

Argitek Gerrit Jordaan vertel hoe groen-ontwerp in stede toegepas word.

Anruné Weyers 01.09.2021

Paralimpiese gouemedalje-wenner Anruné Weyers gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor haar ervaring in Japan.

Middelburg se wêreldbekendes 01.09.2021

Oudspringbokkaptein Wynand Claassen praat oor Middelburg se skool wat ook vir sjef Jan-Hendrik van der Westhuizen en kunstenaar Louis Janse van Vuuren opgelewer het.

Bome van die jaar 2021 01.09.2021

Izak van der Merwe vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van vanjaar se bome van die jaar, en nuwe beskermde bome.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.