RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Suster Barbara Damon 20.09.2021 10:57
Suster Barbara Damon is al sedert 1974 'n verpleegkundige. Sy het in 1998 besluit om haar tuiskliniek oop te maak sodat sy mense kan help wat bedags werk en die kliniek na-ure wil besoek. Gemeenskapsgesondheid was nog altyd vir haar ‘n prioriteit en passie. Haidee Muller-Isaacs het by haar tuiskliniek ingeloer om meer oor hierdie besondere mens uit te vind.
Lizelle de Wet 20.09.2021 11:29
Lizelle de Wet gesels met Martelize Brink oor haar werk as uitvoerende hoof van die Kaapstad se Vereniging vir Blindes, en die wat sy ontvang het toekenning vir die bevordering van geslagsgelykheid.
Suid-Kaap Oumotorklub Erfenistoer 20.09.2021 8:41
Mike Alexander vertel vir Martelize Brink van die Suid-Kaap Oumotorklub se negende Erfenistoer.
Dateer jou Chrome-webblaaier dadelik op 20.09.2021 10:10
Jan Vermeulen vertel vir Martelize Brink waarom mense gewaarsku word om die Chrome-webblaaier op te dateer voordat kuberkrakers toeslaan.
Bosbokkie ry fiets na sy redding 17.09.2021 9:23
In Februarie vanjaar het 'n Baaise fietsryer naby die universiteit 'n baba bosbokkie langs Marine-rylaan sien lê. Omdat die ma nêrens te sien was nie, het hy die bokkie opgetel, onder sy arm vasgehou en verder getrap om hom na veiligheid te bring. Ná sewe maande se rehabilitasie is die rammetjie, sir Mark, nou reg om in die natuur vrygelaat te word danksy die liefdevolle versorging van Marizanne K...
NFT-kriptokuns 17.09.2021 11:23
Charl Bezuidenhout vertel vir Martelize Brink van NFT-kriptokuns.
Paternoster slaan jou voete onder jou uit 17.09.2021 7:02
Van snoek en patat, tot kuns en asemrowende kusnatuurskoon - Dis wat die Weskus vissersdorpie Paternoster bied. Dit slaan behoorlik jou voete onder jou uit, sê die inkommers – soos die locals na die stadsjapies verwys.
Versoening in 'n maatskappy 17.09.2021 9:52
Izelda Swanepoel vertel hoe om versoening binne 'n maatskappy of onderneming te bevorder.
Digter Carina van der Walt 16.09.2021 10:34
Carina van der Walt vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van haar digkuns en projekte saam met landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe.
Virtuele outisme 16.09.2021 10:00
Dr. Jan Botha praat oor virtuele outisme.
Geldgids - Episode 12 16.09.2021 13:54
HGG Finansiële Groep bied die reeks, Geldgids, aan om in dié tyd van geldverknorsing hoop te gee en kennis oor te dra. Niek van den Berg en Eduan Basson, albei verbonde aan HGG se Welvaart-sake-eenheid, lig ons toe oor versekering - van risikodekking en lewensversekering tot inkomste-ongeskiktheidsversekering. Daarby wys hulle die voordele daaraan verbonde, en ook die slaggate, uit. hggroep.co.za
Gemeenskapsleiers teen geslagsgebaseerde geweld 16.09.2021 8:42
Dr. Ruben Richards vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe manlike gemeenskapsleiers teen geslagsgebaseerde geweld mobiliseer word.
Fotoverhaal oor diabetes 15.09.2021 7:38
Dr. Burt Davis vertel van Gertie se groot geheim, 'n fotoverhaal wat ontwikkel is om mense te help om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle diabetesdiagnose.
Hanover 15.09.2021 9:39
PC Ferreira vertel van Hanover en omgewing as toersimebestemming.
Kariega-sentrum staan swanger vroue in krisis by 15.09.2021 9:15
Op Kariega, vroeër bekend as Uitenhage, vind jy talle vrywilligers wat vroue en meisies bystaan wat 'n krisis beleef omdat hulle swanger is. Dié ondersteuning word nie net tydens swangerskap gebied nie, maar kan selfs 'n paar jaar ná die geboorte van die kind duur. Mariska Spoormaker wou by Johanna George, direkteur van die New Life Crisis Pregnancy Centre, weet wat ‘n krisis-swangerskap is.
Ivy Kinnear 15.09.2021 11:40
Ivy Kinnear was 27 jaar lank 'n hoërskool biologie-onderwyseres, waarna sy 12 jaar lank omgewingsopvoedkundige by UWK was. Sy kom oorspronklik van die skilderagtige sendingstasie, Zoar, tussen Calitzdorp en Ladismith. Sy vertel vir Haidee van huiskos, haar liefde vir Afrikaans en hoe sy verlede jaar, op 72, die voorbladgesig van die erfenistydskrif, Koe'sister, se Kersuitgawe was. En, terloops, Iv...
Ekseem 14.09.2021 9:10
Dr. Lourens Terblanche praat oor ekseem, en die impak van die siekte op vele aspekte van 'n persoon se lewe.
Praktiese veiligheidsvaardighede vir vroue 14.09.2021 11:20
Leilani Basson vertel van 'n beweging om vroue praktiese vaardighede te leer om hulleself en hulle geliefdes te beveilig.
Blikkiesdorp se leesklas 13.09.2021 10:35
Haidee Muller-Isaacs het by Blikkiesdorp in Delft op die Kaapse Vlakte gaan inloer, waar Michelle Koopman vertel het van haar leesklas vir behoeftige kinders van die gebied. Michelle het daar gewoon, en wou iets doen om die kinders daar te bemagtig. Michelle is deel van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans se Zoë-voorleesprojek. Sy glo dat lees die sleutel tot sukses is.
Chroniese oorprobleme by troeteldiere 13.09.2021 10:28
Veearts dr. Ingrid de Wet praat oor chroniese oorprobleme by troeteldiere.
Agri Wes-Kaap 13.09.2021 13:00
Jannie Strydom vertel vir Martelize Brink van Agri Wes-Kaap se bedrywighede.
Balansrehabilitasie 13.09.2021 10:01
Fisioterapeut Chantal Berry praat oor balans en balansrehabilitasie.
Antjie se Pad loop deur jou hart 10.09.2021 9:52
In die vroeë 1930's het Antjie Stuurman elke dag tien kilometer van haar en haar man Booi se veeposhuisie na die opstal van die plaas Witteklip gestap om te gaan werk, en dan weer die 10 km terug gestap huis toe. Dié roete is deesdae die kern van die Antjie se Pad-voetslaanroetes in die asemrowende Kougaberge. Mariska Spoormaker het die roetes saam met Herman Stoffberg, ontwikkelaar van Antjie se...
Kareedouw 10.09.2021 9:13
Wilna Moolman gesels met Martelize Brink oor Kareedouw as toerismebestemming.
Alwyn Marx, waaghals en lyfwag 10.09.2021 11:14
Haidee Muller-Isaacs gesels met Alwyn Marx by 'n buite-gimnasium naby haar huis. Alwyn is 'n hoërisiko-lyfwag en 'n waaghals. Hy vertel vir Haidee van straatoefening (street gimming) en sy werk op die stel van flieks soos Tomb Raider en The Mummy. Alwyn was al ‘n dubbelganger vir 'n hele paar bekende akteurs, en al vir Tom Cruise ontmoet.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.