RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Beplanning vir 2050 se voedseltekorte 30.09.2021 8:19
Dr. Ida Wilson gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die stappe wat nou reeds gedoen moet word om voedselopbrengs te verhoog om die geweldige voedseltekorte aan te spreek wat vir die 2050-bevolking voorspel word.
Fouriesburg 29.09.2021 7:24
Nelis Roos vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Fouriesburg en omgewing as toerismebestemming.
Stiastuin 29.09.2021 11:07
Renee Slee vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Stiastuin op Stellenbosch, wat die naweek oop is vir die publiek.
Fietsrakke 29.09.2021 10:59
Chris Willemse Jnr. vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van fietsrakke om daardie peperduur fietse en e-fietse veilig te vervoer.
Volhoubaarheid van spa- en skoonheidsbedryf 29.09.2021 10:42
Charné le Roux praat oor die volhoubaarheid van die spa- en skoonheidsbedryf.
Nuwe X-straal-masjien 28.09.2021 7:55
Prof. Hendrik Swart vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe fisika se studiegrense verskuif word met 'n nuwe X-straal-masjien.
Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin 28.09.2021 6:26
Angelo Heyns vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin op Worcester, die enigste vetplant botaniese tuin in die Suidelike halfrond. Dit is vanjaar 100 jaar oud.
Drank- en dwelmgebruik en jou werk 28.09.2021 16:16
André Bloem vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink wat die gevolge van drank- en dwelmgebruik is by jou werk.
Ismael se snoekdroom 27.09.2021 6:03
Ismael Louis verkoop snoek. Hy droom daarvan om sy eie skuit te besit, sodat hý die een is wat vars snoek uit die water kan trek. Haidee Muller-Isaacs het hom in die strate van die Bo-Kaap raakgeloop.
Toerisme-opleiding 27.09.2021 8:17
Dr. Linda-Louise Geldenhuys praat oor opleiding vir toerismesektor.
Veiligheid en sekerheid by wonings 27.09.2021 10:12
Herman Watney gesels met Martelize Brink oor veiligheid en sekerheid by wonings.
Die Richtersveld se erfenis 24.09.2021 6:33
Daar is baie geheimenisse en onverklaarbare verskynsels in die natuur. Dit het ons voorouers genoop om deur middel van storievertelling die natuurskatte en die kennis daarvan te onthou en behou. Jacqui January vertel die storie…
Kunstekaap vier 50 jaar 24.09.2021 15:05
Kunstekaap is 50 jaar oud. Martelizze Brink praat met rolspelers oor die teater se erfenis en wat dit al vir die wêreld gewys het.
Baaienaar vervaardig unieke skoot-musiekstrument 24.09.2021 8:49
Weet jy wat 'n handpan is? Nee, dit is nié ‘n pan waarin jy eiers bak nie, maar 'n unieke akoestiese musiekinstrument, ook minder bekend as n skoot-staaltrom. Die beste van dié handpan of staaltrom blyk te wees dat nie net enigiemand dit kan speel nie, maar dat die klanke ook ‘n kalmerende uitwerking het. Dave Parkin is die enigste persoon in Afrika wat dit vervaardig. Mariska Spoormaker het by sy...
Die belangrikheid van erfenisbewaring 24.09.2021 9:25
Maggi Loubser, programkoördineerder en senior lektor in tasbare erfenisbewaring by Tukkies, vertel wat kulturele erfenisbewaring behels en hoekom dit belangrik is.
Baaise leerders omskep vullishoop in parkie 23.09.2021 8:18
Jare lank is daar onwettig vullis gestort op ‘n oop stuk veld langs die Hillside Tegniese Hoërskool in die woonbuurt Windvogel in die Baai. Toe besluit die skool se leerlinge om dit op te ruim en te omskep in ‘n parkie. Mariska Spoormaker het gaan kyk hoe dit lyk, en daar vir Brenda Paulsen, ‘n onderwyseres van Hillside, raakgeloop.
Wynstryd tussen SA en Nieu-Seeland 23.09.2021 10:31
Emile Joubert gesels met Martelize Brink oor 'n Sauvignon Blanc-wynkompetisie tussen tien van Suid-Afrika en tien Nieu- Seelandse wyne om saam te val met die 100ste rugbywedstryd tussen die twee lande.
Geldgids - Episode 13 23.09.2021 13:54
HGG Finansiële Groep bied die reeks, Geldgids, aan om in dié tyd van geldverknorsing hoop te gee en kennis oor te dra. Niek van den Berg en Riaan Lindeque van HGG se Welvaart-sake-eenheid lig ons toe oor spaarkunde. Hulle gee ook raad oor wat die beste benutting van 'n meevaller is. hggroep.co.za
Alldays 22.09.2021 7:34
Wilhelm Coetzee vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Alldays en omgewing as 'n toerismebestemming.
Gershwin Cupido 22.09.2021 10:26
Gershwin Cupido het swaar grootgeword in die Hessequa-distrik as die kind van 'n plaaswerker/huishulp-ma. Hy het uitgestyg bo sy omstandighede. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy passies en sy werk onder die jeug op die platteland. Hy vertel ook dat sy vrees om Ingels te praat, darem nou al effe bedaar het.
Emosionele uitdagings van kinders tydens Covid 22.09.2021 7:31
Johannes Schickerling vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die emosionele uitdagings van kinders tydens die Covid-19-pandemie.
Grootbos Floreligium 22.09.2021 8:23
Chris Lochner vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Grootbos Floreligium, 'n versameling van botaniese sketse van plante wat in die Grootbos Privaat Natuurresevaat voorkom.
Landbou-opleiding 21.09.2021 9:20
Wynand Espach vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van landbou-opleiding met 'n Afrikafokus, en die internasionale toekennings wat hul e-leer-landbouplatform ontvang het.
Alzheimer se siekte 21.09.2021 8:27
Dr. Susan Coetzer vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Alzheimer se siekte, en die vordering wat al gemaak is in die behandeling van dié siekte.
Atlete se skoene en hulle prestasie 21.09.2021 13:26
Voetkundige Stefan de Villiers praat oor watter impak skoene se sole op atlete se prestasie het.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.