RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Coen Basson 08.10.2021

Coen Basson gesels met Martelize Brink oor sy aanslag tot skryf.

Sheila, die kameelperd 08.10.2021

By 'n klein wildsplaas op die pad tussen Oudtshoorn en George, het Haidee Muller-Isaacs se paaie gekruis met dié van Marietjie Vermeulen. Sy het sommer ook meer uitgevind van Sheila die kameelperd, wat ook op die plaas woon.

Verseker jy jou tuin? 08.10.2021

Christelle Colman gesels met Martelize Brink oor trofeebome, supertuine en versekering daarvoor.

Armand Aucamp 07.10.2021

Akteur Armand Aucamp gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy ysters in die vuur.

Geldgids - Episode 14 07.10.2021

Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se nuwe reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. In ons A-aflewering bespreek Niek van den Berg, Riaan Lindeque en Eduan Basson van HGG Finansiële Groep se Welvaart...

Mensehandelhofsake 07.10.2021

Dr. Beatri Kruger praat oor mensehandel aan die hand van onlangse hofsake.

'n Pad met die Rooikruis Kinderhospitaal 06.10.2021

Kauthar Tofah vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die pad wat sy en haar seun, Aashiq, al vir 19 jaar stap met die Rooikruis Kinderhospitaal.

Pensioentrekker vee eerder strate 06.10.2021

Wanneer jy weer in die Baai is, gaan ry 'n bietjie rond in Forest Hill, want daar sal jy Garth de Reuck, ‘n pensioentrekker, sien strate vee en sypaadjies skoonhou. Aan die plaaslike koerantjie het hy gesê hy doen dit want hy wil nie heeldag sit en televisie kyk nie. Mariska Spoormaker het hom in Forest Hill gaan soek, en toe vertel Mercia Barnard, ‘n Forest Hiller, hierdie vir haar…

Sonstorms en tegnologie 06.10.2021

Dr. JJ van Zyl vertel wat die impak van sonstorms is op tegnologie soos GPS, die internet en ander kommunikasiestelsels.

Riaan van Zyl maak kuns van ou olie 06.10.2021

Hoewel Riaan van Zyl se kunswerke wêreldwyd in versamelings opgeneem is, is sy wortels sterk in Suid-Afrika. Hy woon tans in die Riebeekvallei, en werk met skroot en ou olie. Hy is versot op die beweging wat ou filmprojektors bied. Johan Rademan het in sy ateljee, 90 km buite Kaapstad, op Riebeek-Kasteel gaan inloer.

Rolstoelparkering 05.10.2021

Het jy geweet afgebakende areas in openbare parkeergebiede vir rolstoel gebruikers is uitsluitlik vir bestuurders wat ‘n rolstoel gebruik? Jy mag dus nie die parkeerplek gebruik as jy iemand in ‘n rolstoel vervoer nie. Jacqui January het gaan uitvind hoe dit werk by Erica du Toit van die Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede.

Plantouers 05.10.2021

Rolanda Marais gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die konsep van plantouers.

Uitdagings vir kliniese maatskaplike werkers 05.10.2021

Tamryn Angel vertel van Covid-19 en die kwessies waarmee kliniese maatskaplike werkers nou te doen het.

Familiewapens teen Swellendam se lamppale 05.10.2021

Hennie Steyn en Philip Bromley vertel hoe Swellendam se Erfenisvereniging brûe bou in die gemeenskap met 'n projek van familiewapens teen hulle lamppale.

Mosselbaairesies 04.10.2021

Wilhelm von Schutz vertel vir Martelize Brink van die land se oudste seewedvaart, wat die naweek tussen Simonstad en Mosselbaai plaasgevind het.

Van polisieman tot advokaat 04.10.2021

Haidee Muller-Isaacs gesels met oud-polisieman en speurder Pieter van Wyk. Hy vertel van sy 27 jaar as polisieman op Laingsburg in die jare tagtig en later ook in Soweto. Toe Pieter as hofordonnans in die landdroshof op Oudtshoorn gewerk het, het hy intens begin belangstel in die regte. En toe hy as polisiekaptein aftree het hy, in sy veertigs, weer gaan studeer om advokaat te word. In 2014 is hy...

Diskriminasie teen ouer persone 04.10.2021

Prof. Renata Schoeman gesels met Martelize Brink oor diskriminasie teen ouer persone.

Wêreld Habitatdag 04.10.2021

Landskapargitek Neal Schoof gesels met Martelize Brink oor habitatte op Wêreld Habitatdag.

150 jaar roei 150 myl 01.10.2021

Anita (81) en Vic (69) Pretorius is saam 150 jaar jonk, en roei 150 myl op die Vaaldam en Vaalrivier ten bate van die Nasionale Seereddingsinstituut.

Die Arch word 90 01.10.2021

Edwin Arrison vertel vir Martelize Brink van emeritus aartsbiskop Desmond Tutu wat vandeesmaand 90 jaar oud word, en watter planne daar is om dit te vier.

Kornea-oorplantings 01.10.2021

Korneaspesialis dr. Leonard Heydenrich vertel vir Martelize Brink van die huidige situasie met kornea-oorplantings, en 'n poging om gevorderde toerusting te koop.

Eet daai termiete! 01.10.2021

Daar is nie minder nie as 13 verskillende spesies termiete opgeteken in Sub-Sahara Afrika. Termiete loop kwaai deur onder gifstowwe omdat hulle groot skade kan aanrig wanneer hulle begin boor en vreet aan hout. Daar is egter ‘n uitweg - ons kan hulle eet! Jacqui January hoor by ‘n wetenskaplike dat termiete ‘n baie smaaklike en hoogs voedsame insek is.

Slawe-uitstalling by die Kasteel 30.09.2021

Haidee Muller-Isaacs het 'n draai by Kasteel de Goedehoo in Kaapstad gemaak om te kyk na die slawe-uitstalling.

Schalk Burger Senior 30.09.2021

Schalk Burger Senior gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy rugbydae, die naweek se wedstryd teen die All Blacks, en hoe hy soms sy lyf musikant hou.

‘Ambulans-vrae’ is baie belangrik! 30.09.2021

Skaars het Mariska Spoormaker ‘n onderhoud gevoer met Solly Luyt oor die waarwording van sy lewenslange droom om ‘n paramedikus te word, of sy moes hom dringend bel vir ‘n ambulans toe ‘n 74-jarige buurman, Alan Beukes, in sy huis geval en bly lê het. Hieruit het Mariska geleer: Wanneer jy in ‘n noodgeval bel vir 'n ambulans, is dit belangrik dat jy elke vraag so goed as moontlik antwoord, want di...

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.