RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Geraasbestuur 19.10.2021

Prof. Wikus van Niekerk wat op die Gautrainprojek gewerk het, vertel hoe die geraas van treine, veral in beboude gebiede, bestuur word deur die ontwerp van infrastruktuur om die trein.

Skoolhoof kies eilandwerk bo aftrede 18.10.2021

Een en twintig jaar lank was Danieta Ferreira die hoof van Kleuterland Bewaarskool op Despatch. Sy is nou 64 jaar oud, en naby aftrede. Sy het besluit stilsit is nie vir haar nie, sy gaan eerder veldverpleër en assistent-ambulansbestuurder op Ascension in die Atlantiese oseaan word. Mariska Spoormaker het haar op haar laaste werksdag by skool gaan opsoek.

Van navorser tot beste onderwyser in SA 18.10.2021

Mariette Wheeler vertel van haar pad as navorser op Marioneiland tot 'n onderwyser, wat haar liefde vir die natuur, veral die see, met die nuwe generasie deel. Sy is onlangs aangewys as die beste onderwyser in die land.

Genetiese toetse in geestesgesondheid 18.10.2021

Dr. Kobus Roux praat oor die rol wat genetiese toetse in geestesgesondheid speel.

Watter risiko's is daar wanneer ek deesdae reis? 18.10.2021

Christelle Colman gee raad oor die risiko's verbonde aan reis tydens die pandemie, noudat dit makliker is om weer oorsee te gaan.

Kyk net dié Tsitsikamma-wolwe! 15.10.2021

In die Tsitsikamma het Mariska Spoormaker op verskeie pakke wolwe en wolfhondkruisings afgekom, en toe die hartseer storie by Robin McDonald van die Tsitsikamma Wolf Sanctuary gehoor. Basies kom dit daarop neer dat hierdie wolwe en/of wolfhondkruisings óf mishandel is óf deur hulle voormalige eienaars oorhandig is aan die hawe, omdat hulle nie meer kans gesien het vir hulle onvoorspelbare gedrag n...

Zani en Martin se meubelontwerp 15.10.2021

Zani Alberts en Martin Tallie vertel vir Martelize Brink van hulle aanslag tot meubelontwerp, en hulle deelname aan die Design Indaba Emerging Creatives Programme.

Palie, skoolhoof van die jaar 15.10.2021

Haar leerders en onderwysers noem haar Palie. Renate van der Westhuizen is hoof van die Apex Hoërskool in Eersterivier. Sy nou die algehele wenner in die Nasionale Toekennings van die Departement van Basiese Onderwys in die kategorie: Sekondêre Skoolleierskap. Haidee Muller-Isaacs was by die skool toe Renate pas aangestel is in 2018, en nou is sy weer terug soontoe om oor hierdie passievolle vrou...

Dr. Erna Blancquaert se wynreis 15.10.2021

Dr. Erna Blancquaert vertel vir Martelize Brink van haar loopbaan as wynkundige, en ‘n internasionale beurs waarmee sy vereer is.

Lewensredders se onselfsugtige diens 14.10.2021

Op sekere plekke langs die kus word lewensredding nie net as 'n gemeenskapsdiens beskou nie, maar as 'n span- en vriendskapsbou. Lewensredders werk deur die loop van die jaar baie hard om tydens die somervakansie 'n onselfsugtige en onontbeerlike diens aan inwoners en vakansiegangers te lewer. Op Sondae vergader ‘n groep vrywilligers en kinders op die strand in Gqeberha in die Oos-Kaap om opleidin...

Christopher September se tuine 14.10.2021

Christopher September vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hy ‘n leefstylaanpassing moes maak, en sy werk as waaghals in die filmbedryf agterlaat het. Christopher het sy heil in 'n tuin gevind, en ‘n tuinprojek by 'n skool begin.

Geldgids - Episode 15 14.10.2021

Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se nuwe reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. In ons B-aflewering bespreek Niek van den Berg, Riaan Lindeque en Eduan Basson van HGG se Welvaart-sake-eenheid en p...

Impak van Covid-pandemie op werksoek 14.10.2021

Gail de Waal Basson vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink watter impak die Covid-19-pandemie op CV's en die werksoekproses gehad het.

Speserye in die Nederlandse kookkuns 13.10.2021

Hetta van Deventer-Terreblance vertel hoe speserye hulle weg in Nederlandse kookkuns gevind het.

Hollandse Bakkery 13.10.2021

Karike Norval vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Hollandse Bakkery wat van 1970 af Nederlandse gebak vir Suid-Afrikaners voorsit.

Danie Gerber is steeds die Doring van Despatch 13.10.2021

Covid-19 het Huis Najaar op Despatch vroeër vanjaar amper platgeslaan toe 18 van die bejaarde inwoners binne enkele dae daaraan gesterf het. Omdat geen nuwe inwoners ingeneem mag word nie, het dit geldelik bars gegaan, tot die beroemde voormalige Springbok, Danie Gerber, ook bekend as die Doring van Despatch, tot hulle redding gekom het. Mariska Spoormaker het Danie by Huis Najaar ontmoet, maar ee...

Hoe word voertuie se brandstofverbruik bepaal? 13.10.2021

Marnus Hatting vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe die brandstofverbruik van voertuie deur voertuigvervaardigers bepaal word, en waarom dit so verskil van die werklike verbruik.

Riebeekvallei se ystersmid 12.10.2021

Abi Bruwer het in sy loopbaan met sagteware gewerk, maar sy liefde vir hardeware het ná sy aftrede sterk geloop. Johan Rademan het tydens ‘n besoek aan die Riebeekvallei op dié juweeltjie afgekom.

Kindervoeding 12.10.2021

Dieetkundige Irene Labuschagne praat oor Voedingsweek en vanjaar se fokus op kindervoeding.

Diere-biosekuriteit 12.10.2021

Dewald Olivier gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor diere-biosekuriteit in Suid-Afrika.

Ontmoet Karooseun Reagen, jong kaptein van ‘n mynskip 11.10.2021

Reagen Lemmetuis van Oudtshoorn is op 38 een van die jongste kapteine aan die stuur van 'n mynskip van een van die wêreldse grootste diamantmaatskappye. Hierdie Karooseun wys sy staal op 'n skip in die Atlantiese Oseaan, en sê hy kon vinnig aanpas in die maritieme wêreld vanweë 'n streng opbrengs in 'n militêre huis'. En, dis een van sy grootste drome wat toe uiteindelik waar geword het.

Young Hearts Africa 11.10.2021

Dr. Wilhelm Lichtenberg vertel vir Martelize Brink van die Young Hearts Africa-inisiatief om hartoperasies op kinders te befonds. Queen-legende Brian May, Broadway-superster Kerry Ellis en die Soweto Gospel Choir doen ook hulle deel vir die inisiatief met ‘n heropname van die Queen treffer, Who wants to live forever.

Strategiese korporatiewe kummunikasie 11.10.2021

Prof. Marlize Terblanche-Smit vertel vir Martelize Brink hoe strategiese korporatiewe kummunikasie ingespan word om skade aan ‘n onderneming se reputasie te beperk.

Emosionele welstand 11.10.2021

Sura Swart vertel vir Martelize Brink van ‘n emosionele welstand-bewusmakingveldtog in skole.

Modeltreine is sy lewe 08.10.2021

Dink net... jy het n stokperdjie só groot, dit neem reeds twee kamers in beslag, en ‘n derde word stadig maar seker ook omgeskakel. Mariska Spoormaker het by Baaienaar Amie van Rooyen gaan kuier en op ‘n wêreld van modeltreine afgekom.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.