RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Jong Rus se liefde vir Afrikaans 27.10.2021 21:04
Lika Gorokhowa het as ‘n 22-jarige haar BA-graad in Afrikaans verwerf onder dr. Monika Urb van die Departement Afrikastudies aan die Moskou Staatsuniversiteit. Sy het ná een besoek aan Suid-Afrika besluit om as die eerste Russiese vrou, ‘n boek oor haar reiservaring in die land te skryf en publiseer. Johan Rademan het met Lika tydens ‘n tweede besoek aan Suid-Afrika gesels. Dié inwoner van Moskou...
Sophie Isaacs se passie vir jongmense 27.10.2021 10:48
Anderkant Malmesbury het Haidee Muller-Isaacs se pad gekruis met dié van Sophie Isaacs. Sophie het daar by die plaasskooltjie begin as ‘n kinderoppasser, en vandag is sy die ontwikkelingsbestuurder by Goedgedacht Trust. Sy vertel vir Haidee hoekom jongmense so diep in haar hart lê.
Weskus-kreefkwotas 27.10.2021 6:15
Bernacia Mullins, waarnemende adjunkdirekteur: kleinskaalse visserybestuur by die Departement van Bosbou, Omgewingsake en Visserye, gee konteks oor die hersiening van Weskus-kreefkwotas.
Somertuinskou 26.10.2021 10:50
Met die somer om die draai, is dit tyd om in jou tuin of buite in die natuur te wees! Die tema vir vanjaar se Somerstuinskou in Johannesburg is Tuine vir die siel. Jacqui January het in dié besondere tuine gana stap, en hoor van praktiese idees wat bekostigbaar is vir groot en klein tuine.
Wees bedag op hondsdolheid 26.10.2021 9:46
Dr. Ingrid de Wet van die Country Animal Clinic op Somerset-Wes gesels oor hondsdolheid.
Hershall Lee Davids se pragontwerpe 26.10.2021 9:18
Martelize Brink gesels met modeontwerper Hershall Lee Davids oor sy opleiding, agtergrond en liefde om pragstukke vir sangers te ontwerp.
Heidi-Mari Oosthuizen 26.10.2021 8:06
Heidi-Mari Oosthuizen het al aan vier gimnastiek wêreldkampioenskappe en die Statebondspele deelgeneem. Sy is met ‘n Kroasiër getroud, maar hulle gesin bly in Suid-Afrika. Johan Rademan het met haar oor haar opwindende lewe gesels.
Lê jou eie olywe in 25.10.2021 9:17
Linda Costa verduidelik hoe om jou eie olywe in te lê.
Die sielkunde van sukses 25.10.2021 7:41
Gabriella Carolus, ‘n opvoedingspesialis, praat oor die sielkundige faktore wat mense suksvol maak, al dan nie.
Groente, gesond en smaaklik 25.10.2021 9:32
Hoe kan ek groente smaaklik maak, sonder al die olie, suiker en vet?
Tsitsikamma-inwoners plant hulle toekoms oop 25.10.2021 8:48
In Februarie vanjaar het 'n handjievol Tsitsikamma-inwoners stukkies grond begin skoffel om groente te plant, en gehoop om eendag ‘n inkomste daaruit te kan verdien. Weens die streng Covid-inperkings het Mariska Spoormaker toe telefoniese onderhoude met hulle gevoer. Nou, nege maande later, het sy uitgery na die Tsitsikamma om uit hoor hoe sake vorder, en het daar vir Marnell van Schoor, stuurvrou...
Hiér laat waai die kinders met lees 22.10.2021 9:29
Met die uitgangspunt dat 'n liefde vir lees die begin van alle goeie dinge in 'n kind se lewe is, het die Voorbereidingskool Despatch met 'n voorleesklub begin, sodat leerders hardop voorlees as ‘n buitemuurse aktiwiteit kan geniet. Mariska Spoormaker het die skoolhoof, Madeléne Sachse, besoek om meer te hoor, en toe kry sy in die kantoor ook twee leerders met storieboeke in die hand.
Stakings en nywerheidsoptrede 22.10.2021 12:49
André Bloem, 'n spesialis in arbeidsverhoudinge, praat oor nywerheidsoptrede.
The Shackbuilders gaan internasionaal 22.10.2021 10:45
Khayelitsha is ’n gedeeltelik informele township op die Kaapse Vlakte. Die naam is Xhosa vir Nuwe Tuiste. Dit is een van die grootste en vinnigste groeiende townships in Afrika. The Shackbuilders is ‘n nieregeringsorganisasie, met die doel om te help met informele behuising. Hulle is al langer as 15 jaar in die Kaap besig, en het nou internasionale bande begin smee. Jacqui January gesels met die s...
Etiese- en omgewingsvolhoubare landbouhandel 22.10.2021 9:37
Werner van Dyk van die Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), 'n platform vir landbourolspelers, verduidelik hoe om etiese- en omgewingsvolhoubare handel te verseker
Gerby se kosreis 21.10.2021 12:17
Almal op Oudtshoorn ken hom as Gerby, maar sy regte naam is Gerbrandt van Deventer. Hy is in die Vrystaat gebore. Haidee Muller-Isaacs het by hom gaan kuier, en hy vertel hoe sy drome van argitek word uiteindelik 'n kosdraai gemaak het. Hy vertel ook hoe hy op Oudtshoorn beland het, en wys haar hoe hy carpaccio maak. Haidee hoor ook van sy kosskoue oorsee, en waar in die wêreld hy die lekkerste di...
Daar's 'n slang in die gras! 21.10.2021 17:10
Marius Koekemoer van Reptile Rescue op Lephalale vertel van sy werk as slangvanger.
Geldgids - Episode 16 21.10.2021 13:54
Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se nuwe reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Die kundiges wat die begrippe bespreek wat onder C val, is Riaan Lindeque en Eduan Basson, albei verbonde aan HGG se...
Hoe het die werkplek verander? 21.10.2021 12:10
Carike Verbooy, 'n loopbaanspesialis by Boston Media House, vertel hoe die pandemie en die inperking die werkplek verander het, en hoe dit in die toekoms sal lyk.
Lynelle Kenned se ontwaking 20.10.2021 19:40
Operasanger en TV-persoonlikheid Lynelle Kenned gesels oor haar seksuele en geestelike ontwaking.
Kombuiskaptein Duanne Vermeulen 20.10.2021 7:44
Nie almal weet dit nie, maar die Springbokrugbyspeler, Duanne Vermeulen, is teoreties ‘n gekwalifiseerde sjef. As gevolg van rugby kon hy nog nie dié titel amptelik gebruik nie. Duanne vir kaptein in die kombuis ná rugby? Wel, dit is moontlik. Johan Rademan het met hom gesels voor sy vertrek na Belfast in Ierland.
Swartwoensdag en joernalistieke vryheid 20.10.2021 12:44
Kenneth Makatees, die operasionele hoof van SAUK in Kaapstad, praat oor Swartwoensdag en die belang van joernalistieke vryheid.
Lena Conradie se makataankonfyt 19.10.2021 11:55
Haidee Muller-Isaacs het by Companjesdrift buite Stellenbosch gaan kyk hoe die vrolike Lena Conradie makataankonfyt aanmekaarslaan. Lena is op Montagu gebore. Sy vertel vir Haidee wat sy alles by haar ouma Lena geleer het.
Vetsug 19.10.2021 11:09
Die afgelope week was Nasionale Vetsug-week. Dieetkundige Ronel Beukes verduidelik hoe om dié probleem te oorkom.
Werksadvertensies 19.10.2021 5:12
Waarvoor mag jy in 'n werksadvertensie vra? Dit het onlangs op Twitter gegons oor 'n nagklub wat presies gevra het wat hulle in 'n kandidaat soek/ Hoe wettig is dit?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.