RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Stap teen mensehandel 08.11.2021

Jaco Liebenberg vertel vir Martelize Brink dat hy van Kaapstad na Gqeberha stap om die fokus te plaas op mensehandel en -misbruik. Kimble Cockrell vertel hoe die organisasie, STOP, bewusmaking doen oor mensehandel.

Bonnievale vier eeufees 08.11.2021

Bonnievale is vanjaar 100 jaar oud. Haidee Muller-Isaacs was daar om saam fees te vier.

Chic Mamas maak tweedehandse klere cool 08.11.2021

Chic Mamas het goud gewen by die Eco Logic-toekennings. Hulle het ‘n aanlyn tweedehandse klerewinkel waar klere “reuse, recycle & repurpose” word, en opvoedingsinstansies voordeel trek uit die inkomste wat hulle genereer.

“As jy wil help, help 'n kleuterskool” 05.11.2021

Daar is so baie Suid-Afrikaners wat graag ‘n bydrae wil lewer om werklik ‘n verskil in weerlose gemeenskappe te maak, maar weet nie waar om te begin nie. Die maklikste manier is om betrokke te raak by ‘n kleuterskool in een van hierdie gemeenskappe, sê dr. Sarie Snyders van Isivuno Training in Gqeberha. Sy het aan Mariska Spoormaker verduidelik hoekom Isivuno al jare lank spesifiek kleuterskole by...

Ysterman Wikus de Swardt 05.11.2021

Wikus de Swardt vertel vir Martelize Brink wat die voorbereiding vir ‘n Ystermankompetisie behels.

Makua Bybel 05.11.2021

Die Makua Bybel is onlangs in Noord-Mosambiek bekendgestel. Ds. Gerard Olivier van die Oos-Kaap het in die jare negentig met die vertaling negin. Elektroniese ingenieur Jannie Theunissen werk aan ‘n unieke toep wat saam met die Bybel werk. Haidee Muller-Isaacs het by Jannie gaan uitvind van die vertaalproses en sy toepassing.

V&A Waterkant kry gesogte toekenning 05.11.2021

Henry Mathys vertel vir Martelize Brink van die Wêreld Verantwoordelike Toerisme-toekenning wat die V&A Waterkant ontvang het vir hulle werk tydens die pandemie.

Mia Malan - wetenskapjoernalis 04.11.2021

Mia Malan vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van haar werk as wetenskapjoernalis.

Geldgids - Episode 18 04.11.2021

Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se nuwe reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. In GeldAlfabet bespreek Eduan Basson, as geregistreerde finansiële beplanner verbonde aan HGG se Welvaart-sake-eenhe...

Solohardloop van Gqeberha na Kaapstad 04.11.2021

Avonturier Gaven Stclair vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy solopoging om van Gqeberha na Kaapstad te hardloop, om die fokus te plaas op mense wat met kroniese siektes leef.

Omgee vir kinders 03.11.2021

Kinderhuise word deur die regering befonds, maar in die meeste gevalle net gedeeltelik. Dis hier waar individue en nieregeringsorganisasies help. Dit word egter al hoe moeiliker met die ekonomiese toestand. Arno Diemieniet, Susan Pienaar en hulle span doen jaarliks ‘n fondsinsameling vir twee kinderhuise wat hulle “aangeneem” het. Jacqui January het met hulle gesels.

Johan Beton se brugstories 03.11.2021

Party hang aan kabels, ander staan op stelte of pilare. ‘n Brug het ‘n magiese bekoring vir baie motoriste, toeriste en fotograwe. Johan Rademan het met Johan Coetzee, alias Johan Beton van Stucco Italiano, gesels. Hy vertel ‘n storie of wat oor Suid-Afrikanse ingenieursprestasies en van die langste brug ter wêreld, wat 164 km lank is!

Ouer mense en versekering 03.11.2021

Joelinda Dimond praat oor versekering, en wat ouer persone in ag moet neem.

Die luukse van tyd 03.11.2021

Prof. Lomé Koekemoer gesels praat oor tyd wat die eintlike luukse is.

Voedselsekerheid in Atlantis 02.11.2021

Danny Pietersen vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van hulle pogings om voedselsekerheid in Atlantis te bevorder.

Errol Tobias kyk terug 02.11.2021

Johan Rademan gesels met Oudspringbok Errol Tobias, wat die Groen-en-Goud 21 keer oor sy skouers getrek het, waarvan ses toetse was. Errol beleef sy herinneringe van die 1981-meelbomtoer na Nieu-Seeland en die geheime toets in Amerika.

Ernusta Maralack op die spoor van ander se seer 01.11.2021

Joernalis en TV-aanbieder Ernusta Maralack vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe sy dit regkry om die spoor van ander se seer te loop, terwyl sy self nog haar eie einas en tekortkominge probeer verwerk. Sy verduidelik ook hoekom haar voete net een paar skoene ken tydens TV-opnames wanneer sy misdaadtonele besoek.

Koerantman Hennie van Deventer 01.11.2021

Hennie van Deventer praat oor sy loopbaan as koerantman.

Herman le Roux en die 1981-meelbomtoer 01.11.2021

Herman le Roux is ‘n afgetrede veteraanjoernalis, wat as sportskrywer vir Afrikaanse koerante verslag gedoen het, nog voor daar selfone en TV in Suid-Afrika was. Herman is die enigste oorlewende van twee baie spesiale rugbytoere wat hy meegemaak het. Nou in sy 80’s het hy met Johan Rademan oor die spesiale ervaring in sy sportskrywersloopbaan gesels tydens die 1981-meelbomtoerreünie in Stellenbosc...

Haidee kuier by Marion Holm 29.10.2021

Almal ken haar as aktrise en komediant. Die vrou op die verhoog. Haidee Muller-Isaacs het gaan koffie drink by Marion Holm, en daar meer gehoor oor haar oorlede ma, Nakkie. Natuurlik het Haidee gekraai van die lag, want Marion is ‘n storieverteller van formaat.

Vincent Oliphant op hoë noot 29.10.2021

Dr. Rudi Bower, musiekdosent aan die Nelson Mandela Universiteit, was nog op hoërskool toe hy een aand kitaarspel tussen die voorlesings van die gewilde digter Vincent Oliphant se werke moes lewer. Vincent se gedigte het só 'n onverwoesbare indruk op Rudi gemaak dat hy vandag, jare later, 'n sangsiklus, gebaseer op die werk van Vincent Oliphant, gekomponeer en die Baaise mezzosopraan, Lucretia Sik...

Toename in kubermisdaad 29.10.2021

Watter impak het kubermisdaad op besighede? Hoe kan jy jou besigheid hierteen beskerm?

Zani Brits se leerprodukte 28.10.2021

Zani Brits staan met een been in die toerismebedryf en ‘n ander in die leerbedryf. Johan Rademan het gaan uitvind hoekom party leergordels so maklik rek, terwyl ander hulle vorm behou.

Tapisseriekuns 28.10.2021

Entrepreneur Wilmie Smith vertel van tapisserieë wat sy in funksionele kunswerke omskep.

Geldgids - Episode 17 28.10.2021

Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se nuwe reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Geldverwante begrippe onder die letter D word deur Riaan Lindeque en Eduan Basson, albei verbonde aan HGG Finansiële...

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.