RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Jou regte met dienslewering 18.11.2021 8:43
Prokureur Trudie Broekmann vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe jy lakse stadsamptenare en raadslede tot verantwoording kan roep wanneer daar swak dienslewering is.
Theuns Jordaan (1971 - 2021) 17.11.2021 5:32
Eddie Mathewson deel sy herinneringe aan Theuns Jordaan. Eddie was die bestuurder van handelsmerkuitbreiding en spesiale projekte by Huisgenoot, en het by Skouspel en die Huisgenoot-verhoog by die KKNK baie nou met Theuns saamgewerk.
Olifanttandpatrone 17.11.2021 21:54
Prof. Erich Raubenheimer gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor olifanttandpatrone waarin hy ‘n doktorsgraad gedoen het.
Hoogste bome 17.11.2021 14:30
Izak van der Merwe en Leon Visser vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die hoogste boom in Afrika, en die hoogste geplante boom ter wêreld wat verlede week gemeet is.
Ainsley Moos, nuwe voorsitter van US-raad 16.11.2021 19:37
Ainsley Moos gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy loopbaan, onder andere as redakteur van die Landbouweekblad en Volksblad, en sy nuwe rol as voorsitter van die raad van die Universiteit Stellenbosch.
Curtley Jones se gedigte by McGregor Gedigtefees 16.11.2021 7:06
Curtley Jones gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy digkuns en deelname aan die naweek se Gedigtefees op McGregor.
Erfenishuise 16.11.2021 9:37
Claude McKirby vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink wat om in gedagte te hou wanneer jy 'n geskiedkundige- of erfenishuis koop.
Marimbafees 15.11.2021 8:51
Joan Lithgow vertel vir Martelize Brink van die grootste internasionale Marimbafees wat tans plaasvind.
Sorgsentrum vir volwassenes op outismespektrum 15.11.2021 10:40
Haidee Muller-Isaacs het gaan inloer in by Huis SJ Marais op Bonnievale, ‘n sorgsentrum vir volwassenes op die outismespektrum. Thia Wentzel en haar man Henk het die sorgsentrum begin omdat hulle nêrens ‘n sorgsentrum vir hulle 21-jarioge seun kon kry nie.
Help suurstofbehandeling vir Lang-Covid? 15.11.2021 9:46
In die Baai is daar al heelwat mense wat hiperbariese suurstofbehandeling gaan opsoek het nadat hull erge Covid-19 onder lede gehad en daarna gevoel het hulle kom net nie reg nie. Mariska Spoormaker het die suurstoftonnel gaan beproef, en daarna met ‘n paar mense wat daardeur is, gepraat. Maar eers het Beverley Clarke vir Mariska gehelp om in die tonnel te klim.
Brandvoorkoming in graanlande 15.11.2021 9:55
Pieter Rossouw praat oor brandvoorkoming in die Overberg se graanlande.
Henning van Aswegen en Flippie van der Merwe kyk terug 12.11.2021 14:33
Karperde, of is dit nou stootperde, in die voorry? Henning van Aswegen en Flippie van der Merwe het in 1981 teen die magtige All Blacks geskrum. Johan Rademan het by die 1981-Bokreünie met die twee Boklegendes gesels. Flippie was ‘n makrostut, en het die skaal op 132 kg getrek. Hy is 1,96 meter lank. Sy seun Flip het ook Suid-Afrika in die slotposisie verteenwoordig. Henning van Aswegen...
Hempies du Toit kyk terug 12.11.2021 10:16
Hempies du Toit het vier toetse en ‘n verdere 11 wedstryde in die jare tagtog vir die Springbokke gespeel. Hy is vir die eerste keer na Suid-Amerika, maar het nie ‘n toetsgeleentheid gekry nie. Die volgende jaar is hy beloon teen die All Blacks in die nou al bekende meelbomtoer van die Kiwis, wat opgevolg is met ‘n toer na Amerika. Johan Rademan het by die 1981-toerreünie met Hempies gesels.
Elana Greyling bemagtig landelike vroue 12.11.2021 7:37
Elana Greyling vertel vir Martelize Brink van haar werk om landelike vroue in Limpopo te bemagtig, om op te staan teen ekoreg-oortredings.
Watter versoeters is goed vir jou? 12.11.2021 10:01
Dieetkundige Irene Labuschagne beantwoord vrae oor versoeters, waaroor mense altyd wonder.
Geldgids - Episode 19 11.11.2021 13:54
Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se nuwe reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. In GeldAlfabet bespreek Eduan Basson, gesertifiseerde finansiële raadgewer verbonde aan HGG Finansiële Groep, geldve...
"Staatsamptenare moet met plaaslik vervaardigde motors ry" 11.11.2021 8:16
Marnus Hattingh praat oor die impak wat dit sou hê indien staatsamptenare met Suid-Afrikaans vervaardigde voertuie sou ry.
Erica Terblanche se avontuurlike lang asem 10.11.2021 19:49
Erica Terblanche vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van haar avonture as een van Suid-Afrika se top avontuurresies- en langafstandatlete.
Cornel Landman se klein begin 10.11.2021 11:36
Haidee Muller-Isaacs kuier by Cornel Landman op die plaas, Karoo Lusern. Dié jong boer vertel vir Haidee hoe hy met slegs R1 500 in die bank aan sy drome begin bou het. Vandag pluk hy die vrugte daarvan.
Projek om skoliere op skool te hou 10.11.2021 7:15
Colleen Brocker vertel van die Lights on After School-projek waar hulle skoliere gemotiveerd gehou het deur die jaar, en spesifiek gepoog het om hulle in die skool te hou.
Braaihout 09.11.2021 7:36
Wanneer ons braai, is ‘n houtvuur eerste prys. Daar is ‘n verskeidenheid van houtsoorte in Suid-Afrika, en veral uitheemse hout word aanbeveel vir vuurmaak om inheemse bronne te bewaar. Jacqui January gesels met Christo Mienie, ‘n houtkapper en -verspreider, oor rooi- en witbloekom, hardekool en kameeldoring.
Skole se betrokkenheid in die gemeenskap 09.11.2021 9:46
André Cilliers vertel van skole se betrokkenheid in hulle gemeenskap aan die hand van Primêre Skool Worcester se projekte.
“Betrek tradisionele leiers by Wildekus-bewaring” 09.11.2021 9:59
Moeilike tye lê voor vir die natuurbewaring van die Wildekus indien tradisionele leiers nié by die bewaringspogings ingesluit word nie. Dr. Div de Villiers, hoof van die Groen Skerpioene in die Oos-Kaap en nagenoeg 38 jaar 'n natuurbewaringsbeampte, het tot dié gevolgtrekking gekom in sy doktorale navorsing oor natuurbewaring aan die Wildekus. Mariska Spoormaker het met hom gepraat.
Platform vir kortfilms 09.11.2021 7:21
Liza du Plessis vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van 'n platform vir kortfilms om rolprentmakers te ondersteun.
Kariega se turksvykoningin tree af 08.11.2021 9:47
Ouma Rosie, Kariega se turksvykoningin, het afgetree. Genadiglik nie van die turksvykookpotte nie, maar wel van haar loopbaan by die Uitenhage Historiese Museum. Sy is die 65-jarige Rosie Mtyingizane, wat benewens haar turksvykookkuns, ook dekades lank ‘n gids was by die Cuyler Plaasmuseum. Mariska Spoormaker het met haar in haar huis in KwaNobuhle gaan praat.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.