RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
‘n Hartsplek vir weerlose grootmense 29.11.2021 9:43
Op Kariega, vroeër bekend as Uitenhage, word daar hard gewerk by die Drostdy-Werkplek vir Volwasse Verstandelik Gestremdes om die verpletterende gevolge van die pandemie en gepaardgaande inperkings te oorleef. Mariska Spoormaker het die sentrum besoek.
Seeekatte, krappe en krewe herklasifiseer as diere met gevoel 29.11.2021 8:01
Tinus Beukes praat oor die Verenigde Koninkryk wat seekatte, krappe en krewe herklasifiseer het as diere met gevoel, en nou beskerm word onder hulle dierebeskermingswette.
Voetslaan sit in Peet (77) se gene 26.11.2021 9:01
As daar nou ‘n man is wat jou enigiets van enige voetslaanroete in en om Nelson Mandelabaai kan vertel, dan is dit die 77-jarige Peet Claasen. Die plaaslike voetslaanklub, Voetsac, het hulle toekenning vir die klub se ywerigste voetslaner na hom vernoem. Mariska Spoormaker het saam met hom gaan stap om te hoor waar alles begin het.
Drakensberg Seunskoor 26.11.2021 12:25
Vaughan van Zyl en Walther de Bruin gesels met Martelize Brink oor die Drakensberg Seunskoor se suksesvolle jaar, en die toer waarmee hulle besig is.
Janja se gewigsverlies 26.11.2021 10:54
Dis baie maklik om raad te kry oor hoe om gewig te verloor. Die internet het ‘n legio diete, jou vriende het elkeen hulle eie resep. Die realiteit is egter vir baie van ons ‘n totale ander storie. Jacqui January gesels met Janja Wills, ‘n 35 jarige vrou wat 95 kg in drie jaar verloor het! Sy het egter weer 50 kg opgetel het, en die stryd duur voort.
Geloofsgroepe mobiliseer teen geslagsgebaseerde geweld 26.11.2021 13:23
Prof. Charlene van der Walt vertel vir Martelize Brink hoe die Faith Action Collective geloofsgroepe mobiliseer teen geslagsgebaseerde geweld.
Oom Duggie se kroegstories 25.11.2021 10:02
Haidee Muller-Isaacs kuier by Oom Duggie in die kroeg by die Klapmuts hotel. Oom Duggie was net 20 jaar oud toe hy by die hotel begin werk het in 1961. Hy is vandag 80 jaar oud, en Haidee het gaan inloer om na sy kroegstories te luister.
Renosterveldbewaring 25.11.2021 8:21
Grant Forbes vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Renosterveldbewaring in die Overberg, en tegnologie wat nou daarmee help.
Geldgids - Episode 21 25.11.2021 13:54
Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se nuwe reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. In GeldAlfabet bespreek Eduan Basson, gesertifiseerde finansiële raadgewer verbonde aan HGG Finansiële Groep, en pro...
Filantropie 25.11.2021 10:37
Sophia van Rensburg vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe die afgelope twee jaar mense dwing om anders te kyk na filantropie.
Colin Beck en Danie Gerber kyk terug 24.11.2021 11:25
Colin Beck het as jong speler vininig groot geraak tydens die 1981-Springboktoer. Hy het onder andere saam met Danie Gerber in die middelveld teen die All Blacks uitgedraf, en ook sy eerste en enigste volledige toets teen die USA Eagles gespeel. Johan Rademan het met dié senterpaar met die byname Klaas Vakie en Doring van Despatch, tydens die Bokreünie gesels.
Carel du Plessis kyk terug 24.11.2021 11:19
Carel du Plessis het as studente-rugbyspeler die Springbokke in 1981 vergesel na Nieu-Seeland en die VSA. Die prins van vleuels is egter ingesluit as senter, en hy het die Bokke a.g.v. sportisolasie in slegs 12 toetse verteenwoordig, waarin hy vier drieë gedruk het. Johan Rademan het met Carel gesels, wat ook ná die sportisolasietydperk in 1997 die Bokke afgerig het
Mense van kort statuur 24.11.2021 10:55
Melanie Lubbe gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor mense van kort statuur, en die organisasie EQUAL CITIZENS OF SHORT STATURE SA wat onlangs gestig is.
Verbruikersboikotte 24.11.2021 8:15
Dr. Linda Meyer praat met Johan Rademan en Martelize Brink oor verbruikersboikotte.
Kleuters help kleuters 22.11.2021 8:52
Jacqui January was by ‘n kleuterskool, waar die kleintjies ‘n ander skool se kinders help om ‘n mondhigiënis te kan sien. Sy gesels daar met Mariette Wille, wat vertel hoe dit alles begin het.
Studie-uitbranding tydens eksamens 22.11.2021 8:13
Carike Verbooy gesels met Martelize Brink oor studie-uitbranding tydens eksamens.
Jakob en Maria Fortuin 22.11.2021 10:36
Jakob Fortuin en sy vrou, Maria, sit elke Dinsdag oorkant Haidee Muller-Isaacs se ouerhuis op Oudtshoorn. Dis die dag wanneer die vullistrok kom. Swaarkry ken hulle goed. Hulle speel Gospelmusiek kliphard op ‘n draadloos wat hulle oral saamdra. Hulle hond, Jokey, loop ook oral saam. Jakob sê die Gospelmusiek gee hom hoop. Haidee het by haar ouers op Oudtshoorn gekuier, en natuurlik moes sy meer ga...
Hulp vir slagoffers van geweld 22.11.2021 12:13
Marguerite Holtzhausen vertel vir Martelize Brink van die hulp wat beskikbaar is by The Trauma Centre vir slagoffers van geweld en marteling.
Willie Kahts en Rob Louw kyk terug 19.11.2021 13:14
Nadat die Springbokke van die 1981-meelbomtoer uit Nieu-Seeland weg is met ‘n 1 - 2 toetsreeksnederlaag, het hulle vir die eerste keer in ‘n amptelike toets teen die VSA uitgedraf. Die buitelandse druk was fel teen Suid-Afrika, en eerwaarde Jesse Jackson se naam was prominent as een van die teenstanders van die toer. Hoe het die spelers hierop gereageer, en hoe lewensveranderend was die ervaring?...
Thys Burger en Gysie Pienaar kyk terug 19.11.2021 10:44
Hoe het dit gebeur dat twee spelers van die Springbokke die vlagmanne was in die eerste amptelike toets tussen die Springbokke en die USA Eagles in 1981, en op die koop toe nog die vlag self moes maak? Die toets is op 25 September in Glenville, New York, gespeel. Die Bokke het 38 - 7 gewen. Johan Rademan het met Thys Burger en Gysie Pienaar by die 1981-reünie gesels.
Die Vlaamse klipkapper 19.11.2021 10:27
Joost Pyck, oorspronklik van Vlaandere, is ‘n klipkapper van beroep. Hy het onlangs George se tolhuis help restoureer. Hy het al 'n boek in Afrikaans gepubliseer, en binnekort is daar nog een. Hy het 11 jaar lank op Oudtshoorn gewoon, en het nou nes geskop op Klapmuts. Haidee Muller-Isaacs het gaan kyk hoe hy klippe kap.
Niewinsgewende rehabilitasiesentrum 19.11.2021 8:39
Biokinetikus Rayno Klaassen vertel vir Martelize Brink van die die Enable Sentrum in Kenilworth, 'n niewinsgewende rehabilitasiesentrum wat mense ná bv. motorongelukke, toegang tot hulle dienste gee.
Kliënte wou Bobby Ferreira nie laat gaan nie 18.11.2021 9:52
Sowat drie jaar gelede het ons met die Baaienaar Bobby Ferreira gepraat, wat al 50 jaar lank die eienaar van sy eie gimnasium was, en op 82-jarige ouderdom steeds fiksheidinstrukteur vir sy kliënte. Toe Bobby aan die einde van 2019 wou aftree, het sy jarelange kliënte al sy oefenapparaat by hom gekoop, en op ‘n nuwe perseel met die Bobby Ferreira Gimnasium aangegaan. Woensdae is hy steeds hulle fi...
Skarebestuur 18.11.2021 10:07
Dr. Johan Minnie vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe skarebestuur by groot geleenthede, soos musiekfeeste, gedoen word.
Geldgids - Episode 20 18.11.2021 13:54
Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se nuwe reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. In GeldAlfabet bespreek Eduan Basson, gesertifiseerde finansiële raadgewer verbonde aan HGG Finansiële Gro...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.