RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Voedingskema help met kosnood in Kaapstad 07.12.2021 8:23
Velia Davids vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die kosnood op die strate Kensington, Maitland, Vasco en Goodwood, en die voedingskema wat sy bestuur om die probleem aan te pak.
Rotsklim as sport 07.12.2021 8:52
Vanessa Clarke vertel van haar poging om jongmense betrokke te kry by rotsklim as sport, en om kompeterende atlete te ontwikkel vir die Olimpiese en Paralimpiese Spele.
Caren Kearley se skryfterapie 07.12.2021 7:04
Caren Kearley is ‘n digter wat by die dood omgedraai het ná ‘n ernstige motorongeluk. Haar herstel is moeisaam, en sy gebruik skryf as terapie om weer die lewe aan te pak. Sy is ook deel van Poetry Jam se First Fridays-projek, wat een maal ‘n maand in die Riebeekvallei se amfiteater plaasvind. Johan Rademan het met haar gesels.
Bruinsprinkane in die Karoo 07.12.2021 10:28
Johan Bouwer praat oor die bruinsprinkane in die Karoo uit die oog van ‘n herlewingsboer.
Stilbaai Sakekamer 06.12.2021 9:38
Rachel Wall vertel van die Stilbaai Sakekamer wat vereer is as die AHI se Sakekamer van die Jaar in die Wes-Kaap.
Judasbokke 06.12.2021 8:42
Rudi van der Westhuizen vertel vir Martelize Brink van die rol wat judasbokke by abbatoirs speel.
Agri-Expo vier 190 jaar 06.12.2021 8:54
Agri-Expo, die oudste landbougenootskap in Suid-Afrika, vier vanjaar sy 190ste bestaansjaar. Tydens hulle spesiale vieringe op die landgoed, Cavalli, buite Stellenbosch is prominente landbourolspelers vereer, en opwindende planne vir 2022 aangekondig. Haidee Muller-Isaacs was daar.
Bedankings bied herskeppingsgeleentheid 06.12.2021 7:16
Johann van Niekerk vertel vir Martelize Brink hoe die vlaag bedankings wat op hande is, ‘n geleentheid bied om ‘n onderneming te herskep.
Ant Rachel van Kylemore 03.12.2021 10:15
Ant Rachel Fortuin vertel vir Haidee Muller-Isaacs van Kylemore se geskiedenis, en hoekom sy haar hartsplek met 'n lappieskombers vergelyk. Haidee hoor ook dat Kylemore se mense mooi sing omdat hulle putwater drink, en dan is daar 'n vermaaklike storie oor hoe die mense glo desjare daar leer swem het.
SA Films vir Netflix 03.12.2021 7:11
Nadine Cloete gesels met Martelize Brink oor ses Suid-Afrikaanse filmprojekte wat saam met Netflix aangepak word.
SA se liefde vir hoendervleis 03.12.2021 9:39
Die hoenderbedryf is die tweede grootste, naas die mieliebedryf, in die Suid-Afrikaanse voedelmark. Daar word 4-miljoen hoenders per dag geslag om te voldoen aan die vraag na dié gesogte vleissoort. Izaak Breytenbach van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging vertel vir Jacqui January van ons grooooot liefde vir hoendervleis.
Avontuur en rolmodelle vir jong mans 03.12.2021 8:55
Maarten Laubscher gesels met Martelize Brink oor die Lighthouse Bros se aanslag om avontuur te gebruik om ‘n verskil te maak in die lewe van jong mans.
Despatch-leerlinge jubel oor hul ‘beste’ onderwyser 02.12.2021 8:39
Die leerlinge van Hoërskool Despatch jubel nadat Kosie Smit, hulle fisiese natuurwetenskappe onderwyser, uit 700 genomineerde onderwysers landwyd deur Solidariteit se Onderwysgilde as die Hoërskool-onderwyser van die Jaar aangewys is. ‘n Paar van die leerlinge het vir Mariska Spoormaker vertel hoe hulle voel.
Die geweld van geslagsgebaseerde geweld 02.12.2021 11:19
Zonja Penzhorn gesels oor die term, geslagsgebaseerde geweld, wat die werklike geweld verdoesel.
Geldgids - Episode 22 02.12.2021 13:54
Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se nuwe reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Ons paneel kundiges wat geldverwante begrippe onder die letter I bespreek, is Niek van den Berg, en Eduan Basson, ve...
Gestremdes se toegang tot die arbeidsmark 02.12.2021 7:49
Anel Stofberg praat oor toegang tot die werksmag vir mense met gestremdhede.
Oom Hannes se trekkers 01.12.2021 11:38
Haidee Muller-Isaacs gesels trekkers en nogmaals trekkers met oom Hannes Rheeder van Kraaifontein.
Rijksmuseum se uitstalling oor slawerny 01.12.2021 7:58
Linda Diedericks vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Rijksmuseum in Amsterdam se uitstalling oor slawerny in die Nederlandse koloniale era, wat Suid-Afrika insluit.
Krotoa Eva van de Kaap 01.12.2021 10:29
Sylvia Vollenhoven vertel van die musiekteater, Krotoa Eva van de Kaap, wat amper deur die Covid-vlugverbod in die wiele gery is.
Vrywilligers in die stryd teen MIV en Vigs 30.11.2021 6:18
Laverne Stebbing gesels oor die rol van vrywilligers in die stryd teen MIV en Vigs.
Stompkopkewer 30.11.2021 11:29
Prof. Francois Roets praat oor die vordering in navorsing oor die stompkopkewer wat die bome teister.
Digitale mededingendheid 30.11.2021 8:11
Samara Cloete praat oor Suid-Afrika se digitale mededingendheid.
Regte van mense met gestremdhede 30.11.2021 6:44
Marina Clark gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die realiteit van die regte van mense met gestremdhede.
Neurogedrag in die werkplek 29.11.2021 8:21
Dr. Etienne van der Walt praat oor neurogedrag in die werkplek.
Geslagsgebaseerde geweld 29.11.2021 9:29
Wendy Pekeur praat oor plaaslike gemeenskapsorganisasies en gemeenskapsreaksie op geslagsgebaseerde geweld.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.