RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Die Boer verrys uit die Covid-as 27.12.2021

Dit was so hittete of Jurg Human en Margit Meyer-Rodenbeck se geliefde restaurantteater in Durbanville het sy deure gesluit. Haidee Muller-Isaacs was daar om te hoor hoe dit nou gaan. Hulle deel hulle gunsteling herinneringe van hierdie hartsplek, en hulle raad aan ander wat dalk ook op moedverloor se vlakte sit.

Hulde aan die Arch 27.12.2021

Marguerite Holtzhausen praat oor die rol wat emiritus-aartsbiskop Desmond Tutu gespeel het as beskermheer van The Trauma Centre for Survivors of Violence and Torture in Woodstock.

Ismail is ‘n veldwagter danksy Trompie en die Boksombende! 24.12.2021

Dit klink amper te goed om waar te wees, maar was dit nie vir Trompie en die Boksombende nie, dan sou Ismail Mathyse nooit ‘n veldwagter geword het nie. Deesdae is hy deel van die honde-teenstropingseenheid in die Addo-olifant nasionale park. Mariska Spoormaker het met hom gepraat.

Theuns Stofberg dink terug 24.12.2021

Theuns Stofberg het as flank en slot saam met die 1981-Bokke op die meelbomtoer na Nieu-Seeland en die VSA gereis. Hy het saam met Wynand Claasen die bokke aangevoer, en die spelers moes dikwels wegkruip vir die betogers. Soms is hulle gevra om weens veiligheidsredes nie met die media of selfs hulle familie te kommunikeer nie. Theuns het ‘n mede-Vrystater toe ‘n lekker streep getrek. Johan Rademan...

Quinton Fortuin se Pniel 24.12.2021

Quinton Fortuin vertel vir Haidee Muller-Isaacs 'n paar staaltjies oor sy tuisdorp, Pniel.

Interhotel-kompetisie 24.12.2021

Rudi Liebenberg, die uitveorende sjef van die Belmond Mount Nelson, vertel van ‘n interhotel-kompetisie waar sy span met twee pryse bekroon is.

Kaapse Wynmakersgilde se protégé-program 23.12.2021

Victoria Davids vertel vir Martelize Brink van haar ervaring van die Kaapse Wynmakersgilde se protégé-program vir wynmaakstudente.

Charles Hopkins, mentor vir aspirantwynmakers 23.12.2021

Martelize Brink gesels met wynmaker Charles Hopkins wat meer protégés onder sy hande gehad het as enige ander wynmaker wat deel is van die program waar jongmense opgelei word op plase.

Geldgids - Episode 25 23.12.2021

Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Geldverwante begrippe wat onder die letter L val, word deur Niek van den Berg, Eduan Basson en Stephan van der Watt van H...

Die onbedoelde gevolge van staptogte 23.12.2021

Rupert Koopman gesels met Martelize Brink oor die onbedoelde gevolge van staptogte.

Landbou in Egipte 22.12.2021

Arthur Lilford vertel vir Martelize Brink van landbou in Egipte, en sy belewenis van die land as iemand wat daar werk.

Die opkoms van die tuisekonomie 22.12.2021

Dr. Linda-Louise Geldenhuys gesels met Martelize Brink oor die opkoms van die tuisekonomie.

Sea Love 22.12.2021

Adéle Grosse vertel vir Martelize Brink hoe haar stokperdjie 'n werk geword het, waar sy onderwatertonele op handdoeke en klere druk.

Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremhede 21.12.2021

Haidee Muller-Isaacs gesels met Therina Wentzel, die nasionale direkteur van die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremhede, oor die uitdagings wat hulle ervaar, die oplossings en opwindende planne vir 2022.

Agressie by katte en honde 21.12.2021

Veearts dr. Ingrid de Wet praat oor agressie by katte en honde.

Arthur Moore se derde Spartathlon 21.12.2021

Arthur Moore vertel vir Martelize Brink van sy derde deelname aan die Spartathlon, ‘n 246 km lange ultramarathon tussen Athene en Sparti, die moderne dorp waar die antieke Sparta was. Die afstand moet in minder as 36 uur afgelê word.

Greenpop wil halfmiljoen bome plant 21.12.2021

Carla Wessels vertel vir Martelize Brink van ‘n projek om bosse en woude herplant.

Barry Wolmarans dink terug 20.12.2021

Barry Wolmarans was ‘n uithalerskrumskakel op sy dag. Dié oud-Bok moes vinning aanpas van die harde Vrystaatse wintervelde van Sentraal Suid-Afrika na Nieu-Seeland se nat moddervelde. Johan Rademan het met hom gesels tydens die reünie van die 1981 toer, 40 jaar later.

Wenke vir 'n gelukkige Kersfees 20.12.2021

Udette Kirsch gee vir Martelize Brink gedragswetenskapwenke vir 'n gelukkige Kersfees.

Sakebesluite en water 20.12.2021

Caroline Gelderblom vertel vir Martelize Brink van die WWF se platform, wat ondernemings kan gebruik om sakebesluite in verband met water te neem.

Oom Ockie Botha se liefde vir die plaaskinders 19.12.2021

Haidee Muller-Isaacs het op Oudtshoorn by oom Ockie Botha gaan kuier. Hy was 'n welbekende en geliefde boer in die Voorbedacht-Matjiesrivierdistrik. Hy gesels oor die ou dae en sy liefde vir die plaaskinders van die vallei. Op die ouderdom van 90 klim hy steeds in sy kar en gaan deel vrugte uit vir hulle, selfs al woon hy al 'n hele ruk op die dorp. Sy hart lê steeds daar onder die Swartberge, sê...

Baai se oudste opgaardam onder die loep 17.12.2021

As ‘n mens na die geskiedenis kyk, was die Baai al verskeie kere in ‘n groot waterknyp. Om dit te oorkom, is daar al in die laat 1800's begin om die Van Stadensrivier se water op te vang en dit via ‘n pypleiding bykans 47 km verder na Port Elizabeth te voer. Hierdie inligting is vervat in die boek, Streams of Life deur David Raymer, ‘n voormalige stadswateringenieur. Hy het Mariska Spoormaker na d...

Hoenders by die huis 17.12.2021

Christo Botha vertel vir Martelize Brink hoe jy te werk moet gaan om hoenders by die huis aan te hou.

Johan Viljoen se passie vir droëvrugte 17.12.2021

Weet jy wat die verskil is tussen 'n pruim en 'n pruimedant? Johan Viljoen van Wellington vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy passie vir droëvrugte. Hy werk al langer as 30 jaar in dié bedryf.

Bagasieveiligheid 17.12.2021

Ricardo Coetzee gee vir Martelize Brink wenke oor hoe om jou bagasie te beveilig wanneer jy vlieg.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.