RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Peter Veldsman word 80 12.01.2022

Kospersoonlikheid Peter Veldsman gesels met Johan Rademan en Martelize Brink op sy 80ste verjaarsdag.

Meneer Waardes 11.01.2022

Haidee. Muller-Isaacs gesels met Enrique Pietersen oor sy liefde vir die Dysselsdorp-gemeenskap en die kinders, waar daar soms geen hoop is nie. Sy hooor hoekom daar na hom verwys word as Meneer Waardes.

'n MBA op 73 11.01.2022

Prof. Andries Stulting vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink waarom hy op 73 ‘n MBA verwerf het.

Honde-opleiding 11.01.2022

Claire Grobbelaar praat oor die nodigheid van honde-opleiding, en gee raad oor hoe om dit by die huis te doen.

Regulering van aanlynskole 11.01.2022

Samara Cloete gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die regulering van aanlynskole.

Vleisvervangers 10.01.2022

Dieetkundige Irene Labuschagne praat oor plantaardige vervangers vir vleis, soos seitan.

Jeugklub in die Paarl 10.01.2022

Elviza May vertel vir Martelize Brink van die Exposure Youth Club in die Paarl wat kinders van die straat af hou met kreatiewe kunsvorme.

Seester-reddingsoperasie 10.01.2022

Jaco Pieterse gesels met Martelize Brink oor ‘n seester-reddingspoging.

Doen dít voor jy bedank 10.01.2022

Dr. Linda Meyer vertel wat jy in gedagte moet hou voor jy jou werk bedank.

Nuwejaarsvoornemens wat hou 07.01.2022

Erica Terblanche praat oor positiewe sielkunde en nuwejaarsvoornemens wat hou.

Piouterware van die Oranjemund-skeepswrak 07.01.2022

Maggi Loubser vertel Martelize Brink van die piouterware wat herwin is van die Oranjemund-skeepswrak, die oudste skeepswrak nog wat aan die Sub-Sahara kus gevind is.

Dubbelbandslangarend word krities bedreig 06.01.2022

Dr. Christiaan Brink vertel vir Martelize Brink van die kritiesbedreigde dubbelbandslangarend.

Geldgids - Episode 27 06.01.2022

Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Geldverwante begrippe wat onder die letter N val, word bespreek deur Tina Thiart, direkteur van HHG NPO Sustainability So...

Die Hoorn se slangvanger 05.01.2022

Haidee Muller-Isaacs gesels met Morné Thysse, die Hoorn se slangvanger. Morné werk al 34 jaar lank vir Oudtshoorn se munisipaliteit - 21 jaar daarvan as slangvanger. Hy sê hy is dol oor sy werk, het respek vir slange, en daarom is hy nooit bang wanneer hy hulle moet vang en na veiligheid neem nie.

Beaufort-Wes Museum 04.01.2022

Die bestuurder van die Beaufort-Wes Museum, Vuyiseka Myakala, vertel vir Martelize Brink wat mens alles by die museum kan besigtig.

Bulprojek vir opkomende boere 04.01.2022

Prof. Ters Brand vertel van 'n projek waar top teelbulle aan opkomende kleinboere in die Wes-Kaap verskaf word om hulle kuddes te verbeter. Sharon February praat ook oor die voordeel wat sy en haar man uit die bulprojek kry.

Fynboskorridors 03.01.2022

Deon Louw van Greenpop vertel van die fynboskorridors wat in samewerking met skole op die Kaapse Vlakte aangelê word.

Bennie Arends se skoolkoor 03.01.2022

Haidee Muller-Isaacs gesels oor die heel eerste, en ook die heel laaste, langspeelplaat van Oudtshoorn se Môrester Senior Sekondêre Skoolkoor, wat in 1973 gemaak is. Die koorleier destyds was Bennie Arends. Haidee het vir hom op haar tuisdorp gaan kuier.

Kaapstad se unieke Oujaarstradisies 31.12.2021

Suid-Afrika het unieke Oujaarstradisies. Tabied Dante, ‘n lid van die uitvoerende komitee van die Kaapse Maleierkoorraad, is al 22 jaar lank betrokke by die koor as afrigter, en ook by die Kaapse Klopse. Hy vertel van die Oujaarsaandlopies of staptogte en wat die verskil is tussen die Maleierkoor en die Kaapse Klopse.

Die onsterflike klanke van The Invaders 31.12.2021

The Invaders, ‘n popmusiekgroep wie se liedjies heelwat lewens bygekry het sedert hulle laaste album, THERE’S A LIGHT, THERE’S A WAY, 46 jaar gelede uitgereik is. Hulle musiek is steeds só gewild dat die DAK-netwerk ‘n standbeeld vir hulle op hulle tuisdorp, Kariega, wil oprig.

Die Baai se water kom van ver af 30.12.2021

En nou is ons weer terug by die Van Stadensrivier, waar die Baai se eerste opgaardam in 1885 opgerig is om toe al die droogtegeteisterde streek se dors te help les. Mariska Spoormaker praat verder met David Raymer, gewese munisipale wateringenieur, oor die tweede dam wat in die Van Stadensrivier gebou is om bykomende water na die groeiende Port Elizabeth via pyplyne te stuur. In 'n vorige afleweri...

Geldgids - Episode 26 30.12.2021

Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Geldverwante begrippe wat onder die letter M val, word bespreek deur Linda van Greunen, direkteur van die Trust-sake-eenh...

Van argivaris tot boekmaker 29.12.2021

Haidee Muller-Isaascs kuier by Lizeth Horstink, 'n oudargivaris van die SAUK wat na haar aftrede besluit het om ou boeke te herstel en om notaboeke te maak. Sy vertel van die vreugde wat dit aan mense verskaf wanneer sy hulle ou geliefde boeke herstel. Haidee het in haar werkswinkel by haar huis in Somerset-Wes gaan inloer.

Wynand Claassen kyk terug 28.12.2021

Wynand Claassen het tydens die hoogtepunt van Afrikanernasionalisme as ‘n liberale argitekstudent die Springbokke in Nieu-Seeland aangevoer tydens die meelbomtoer. Sy styl het baie gehelp om saam met spelers soos Rob Louw en Errol Tobias die kritiese buitelandse media te woord te staan. Sy droom om vir die Bokke teen die All Blacks te speel, het soms na aan ‘n nagmerrie gedraai, en met twee wedstr...

Openbarings en insigte oor die pandemietyd 28.12.2021

Dr. Linda-Louise Geldenhuys gesels oor die openbarings en insigte wat op vele vlakke van die lewe uit die pandemie na vore gekom het.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.