RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Man van Kariega trap ‘n wêreldrekord op sy fiets los 31.01.2022 7:46
Dink net… vir 365 dae ry jy elke dag 100 km plus op jou fiets. Dit word deur die Strava-toep op jou foon gemeet, dus is daar geen gekroekery nie. Dit klink ongelooflik, maar nie vir Johan Oosthuizen van Kariega nie. Trouens, dit lyk nou asof hy ‘n wêreldrekord opgestel het. Mariska Spoormaker het Johan by die Baaise strandfront aangetref, en hom gevra om haar meer van sy fietsry te vertel.
Kners jy op jou tande? 31.01.2022 8:29
Dr. Wim de Beer praat oor tandekners en hoe dit meer gereeld voorkom sedert die pandemie ons getref het.
Internasionale steun vir hardwerkende matriek 28.01.2022 8:26
Hierdie is die storie van ‘n hardwerkende matriekseun, ‘n joernalis, en ‘n weldoener in Amerika. Dylon Baartman, verlede jaar se hoofseun van die Hillside Technical High School in die Baai, staan in die hoofrol. Skaars het ‘n berig oor hom in die koerant en aanlynweergawe daarvan verskyn, of ‘n expat in Amerika besluit om betrokke te raak. Roslyn Klaasen, ‘n vryskutjoernalis wat die storie oor Dyl...
DNS-ontleding se rol in voeding 28.01.2022 8:51
Dr. Martie de Wet vertel vir Martelize Brink van die rol wat DNS-analise in voeding speel.
Laaste van Kaapse Impressioniste lê sy kwasse “gedeeltelik” neer 28.01.2022 12:12
Jacqui January gesles met die laaste van die Kaapse Impressioniste, wie se gesogte meestertukke pryk in museums en korporatiewe- en privaatversamelings, hier en internasionaal. Die Namakwalander, Conrad Theys, het sy verfkwasse nou “gedeeltelik” neergelê.
Bewegings wat leefstylneigings bepaal 28.01.2022 7:53
Mardré Meyer praat oor groter bewegings wat ons leefstylneigings bepaal.
Elkeisa se nuwe suurstofmasjien 27.01.2022 10:22
Die elfjarige Elkeisa Jacobs van die Sandsakkies op Dysselsdorp moes 2014 die skool verlaat as gevolg van haar mediese toestand. Sy is met brongiëktase gediagnoseer. Dis 'n kroniese longsiekte, wat beteken daar is ‘n permanente vergroting en dilatasie van die gedeeltes van die lugweë van die long. Dit kan nie herstel word nie, en lei daartoe dat slym in Elkeisa se lugweg opbou. Sy moet so te sê 24...
Ekodrukwerk 27.01.2022 11:36
Ira Bekker vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe sy natuurlike produkte uit die veld of tuin vir drukwerk gebruik.
Geldgids - Episode 30 27.01.2022 13:54
Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Geldverwante begrippe wat onder die letter R val, word bespreek deur Niek van den Berg en Hannes Bester van HGG se Welvaa...
Wakker tydens breinoperasie 27.01.2022 11:36
Kliniese hipnoterapeut en psigoterapeut, dr. Elmari Mulder Craig, en neurochirurg dr. Francois Swart vertel van 'n breinoperasie op 'n pasiënt wat wakker was tydens die operasie. Dr. Mulder Craig het hom voorberei met hipnose, en het hom tydens die operasie bygestaan.
Lesley de Reuck se stadion 26.01.2022 29:46
Lesley de Reuck, die bestuurshoof van die Kaapstadstadion, gesels oor sy liefde vir sport en die uitdagings om hierdie ikoniese stadion te bestuur.
Hoe vertel my kinders ek het ‘n nuwe maat? 26.01.2022 8:47
Kindersielkundige dr. Truida Botha vertel hoe jy die nuus aan jou kinders moet breek dat jy ‘n nuwe lewensmaat het.
Una se wedloop 26.01.2022 8:02
Oudpolisiekolonel Una Saayman vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar grootworddae op Mosselbaai, en hoe sy later in haar lewe die wonder van wedlope ontdek het.
Indringerbome in voordelige koolstofproduk omgeskakel 25.01.2022 9:30
Die Baai spog met een van die eerste aanlegte in Suid-Afrika waar indringerhout en plantmateriaal deur ‘n vergassingsproses in ‘n hoëgraad koolstofproduk omgeskakel word. Dié koolstofproduk kan met groot voordeel in die landbou, mynbou en mediese veld aangewend word. Mariska Spoormaker het by die aanleg naby Seaview gaan inloer, en Japie Buckle, direkteur van Hive Ecosystems, daar aangetref.
Sien só om na jou senior troeteldiere 25.01.2022 9:23
Veearts dr. Ingrid de Wet praat oor die behoeftes en skete van senior troeteldiere.
Die uitdagings met FM-senders - Deel 2 25.01.2022 10:23
Jaap Lourens van Sentech vertel vir Martelize Brink van die uitdagings met FM-senders in Suid-Afrika, en hoe die onderhoud- en instandhoudingsprosesse werk.
Positiewe stories van Hanover Park 25.01.2022 9:00
Denver Andrews vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hy die positiewe kant van Hanoverpark vir die wêreld wys.
Pastorale narratiewe terapie 24.01.2022 8:20
Elize Barnardt vertel vir Martelize Brink wat pastorale narratiewe terapie behels.
Tannie Lokkie van Velddrif - Deel 2 24.01.2022 8:46
Tannie Lokkie van Zyl van Velddrif vertel van die streek se stories en die vissermanne wat eens op ‘n tyd baie bedrywig in Bokkomlaan was.
Gekleurde diamante 24.01.2022 9:15
Dr. Petre Prins vertel vir Martelize Brink van gekleurde diamante, i die lig van groot swart Enigma-diamant wat binnekort opgeveil sal word.
Die see is die rusplek van hulle voorvaders 21.01.2022 13:21
Die sage rondom Shell se voorgenome planne om seismiese opnames in see aan die Wildekus te doen in hulle soeke na moontlike gas- en oliebronne, het een baie interessante punt laat uitstaan – die die spirituele belangrikheid van die see vir die amaPondo en die amaXhosa. Regter Gerald Bloem het in die Hooggeregshof in Makhanda bevind dat Shell sy seismiese opnames moet staak tot daar ‘n volledige im...
Derrich Gardner se foto's van Johannesburg 21.01.2022 9:34
Derrich Gardner vertel vir Martelize Brink van sy fotografiestokperdjie en uitstalling.
Karateklasse in Delft 21.01.2022 7:49
Sensei Reuben Snell vertel vir Martelize Brink van karate- en naskoolse klasse vir die kinders van Delft.
Die DBV en wilde diere 21.01.2022 9:02
Belinda Abrahams vertel vir Martelize Brink van die werk wat die DBV se afdelimg vir wildediere doen.
Paternoster se vuurtoring 20.01.2022 10:37
Paternoster is ‘n klein kusdorpie aan die Weskus naby Saldanhabaai. Een van die land se belangrikste vuurtorings is in dié kusdorp. Daar is nie minder nie as 45 vuurtorings in Suid-Afrika. Die meeste van hulle word steeds beman met behulp van gevorderede tegnologie. Jacqui January gesels met die vuurtoringwagter by die Kaap Columbine-vuurtoring op Paternoster.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.