RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

1659-Toekenning vir Visionêre Leierskap 09.02.2022

Carmen Stevens vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die 1659-Toekenning vir Visionêre Leierskap wat sy vir haar werk in die wynbedryf ontvang het.

Die klavierstemmer wat nie klavier kan speel nie 08.02.2022

Haidee Muller-Isaacs gesels met klavierstemmer Werner Stolze. Hy versamel klaviere want dit is vir hom mooi, maar hy kan nie klavierspeel nie! Jy kan egter niks vir Werner vertel van hoe ‘n klavier moet klink nie.

George Ou Motorskou - 25 jaar 08.02.2022

Die George Ou Motorskou is vanjaar ‘n kwarteeu oud. Leonare Fick, die weduwee van die stigter, Paul, vertel staaltjies van die skou oor die dekades.

Troos- en sekuriteitshonde 08.02.2022

Daar word baie gepraat van trooshonde en sekuriteitshonde, maar wanneer is dit regtig so? Aan watter vereistes moet die hond en sy hanteerder voldoen? Mariska Spoormaker praat hieroor met Beverley Rademeyr, ‘n inspekteur by die Animal Anti Cruelty League in die Baai.

Bergzicht Opleidingsentrum - 30 jaar 08.02.2022

Luisa le Roux en Kirstin Bengtson vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Bergzicht Opleidingsentrum wat gratis opleiding aan werkloses gee. Die sentrum is vanjaar 30 jaar oud.

Veilige internetdag 07.02.2022

Lynette Kamineth vertel van Veiliger Internetdag wat op 8 Februarie gevier word.

Bettie Jas Milford van die myne 07.02.2022

Die bemagtiging van vroue is al redelik gevestig is Suid-Afrika. Dit bly egter ‘n inspirasie om te hoor van vroue wat hulle mooi vroueskoene vir veiligheidstewels verruil, en ‘n groot verskil en sukses daarvan maak. Jacqui January vertel van ‘n vrou wat in die mynbedryf haar merk gemaak het.

Spelifikasie 07.02.2022

Nadine Blom praat oor spelifikasie om kinders in ‘n aanlynomgewing beter te laat leer.

Belastingaftrekkings vir donasies 07.02.2022

Liza Mostert van die Nasionale Seereddingsinstituut vertel vir Martelize Brink van die belastingaftrekkings wat jy kry met skenkings aan geregistreerde niewinsgewende organisasies soos die NSRI.

Die dominee en die ouderling se mooi liefde 04.02.2022

Ds. Priscilla Botha van Carletonville vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar wittebrood met Koos, 'n ouderling in haar gemeente. Albei het hulle lewensmaats twee jaar gelede aan die dood afgestaan. Moenie laat verlies jou laat vries nie, sê Priscilla.

Gqeberha se 2de droogste Januarie in 100 jaar 04.02.2022

Met Januarie as die tweede droogste maand in 'n 100 jaar in Nelson Mandelabaai, is die opgaardamme se waterinhoud steeds bedenklik. Verskeie woongebiede het al vir periodes sonder water gesit. Die sink van boorgate en die herstel van lekkasies is van die munisipaliteit se pogings om water te bly voorsien. By die Nottingham-reservoir is ‘n boorgat gesink. Dié water sal direk in die reservoir gepomp...

Bergvleiland 04.02.2022

Pierre de Villiers vertel vir Martelize Brink van die Bergvleiland wat tot Ramsargebied verklaar is.

Figitaal 04.02.2022

Charl Edwards gesels met Martelize Brink oor die term, figitaal, en hoe 'n mengsel van die digitale en regte wêreld deur ondernemings aan verbruikers gebied word.

Loof die Here word 50 03.02.2022

Magdaleen Kruger vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die 50 jaar vieringe van die RSG program, Loof die Here.

Eerste vollengte toneel by Kunstekaap ná Covid 03.02.2022

Die eerste vollengte toneel by Kunstekaap ná Covid is ‘n produksie uit 1995, Love, Valour, Compassion. Die produksie het ‘n Tony-toekenning aan die skrywer, Terrence McNally, besorg. Dit is in 1997 ook as ‘n film vervaardig. Johan Rademan het by Kunstekaap gaan inloer.

Geldgids - Episode 31 03.02.2022

Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Geldverwante begrippe wat onder die letter S val, word bespreek deur Hendrik Gerryts, HHG se bestuurshoof, en Niek van de...

Die vele gebruike van alge 03.02.2022

Dr. Mariette Smart vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die vele gebruike van alge, wat selfs brandstof insluit.

Rolprent gemaak oor Gerrie Coetzee 02.02.2022

Koos Roets gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die rolprent wat gemaak word oor Afrika se eerste swaargewig-wêreldkampioen, Gerrie Coetzee.

Alice Krige 02.02.2022

Alice Krige gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor haar loopbaan as internasionale aktrise.

Wilde sampioene en swambewaring 02.02.2022

Dr. Marieka Gryzenhout gesels oor wilde sampioene en swambewaring.

Liggaamspositiwiteit 01.02.2022

Jill Lievenberg en Carryn-Ann Nel gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor liggaamspositiwiteit.

Beligting vir jou huis 01.02.2022

Royzanne M. Kampher praat oor beligting wat beïndruk as huisontwerpneigings in 2022.

Die rol van vlieë in die natuur 01.02.2022

Prof. Erik Holm praat oor die rol van vlieë.

Tekens van gehoorverlies by kinders en volwassenes 31.01.2022

Haidee Muller-Isaacs gesels met Hendriena Pieterse, 'n oudioloog van Johannesburg, oor die tekens van gehoorverlies by kinders en volwassenes, en wanneer jy wel vir 'n gehoortoets moet gaan. Wanneer moet jy werklik bekommerd wees? Op watter ouderdom kan jy 'n kind se ore toets, en wat van jongmense en oorfone?

Nic Barrow se pad met klassieke musiek 31.01.2022

Nic Barrow vertel vir Martelize Brink van sy betrokkenheid by klassieke musiek oor die jare.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.