RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Frans Swart gesels desjare se TV 18.02.2022

Frans Swart, stigter van die Oppiwater Kunstefees en vervaardiger van teaterproduksies, gesels oor sy dae as kameraman op die stel van Liewe Heksie, en sy ervaring in die TV-wêreld van desjare.

Die Suid-Afrikaanse daggabedryf 18.02.2022

Gabriel Theron praat oor die stand van die daggabedryf in Suid-Afrika, na aanleiding van die aankonding in die staatsrede dat groot uitbreiding in die bedryf oppad is.

Kunstenaar Jacob van Schalkwyk 17.02.2022

Jacob van Schalkwyk vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy kontemporêre kuns.

Geldgids - Episode 33 17.02.2022

Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Geldverwante begrippe wat onder die letter U val, word bespreek deur Linda van Greuning van HGG se Trust-sake-eenheid en...

Vannie Hanover Park 17.02.2022

Glenn Hans vertel van die Vannie Hanover Park-beweging wat tydens grendeltyd gebore is om sy buurt se mense georganiseerd aktief te kry.

Tatjana Schoenmaker se swempad 16.02.2022

Swemmer Tatjana Schoenmaker gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor haar gouemedalje-ervaring by die Olimpiese Spele en die lewe tussen byeenkomste.

Help red Kouga se uiters skaars valk 16.02.2022

Daar is net sowat 1 600 witkruisvleivalke (in Engels bekend as black harriers) oor in die wêreld. Tot die vreugde van natuurliefhebbers in die Oos-Kaapse Kougastreek, kom dié valk se grootste kommunale slaapplek in hierdie gebied voor. Wentzel Coetzer, bewaringsfasiliteerder van die Groter Kromme-omgewingsprogram, het Mariska Spoormaker na dié spesiale plek net buite Jeffreysbaai geneem.

Beskerm jou só teen psigopate 16.02.2022

Prof. Renata Schoeman vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe jy jouself teen 'n psigopaat kan beskerm.

Andries Dirks - kunstenaar en aktivis 15.02.2022

Andries Dirks is ‘n kunstenaar wat welbekend is in die Riebeekvallei. Hy is ook ‘n aktivis vir sy Khoi-kultuur, wat hy in sy werk vasvang. Hy was amper ‘n dekade lank in die tronk voordat hy sy lewe omgedraai het, en vandag ander jong kunstenaars in sy gemeenskap motiveer om die regte besluite te neem. Johan Rademan het met hom gesels.

Gert van Wyk se storie 15.02.2022

Gert Van Wyk is sedert 1986 aan 'n rolstoel vasgekluister ná 'n motorongeluk. Moenie dink dit het sy lewensvlam geblus nie. Gert is bekend daarvoor dat hy graag met sy vroulief dans - sy op haar voete en hy in sy stoel. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs wat desjare met hom gebeur het.

Botox is nie net vir plooie nie 15.02.2022

Dr. Nardus le Grange vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die gebruike van Botox, anders as vir net die skoonheidsbedryf.

Moderommel 15.02.2022

Reon Pienaar praat oor vinnige modes en die tekstielbedryf se bydrae tot die rommelprobleem.

Natuurlike parfuum 14.02.2022

Deonette van der Westhuizen vertel vir Martelize Brink van natuurlike parfuum wat in Plettenbergbaai vervaardig word.

Brixton se ligfees 14.02.2022

Brixton is ‘n woonbuurt ‘n klipgooi van die SAUK in Johannesburg. Die gebied teen die bult is in 1902 gevestig, en die uitsaaitoring, die bekendste baken in die woonbuurt, is in 1961 gebou. Die Sentechtoring pronk steeds teen die bult, en was die middelpunt van die onlangse Ligfees wat deur die mense van Brixton gehou is. Jacqui January gesels met een van die buurt se bekendste inwoners, Elzabé Zi...

Erfenismane 14.02.2022

Auke Slotegraaf vertel vir Martelize Brink van die erfenismane. Plaaslike name is aan die maan toegeken, en vandeesweek maak die Dassievolmaan sy verskyning.

Oujongnooitjie se ervarings in die afspraakwêreld 14.02.2022

Heidi van Wyk gesels met Martelize Brink oor haar ervaring as ‘n vrou in die romantiese afspraakwêreld, en haar blog www.oujongnooitjie.com.

Bennie Howard se belewenisse by die radio 11.02.2022

Wynman en oudomroeper Bennie Howard vertel vir Martelize Brink van sy dae as by die radio. Hy was onder andere deel van die eerste Monitorspan.

Pickleball 11.02.2022

Stephanie du Toit vertel vir Martelize Brink van Pickleball, die vinnigste groeiende sport in die VSA, wat tydens die Covid-pandemie in gewildheid toegeneem het. Op Memel is daar ook nou ‘n baan gebou.

Mohammed Shaikh praat radio 11.02.2022

RSG se voormalige stasiebestuurder Mohamed Shaikh gesels oor sy pad met radio.

Goeie kos en goeie vaardighede vir ‘n beter lewe 10.02.2022

Op die vakansiedorp Jeffreysbaai in die Oos-Kaap kry ‘n mens die One Village-organisasie, wat van die standpunt uitgaan dat ‘n mens slegs kan hoop om verbetering in weerlose mense se lewe te probeer bring deur onder meer goeie voedingsprogramme en markgerigte opleiding aan te bied. Mariska Spoormaker het meer gaan uitvind.

Die Buccaneer in Suid-Afrika 10.02.2022

Johan Conradie vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Buccaneer-vliegtuig se geskiedenis in Suid-Afrika.

Geldgids - Episode 32 10.02.2022

Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Geldverwante begrippe wat onder die letter T val, word bespreek deur Eduan Basson en Hannes Bester van HGG se Welvaart-sa...

Sentech-toring vier 60 jaar 10.02.2022

Die Sentech-toring in Brixton, Johannesburg, se konstruksie is in 1962 voltooi. Dis die tweede hoogste toring in die Goudstad, met ‘n hoogte van 240 meter. Dit huisves verskeie televisie- en radio-antennas, wat onder meer RSG se sein versprei. Jaap Lourens, ondersoekbeampte van Sentech, neem Elsje van Jaarsveld op in die toring tot bo, waar daar ‘n uitsonderlike uitsig oor Johannesburg is.

Alex Coetzee se kuns en ontwerp 09.02.2022

Alex Coetzee gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor hoe hy sy loopbane as kunstenaar en argitek balanseer.

Hoekom moet ons stories vertel? 09.02.2022

Haidee Muller-Isaacs is gaande daaroor om ander se stories vertel. Sy maak ‘n draai by Tessa van der Spuy, ‘n voormalige Afrikaans-onnie wat navorsing oor storievertel gedoen het. Hoekom is dit belangrik dat ons stories móét vertel?

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.