RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Boesmanland Langtafel 01.03.2022

Marli Visser vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van haar Boesmanland Langtafel. Dit is dié boervrou se konsep om kos, stories en gasvryheid aanlyn te deel.

Aanlynswendelskemas 01.03.2022

Francois Viviers praat oor aanlynswendelskemas, en hoe jy jouself kan beskerm.

Persoonlike projekbestuur 28.02.2022

Projekbestuur is dikwels die verantwoordelikheid van 'n enkele projekbestuurder. Die verskil met persoonlike projekbestuur is dat jy self direk aan die proses moet deelneem. Ons weet baie keer wat ons wil bereik, maar alte dikwels bly dit net een groot droom. Jacqui January praat met Dominic Paris, ‘n oudonderwyser en projekbestuurder, oor die belangrikheid van beplanning, beplanning, beplanning…

Maryke, die visboer 28.02.2022

Maryke Musson vertel vir Martelize Brink hoe daar in Nederland met geelstert op land geboer word.

Marizanne reis vrou alleen per fiets deur die wêreld 28.02.2022

Marizanne reis vrou alleen vir maande op ‘n slag per fiets deur die wêreld. Sy het al reise onderneem in Suid-Amerika, Israel, Australië, verskeie Wes-Europese lande en in Maleisië, Thailand en Indonesië. Sy is nou oppad na Die Spaanse Riviera.

Sintropiese landbou 28.02.2022

Calvyn du Toit vertel vir Martelize Brink wat sintropiese landbou behels, en waarom mense al hoe meer na hierdie manier van boer kyk.

SA se tiende nasionale botaniese tuin 25.02.2022

Kurator Nomama Mei vertel vir Martelize Brink van die Kwelera Nasionale Botaniese Tuin in Oos-Londen. Dit is Suid-Afrika se tiende nasionale tuin, en word op 10 hektaar gebruikte grond langs die Kwelera Natuurreservaat ontwikkel.

Van Kariega tot die koningin 25.02.2022

Van Kariega tot medekomponis van die platinum jubileum-lied vir Koningin Elizabeth II wie se 70-jaar regeerperiode gevier word. Dié hoë eer het Anton van der Merwe, boorling van Kariega (Uitenhage) en deesdae in Brittanje, te beurt geval toe hy gevra is om as een van net twee komponiste, een segment vir dié lied te komponeer. Mariska Spoormaker het met hom gepraat toe hy in Nelson Mandelabaai geku...

Die Lipizzaners dans nou in die Kaap 25.02.2022

Die dansende Lipizzaner-perde het van Kyalami in Johannesburg na die Paarl verhuis. Haidee Muller-Isaacs het die perde se stalle gaan besoek, en vind meer uit van hierdie besonderse perderas.

Die gewildheid van ryhuise 25.02.2022

Louis Venter vertel vir Martelize Brink van ryhuise wat in gewildheid toegeneem het, en waarom dié leefstyl hom pas.

Eersterust se omgeemens 24.02.2022

In elke dorp of stad is daar mense wat hulle tyd en bronne beskikbaar stel aan hulle gemeenskappe. Dis vrywilligers wat ‘n onbaatsugtige taak verrig, meestal sonder vergoeding. Die belangrikste vaardighede wat jy vir vrywilligerwerk nodig het, is deernis, ontferming en ʼn oop gemoed, om te doen wat gedoen moet word met ʼn positiewe ingesteldheid. Jacqui January stel ons voor aan een so ‘n omgeemen...

Love! Valour! Compassion! in 1997 24.02.2022

Duane Seymore vertel van sy besoek aan Amerikain 1997, ‘n konferensie met Oprah Winfrey en Tina Turner, en sy ervaring van die toneelstuk Love! Valour! Compassion! in Washington DC.

Geldgids - Episode 34 24.02.2022

Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Geldverwante begrippe wat onder die letter V val, word bespreek deur Linda van Greuning van HGG se Trust-sake-eenheid, Mi...

Fanie se voorblaaie 24.02.2022
Lees met begrip 23.02.2022

Ruan Venter praat oor kinders se uitdaging om met begrip te lees.

Hermanus se walvismonument gerestoureer 23.02.2022

Kunstenaar Tertius van Dyk vertel vir Johan Rademan van die restourasiewerk aan die lewensgrootte Suidelike Noordkapperwalvis-monument op Hermanus.

Johan en Louwina de Villiers by die Libertaskoor 22.02.2022

Johan en Louwina de Villiers vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van hulle jare by die Libertaskoor. Johan het nou besluit om as dirigent uit te tree.

Sêrie, die verpleegster, sing die lewe se lied 22.02.2022

Haidee Muller-Isaacs gesels met suster Sarah Roberts, alombekend as Sêrie Roberts of Robbie soos die verpleegsters haar ken. Sêrie was ‘n assistentverpleegster vir 30 jaar. Op 46 is sy UWK toe om haar graadkursus te voltooi. Sy doen haar gemeenskapsjaar by die Tygerberg Hospitaal, en toe werk sy as skropsuster by ‘n privaathospital in Mitchells Plain. Sy het verlede jaar afgetree, maar dit was net...

Perdeterapie vir slagoffers van huishoudelike geweld 22.02.2022

Fiona Bromfield en Moriedah Dien vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van twee organisasies wat saamwerk om slagoffers van huishoudelike geweld en dwelmsverslawing uit minder gegoede gebiede, gratis toegang tot perdeterapie te gee.

Hoppy Hopkins kamp en draf deur die land 21.02.2022

Hoppy Hopkins vertel vir Martelize Brink hoe hy deur die land kamp en Parkruns doen.

Wie verfraai Jeffreysbaai? 21.02.2022

Vir die besoeker wat ná ‘n paar jaar weer Jeffreysbaai binnery, is dit opvallend hoeveel plekke verfraai, en hoe netjies hierdie vakansiedorp is. Dit is so, vertel die inwoners, want talle huiseienaars, die Dorp van Drome-projek en die munisipaliteit is by die spanpoging betrokke. Mariska Spoormaker het die sleutelrolspelers ontmoet langs die huis van Shaune ter Bruggen, waar hy ‘n houtbruggie oor...

Veldtog om land en see te bewaar 21.02.2022

Dr. Roelie Kloppers vertel van die 30x30 NOW-veldtog en die internasionale doelwit om 30% van die land en see teen 2030 te bewaar.

ADHD en voeding 21.02.2022

Dieetkundige Irene Labuschagne deel die jongste voedingsriglyne vir mense met ADHD.

Doccie se droogtehulproeping 18.02.2022

Doccie Shields vertel vir Martelize Brink hoe hy sy roeping gevind het om droogtehulp aan te bied.

Ontmoet Freddie, Kaap St. Francis se walvis-skepper 18.02.2022

Jare lank was Freddie de Jager, inwoner van Hankey in die Oos-Kaap, ‘n verwer tot ‘n ongeluk met ‘n hoekslyper hom letterlik van sy voete geruk en sy inkomste in duie laat stort het. Maar toe kry hy ‘n boodskap in ‘n droom, en nou is hy Kaap St. Francis se bekende skepper van walvisse uit hout. Mariska Spoormaker het Freddie gaan opsoek, en hom tussen sy walvisse gekry.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.