RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Hou op dieet en luister na jou liggaam! 10.03.2022

Dieetkundige Carien Meyer sê jy moet baie meer aandagtig wees op die seine wat jou liggaam vir jou stuur.

Kunsvlyt gedy in Suid-Afrika 10.03.2022

Kunsvlyt gedy sedert die begin van grendeltyd in Suid-Afrika. Martelize Brink hoor watter rol ingeneem het, en van die eerste aanlynklub vir kunsvlytlesse.

Bewaring in die Elim-omgewing 09.03.2022

Dirk Human gesels oor die spesiale Elim-omgewing en hoe water, landbou en omgewingsbestuur soos die Aghulasdriehoek, fyn bestuur moet word vir oorlewing in die toekoms.

Nuwe boek oor Gariepdam wat 50 jaar oud is 09.03.2022

Die Gariepdam het op Vrydag 4 Maart 2022 50 jaar oud geword. Ons hoor van die projek om die dam te bou, en of die dam se doelwitte bereik is.

Shackleton se skip gevind 09.03.2022

Sir Ernest Shackleton se Endurance-skeepswrak is gevind, ‘n 100 jaar nadat dit gesink het. ‘n Spanlid van Endurance 22 gesels vanuit Antarktika oor dié belangrike vonds. Prof. Annie Bekker van die Universiteit Stellenbosch is tans op die internasionale Endurance 22-ekspedisie.

Fokus op Christo Davids 08.03.2022

Martelize Brink en Johan Rademan gesels met die akteur regisseur en vervaardiger, Christo Davids, oor sy lewe en loopbaan.

Tjokka lewer seebodem-skouspel 08.03.2022

'n Man van Kaap St. Francis in die Oos-Kaap sê hy glo daar was al meer mense in die ruimte as wat daar mense was wat die tjokka se broeiseisoen op die seebodem beleef het. Hy is Russel Sadler, onder meer kampioenlewensredder en visserman wat die tjokka se broeiskouspel beleef het toe hy 'n marinefotograaf na die seebodem moes neem. Hy vertel vir Mariska Spoormaker wat hy daar gesien het.

Sakeskool vir vroue 08.03.2022

Ons praat oor 'n sakeskool vir vroue wat deur vroue bedryf word, en wat vroue se rol in die opvoedingsektor is.

Suzaan van Swellendam se skou 07.03.2022

Suzaan Smit is op 35 die tweede vrouepresident, die jongste nóg, van die Swellendam Landbougenootskap. Sy is al sedert haar twintigs betrokke by die skou wat 190 jaar oud is. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe alles gebeur het en haar passie vir die dorp en sy mense.

Wavescape-fees en oseaanbewaring 07.03.2022

Maryke Musson gesels oor oseaanbewaring en die Wavescape-fees. Jong wetenskaplikes met ‘n geïntegreerde benadering, wat die mens insluit, maak haar baie opgewonde.

Gehoorverlies weens geraas 07.03.2022

Daar is ‘n groot toename in geraasgeïnduseerde gehoorverlies by kinders. Oudioloog Henriëtte Moolman gee raad oor hoe om dit te voorkom.

Hoe gemaak met e-afval? 07.03.2022

Henriëtte Botha van eWaste verduidelik wat die wetlike aspekte van e-afval is, en wat jy met dit moet doen?

Kransaasvoëls in Oos-Kaap gerehabiliteer vir vrylating 04.03.2022

Die grootste getal kransaasvoëlkuikens wat in aanhouding by die Vulpro Aasvoëlrehabilitasiesentrum in Noordwes uitgebroei het, het by die plaas Rocklands in die Oos-Kaap aangekom vir latere vrylating in die natuur. Hier sal die bekende aasvoëlrehabiliteerder, Kate Webster, die voëls vlieggereed kry vir hulle vrylating. Mariska Spoormaker het met Kate gesels.

Gary Player se welwillendheidswerk 04.03.2022

Gary Player vertel vir Martelize Brink van al sy welwillendheidsprojekte die wêreld oor.

Danielle Britz doen meestersgraad oor Afrikaanse rolprente 04.03.2022

Aktrise Danielle Britz vertel van haar meestersgraadproefskrif oor kontemporêre Afrikaanse films, en hoe die temas tussen hierdie en ouer flieks vergelyk en verskil. Sy sê die narratief van helde is problematies, en baie kan nie daarmee identifiseer nie. Sy gesels ook ook verstrooiingsvermaak.

Kossisteme om vetsug te voorkom 04.03.2022

Dieetkundige Retha Harmse vertel op Wêreld Vetsugdag hoe kossisteme gebruik kan word om vetsug te bekamp.

SA Akademie vir Wetenskap en Kuns word 113! 03.03.2022

Om erkenning vir harde werk en uitnemendheid te kry, is ‘n riem onder die hart. As dit gepaard gaan met die bekroning van ‘n eeu oue organisasie, is dit net soveel meer spesiaal. Jacqui January het meer gaan uitvind oor die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, waar lidmaatskap eens net op uitnodiging was.

Yzerfontein se strand meer toeganklik gemaak 03.03.2022

Douglas McNeil Wheatley vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van ‘n gemeenskapsprojek op Yzerfontein om die strand toeganklik te maak vir rolstoelgebruikers deur ‘n oprit te bou.

Geldgids - Episode 35 03.03.2022

Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Geldverwante begrippe wat onder die letter W val, word bespreek deur Niek van den Berg en Eduan Basson van HGG se Welvaar...

Boots die natuur na 03.03.2022

Joshua Wallace praat oor biomimiek en simbiose uit die natuur om bedrywe soos gesondheidsnavorsing te verbeter.

Dr. Keith Cloete se gesondheidspad 02.03.2022

Dr. Keith Cloete vertel hoe hy sy rol as hoof van die Departement van Gesondheid in die Wes-Kaap en sy lewe buite die werk aanpak.

Oorplantingspele kom weer Baai toe 02.03.2022

In 2018 was dit ‘n groot ondervinding om die talle oorplantingsatlete in aksie te kon beleef tydens die Nasionale Oorplantingspele in die Baai. En nou kom die spele vanjaar weer na die Vriendelike Stad. Op die kusdorp Kaap St. Francis het Mariska Spoormaker gepraat met die voorsitter van die plaaslike bestuurskomitee vir die spele, Willie Uys en sy vrou Heilie, wat al amper 18 jaar leef met ‘n oor...

Rommel uit die see gehaal 02.03.2022

Nicole Martin vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe ‘n groep duikers in snorkeltoerusting rommel uit die see gehaal het as deel van die WavesCape Fees.

Jessica Etzebeth se tweede kanse 01.03.2022

Jessica Etzebeth van Worcester glo vas dat die Here 'n Here van tweede kanse is. Sy glo 'n mens moenie op jou verlede bou nie. Vandag is sy 'n suksesvolle sakevrou, maar eens op 'n tyd het sy harde klippe gekou. Sy het hart oopgemaak teenoor Haidee Muller-Isaacs.

Parasietbeheer by troeteldiere 01.03.2022

Veearts dr. Ingrid de Wet gee raad oor parasietbeheer by troeteldiere. Sy kyk spesifiek na vlooie, bosluise, myte en wurms.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.