RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Dries se derde kans op liefde 18.03.2022

Dieselwerktuigkundige Dries Myburgh het Haidee Muller-Isaacs tydens die Oppiwater Kunstefees ontmoet. Hy vertel vir haar van sy verlede in die weermag, sy werk aan treine, sy liefde vir ou musiek, en sy derde kans op die liefde.

Amira Willighagen word een van die dae 18! 18.03.2022

Amira Willighagen gesels met Martelize Brink oor haar sangloopbaan, beplande wêreldtoer en die konsert om haar 18de verjaarsdag te vier.

Hanover Park Verewig 18.03.2022

Evelin Gerritsen gesels met Martelize Brink oor die Hanover Park Verewig-projek.

Die psige van fopdossers 18.03.2022

Dr. Eugéne Viljoen praat oor fopdossers en waarom mans in “drag” verskyn.

Rolprent oor fopdossers by Silwerskermfees 17.03.2022

Filmmaker Etienne Fourie vertel vir Johan Rademan hoekom hy die draaiboek van die rolprent, Stiekyt, geskryf het. Dit handel oor ‘n akteur wat in die geheim by ’n sukkelende fopdosserklub werk. Hy moet veg vir die behoud van sy huwelik nadat sy vrou hom daar betrap. Hy moet ook die optrede van sy lewe gee om agterdog oor die dood van sy kollega uit die weg te ruim.

Groen-beleggings 17.03.2022

Beleggers is gewoond aan beleggings in eienkomme, aandele, effektetrusts, waardevolle kuns, wyn, munte en vele meer. Maar wat van beleggings in groenenergie en -infrastruktuur? Hiermee kan jy help om vooruitgang in gemeenskappe te bevorder en die ekonomie aan te help. Jacqui January het meer hieroor gaan uitvind, en hoor toe van ‘n suksesstorie in ‘n klein gemeenskap in die Oos-Kaap.

Bewaring en ontwikkeling aan die Suidpunt van Afrika 17.03.2022

Ross Kettles het ‘n meestersgraad in leeuhervestiging, en sy vrou ‘n doktorsgraad in olifantkontrasepsie en -gedrag. Hy woon deesdae aan die Suidpunt van Afrika, en bestuur die fyn lyn tussen bewaring en ontwikkeling in ‘n komplekse boerdery- en waterstelsel in die Elim-omgewing.

Kobie se wonderlike donkiekar 16.03.2022

Skouperdliefhebber Kobie Smit vertel van sy liefde vir sy perde en spesiale donkies met die kolle. Hy wys vir Haidee Muller-Isaacs sy donkiekar met die naam, Boerepompie, wat spog met 'n braai, ‘n toilet en diskoligte!

Prof. Annie in Antartktika 16.03.2022

Martelize Brink gesels met prof. Annie Bekker van die Universiteit Stellenbosch se Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese. Sy is direkteur van die Klank- en Vibrasienavorsingsgroep, en is tans deel van die internasionale Endurance 22-ekspedisie in Antarktika wat die Endurance-wrak gevind het.

Louis de Jager - duiker en koffieman 16.03.2022

Louis de Jager, die kleinseun van die legendariese visvanger, Sarah de Jager, is 'n uithaler duiker. Hy werk op die olie-en-gas-pypleidings in die Arabiese Golf, maar het ook al in Angola en Nigerië geduik. Tydens die Covid-19-inperkings kon hy nie vlieg nie, en het dié bebaarde man ‘n koffiewinkel in Durbanville oopgemaak. Johan Rademan het met hom in Pampoenkraalstraat gesels oor die bedryf waar...

Luister na jou liggaam 16.03.2022

Dieetkundige Carien Meyer gee praktiese wenke oor hoe om na jou liggaam te luister wanneer dit by kos kom.

SA Vloot word 100 15.03.2022

Prof. André Wessels vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die SA Vloot se geskiedenis oor 100 jaar.

Jody Wayne-huldeblyk 15.03.2022

Sanger Patricia Lewis en Mara van den Bergh, Jody Wayne se agent en bestuurder, deel hulle herinneringe aan Countrysanger Jody Wayne wat in die ouderdom van 77 oorlede is.

Van joernalis tot restauranteur 15.03.2022

Liela Magnus vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe sy haar lewe as joernalis by die SAUK verruil het om ‘n restaurant op die platteland te bedryf.

Van druiweplukker tot wynmaker 15.03.2022

Willem Pietersen het van die harde werk in die wingerde as ‘n plukker en snyer in die seisoentyd, tot ‘n wynmaker gevorder. Op ‘n klein wynplasie moet jy egter bereid wees om alles te doen. Jy snoei, maal, ry die trekker en laaigraaf, pars die druif en fermenteer die sap tot die eindproduk. Johan Rademan het in die Elimdistrik by Black Oyster Catcher ingeloer en met hom gesels.

Koop Suid-Afrikaans 14.03.2022

Jeannine van Straaten vertel vir Martelize Brink van die Buy South Africa-toekennings as deel van Trots SA.

US se Sentrum vir Epidemiereaksie en -innovasie vereer 14.03.2022

Prof. Nico Gey Van Pitius vertel vir Martelize Brink van die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Epidemie-reaksie en -innovasie wat deur MIT vereer is.

Uitstallings en skoue in 'n tyd van Covid 14.03.2022

Annelie Reynolds vertel vir Martelize Brink van die uitdagings om skoue en uitstallings te reël, gegewe die Covid -19-regulasies. Sy vertel van die verskillende stategieë om die uitdagings aan te pak.

Die duursame luuksheid van leer 14.03.2022

Jeanine Boshoff praat oor leer as ‘n duursame opsie vir luukse meubelstukke.

Hanover Park Verewig/Forever 11.03.2022

Martelize Brink gesels met Yasheen Johaar die Hanover Park Verewig/Forever-uitstalling.

Oupa-horlosies is Markham se passie 11.03.2022

Op die vakansiedorp Jeffreysbaai het Mariska Spoormaker 'n man in die fleur van sy lewe ontmoet, wat 'n stokou beroep beoefen. Sy naam is Markham Geswint, en op 46-jarige ouderdom is dit sy voltydse beroep om opwenhorlosies te herstel, veral die staanhorlosie of die Grandfather Clock soos dit in Engels genoem word.

Haidee tussen die hoenders 11.03.2022

Haidee Muller-Isaacs het Willie Schmidt van Stellenbosch in sy hoenderhokke aangetref. Hy vertel haar van pluimveeboerdery, en hoe lief hy vir sy hoenders is. Willie spog met meer as 90 verskillende hoenderrasse in sy hokke.

Minder walvisse besoek SA 11.03.2022

Wêreld Natuurlewefonds (WWF) en die Universiteit van Pretoria se Walviseenheid smee kragte saam om navorsing oor Noordkapperwalvis uit te brei. Die verwarming van die oseaan het 'n beduidende uitwerking op die aantal walvisse wat Suid-Afrika besoek. Martelize Brink praat hieroor met dr. Morne du Plessis van die WWF.

Kleinboere wikkel met saffraan 10.03.2022

Jacqui January kyk na die uitdagings vir opkomende boere om tot die saffraanbedryf toe te tree. Sy hoor watter ondersteuning daar is vir boere wat op ‘n klein skaal met hierdie duur spesery wil boer.

Marlise Beyers, SA wynmaker in Kanada 10.03.2022

Marlise Beyers is ‘n wynmaker van Suid-Afrika wat dwarsoor die wêreld wyn maak. Sy woon in Toronto, Kanada, waar haar man werk.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.