RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Die SA Vloot vier eeufees 29.03.2022

Prof. André Wessels praat oor die rol van die Vloot in die Tweede Wêreldoorlog en die Grensoorlog. Die Vloot is op 1 April 100 jaar oud.

Herbebossingsfees op Gansbaai 29.03.2022

Michiel Grobler vertel van ‘n herbebossingsfees op Gansbaai, en die belang van die oorlewende Platbosduinwoud.

SA man help om Oekraïense vlugtelinge te ontruim 29.03.2022

Johan Oldenburg van Nederland vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hy 52 Oekraïense burgers met ‘n bus van Oekraïne grens se met Pole na Nederland geneem het. Een van die vlugtelinge is ‘n Olimpiese gouemedalje-swemmer. Johan vertel wat hy met saam met die vlugtelinge beleef het.

Tiaan Langenegger maak kos vir skoliere 28.03.2022

Tiaan Langenegger vertel vir Martelize Brink hoe Covid-19 hom as gevierde sjef in ‘n skool se kombuis laat beland het, en hy nou vyf dae per week vir 380 skoliere kos maak.

Die jeug en landbouskoue 28.03.2022

Haidee Muller-Isaacs gesels met Breyton Milford, die operasionele bestuurder van Agri Expo, oor jeugskoue en sy passie vir die plaas en landbou, en ons hoor wat Mini Mej. Skou te sê het oor haar liefde vir boerdery.

Vroue in die tegnologiebedryf 28.03.2022

Arlene Mulder praat oor vroue in die tegnologiebedryf, en waarom meer vroue dit as ‘n loopbaan moet oorweeg.

Hendrik vannie hotel 25.03.2022

Hendrik Jumboe is op Barrydale gebore. Hy moes al vroeg die skool verlaat om te gaan werk. Hy vertel dat hy al op 7 jaar op die plaas tuinwerkies begin doen het. Hy het wel later leer lees en skryf, en was toe op die ou end meer as 36 jaar lank die kroegman by die eens gewilde Swellengrebel Hotel op Swellendam. Die hotel se deure is nou toe, en die gebou is verkoop. Hendrik vertel vir Haidee Mulle...

Virtuele karatekompetisies 25.03.2022

Fritz Oosthuizen vertel vir Martelize Brink van sy karateloopbaan en die virtuele kompetisies waar hy koning kraai.

Bettie Jass Milford se Sweedse bokke 25.03.2022

Boerdery is ‘n uiters stresvolle en soms moeilike beroep. Landelike gebiede waar gemeenskapsboerdery ‘n werklikheid is, het verdere uitdagings. Dit bied egter die geleentheid om te boer, spesifiek vir vroue. Jacqui January het een so ‘n vrou, Bettie Jass Milford, op Kommagas in die Namakwaland raakgeloop.

Sjef Jan-Hendrik dankbaar dat restaurante kop oplig ná twee jaar 25.03.2022

Bekroonde sjef Jan-Hendrik van der Westhuizen gesels uit Parys oor sy rol as een van die nuwe beoordelaars van die Eat Out-toekennings, watter neigings hy voorspel, en sy dankbaarheid dat restaurante weer kop oplig twee jaar ná die begin van die pandemie.

Ondersteuning vir kinders met alkoholisouers 24.03.2022

Natalie Bossi vertel van ALATEEN, ‘n aanlyn-ondersteuningsgroep vir kinders wat blootstelling het aan 'n alkoholis.

Karikature by troues 24.03.2022

Peter Mascher vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die karikature wat hy by troues skets.

Is jou kind luistervaardig? 24.03.2022

Cecile Niewoudt verduidelik hoe om jou kind se luistervaardighede te ontwikkel.

Boek met idiome oor water 24.03.2022

Nelmari Kemp vertel van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans se boek met idiome oor water, wat in drie tale saamgestel is.

Herman Lensing se kosreis 23.03.2022

Koskenner Herman Lensing gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy grootwordjare, loopbaanhoogtepunte en sy rol in ‘n rolprent.

Street Smart help straatkinders 23.03.2022

Melanie Burke vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe Street Smart help om kinders van die straat af hou.

Wat is kuberoorlog? 23.03.2022

FC Boonzaaier verduidelik vir Johan Rademan en Martelize Brink wat kuberoorlog behels.

Maak só geld uit sosiale media 22.03.2022

Pieter Groenewald vertel vir Johan Rademan hoe jy 'n tweede inkomste uit sosiale media kan maak.

Duikbote in die Vloot 22.03.2022

Prof. André Wessels vertel vir Johan Rademan van die rol wat duikbote oor die jare in die Vloot gespeel het.

Standardisering van krane en stortkoppe 22.03.2022

Herman Strauss vertel vir Johan Rademan van die impak wat die standardisering van die merk van krane en stortkoppe kan hê.

Hoe maklik is skuif van universiteit na werk? 22.03.2022

Ruan Venter praat oor die aanpassing wat gemaak moet word wanneer studente die universiteitsomgewing verlaat vir ‘n werksomgewing.

Haidee en die skoukatte 21.03.2022

Haidee Muller-Isaacs het by ‘n katskou gaan inloer om te leer hoe om ‘n skoukat te beoordeel.

Aurorah Kuilsriver Community Action Network 21.03.2022

Latifah Jacobs vertel vir Johan Rademan van die Aurorah Kuilsriver Community Action Network wat deur Brand SA vereer is vir hulle bydra tot die samelewing op voetsoolvlak.

Suid-Afrikaners se slaappatrone 21.03.2022

Anton Keet praat oor Suid-Afrikaners se slaappatrone en wat by verskillende ouderdomsgroepe te bespeur is.

Iziko se maritieme-uitstallings 21.03.2022

Jaco Boshoff vertel vir Johan Rademan van die maritieme uitstallings by die Iziko-museums, soos sir Ernest Shackleton se Antarktiese ekspedisie wat nou weer in die nuus is met die vonds van sy skip, die Endurance.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.