RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Potboomtegnologie 11.04.2022

Hendrik Pohl vertel vir Martelize Brink van potboomtegnologie, wat onder andere gebruik maak van weefselkultuur om plante te vermeerder in ‘n laboratorium onder steriele omstandighede.

Haidee en die opgestopte leeu 11.04.2022

Haidee Muller-Isaacs het by 'n taksidermie-fabriek op Oudtshoorn gaan inloer om meer uit te vind oor hierdie bedryf.

Fynbosvisprojek 11.04.2022

Riaan van der Walt vertel vir Martelize Brink van Die Fynbosvisprojek om Clanwilliam se sandvis van uitwissing te red.

Hoe maak jy dit? Petrol uit steenkool 08.04.2022

Leon Greyvenstein vertel vir Martelize Brink hoe petrol van steenkool gemaak word.

Braai soos 'n Japannees 08.04.2022

José Gómez en Roma Ferreira vertel vir Martelize Brink van die Hibachi-braai, oorspronklik uit Japan, se gewildheid wat vlamvat in Suid-Afrika.

Genealogie- en Familiefees 08.04.2022

Isabel Groesbeek vertel vir Martelize Brink van 'n Genealogie- en Familiefees, en ons hoor van families wat verteenwoordig word.

Francois Boyce se Hoezit Samelewing 07.04.2022

Komediant Francois Boyce vertel vir Martelize Brink hoe hy daarby uitgekom het om mense te laat lag, en hoe die Hoezit Samelewing gebore is.

Lesse uit die oseaan 07.04.2022

Lewenslesse is oral te leer - in ons allerdaage lewe en in die natuur. Vandag hoor ons van ‘n paar lesse vir kinders uit die oseaan deur middel van ‘n toneelopvoering deur werklose jongmense.

Hoe gereed is SA vir die Metaverse? 07.04.2022

Francois Pienaar gesels met Martelize Brink oor Suid-Afrika se gereedheid en betrokkenheid in die Metaverse.

Entrepreneurskap het haar voor die kameras laat beland 06.04.2022

Berné van Zyl praat oor entrepreneurskap, haar loopbaan en die fiksheidsprogram wat sy op televisie aanbied.

Praat met vreemdelinge 06.04.2022

Madi van Schalkwyk vertel vir Martelize Brink van die A STRANGER KIND-organisasie (ASK) wat mense aanmoedig om oop gesprekke met vreemdelinge te hê. Mense met buitengewone ervaringe stel hulle beskikbaar sodat mense hulle kan uitvra om ander perspektiewe op situasies te kry.

Uit die Buitekring: Emma Reinke 05.04.2022

Emma Reinke vertel vir Martelize Brink van haar ervaring as transgender vrou.

LGBTQi+ alfabet (Deel 1) 5 April 2022 05.04.2022

Martelize Brink verken die LGBTQI+ alfabet in ‘n reeks van 4 episodes. In die eerste deel bied internasionaal gesertifiseerde seksuoloog dr. Elmari Mulder-Craig ‘n oorsig en agtergrond van die seksualiteitspektrum.

Haidee baljaar tussen die granate 04.04.2022

Haidee Muller-Isaacs kuier op die granaatplaas van Gerhard en Marita Meyer tussen Oudtshoorn en Calitzdorp, waar sy meer leer oor die granaatproduksie-proses in die fabriek.

Admiraal Söderlund se vlootversameling 04.04.2022

Afgetrede admiraal Arne Söderlund vertel vir Martelize Brink van sy private vlootversameling.

Saad en kundigheid vir opkomende boere 04.04.2022

Mihan Louw vertel vir Martelize Brink hoe hulle saad en kundigheid tot opkomende boere se beskikking stel.

Ystervrou met MS 01.04.2022

Die Ystermankompetisie is die inisiatief van ‘n Kaliforniese paartjie in die middel jare sewentig. Intussen is daar wêreldwyd reeds verskeie weergawes van hierdie kompetisie aangebied. Jacqui January hoor van ‘n jong vrou met Meervoudige Sklerose wat dié naweek aan die Ystermankompetisie deelneem.

Kunswerke van herwinde materiaal 01.04.2022

Veronika Olivier vertel vir Martelize Brink van haar kunswerke van herwinde materiaal, wat baie gewild oorsee is. Haar eerste plaaslike solo-uitstalling vind binnekort plaas.

Stensilstokperdjie word 'n onderneming 01.04.2022

Theresa Wessels vertel vir Martelize Brink hoe sy haar stensilstokperdjie in ‘n onderneming verander het.

Clement October, hoofkaasmaker by Klein River Cheese 31.03.2022

Clement October en Raymond Siebrits gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor Clement se rol as hoofkaasmaker by Klein River Cheese. Hy vertel van sy pad met kaas, en ons proe die kaas waarmee hulle verlede jaar ‘n gouemedalje by die Wêreld Kaastoekennings in Spanje gewen het.

Christa Kleynhans skryf haarself skoon as iets haar kwel 31.03.2022

Christa Kleynhans is passievol oor haar werk in die onderwys. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van die pad wat sy stap nadat bipolêre gemoedsversteuring by haar gediagnoseer is. Sy skryf haarself as't ware “skoon” as haar kwel. Dit het gelei tot 'n boek oor haar kondisie.

Leierskap in ‘n post-Covid-periode 31.03.2022

Sarene Nel praat oor leierskap in ‘n post-Covid-periode.

Richard van der Westhuizen is in die ateljee! 30.03.2022

Richard van der Westhuizen gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy grootword wêreld en loopbaan. Hy sing ook ‘n paar liedjies.

Vrywillige brandbestryders 30.03.2022

Danny de Nobrega gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die afgelope brandseisoen, en die werwing van vrywilligers.

Wat is verskil tussen tee en tisane? 29.03.2022

Adele du Toit vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die verskil tussen tee en tisane, soos Rooibos, en die fyner details van geurprofiele.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.