RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

City Nature Challenge 2022 25.04.2022

Rupert Koopman vertel van Suid-Afrika se deelname aan vanjaar se City Nature Challenge.

Hoeveel keer kan ek kookolie hergebruik? 25.04.2022

Dieetkundige Irene Labuschagne praat oor die veilige hergebruik van kookolie.

Hoe werk ‘n luidspreker? 22.04.2022

Prof. Gert-Jan van Rooyen vertel vir Martelize Brink hoe ‘n luidspreker klank voortbring.

Diana Ferrus kry eredoktorsgraad 22.04.2022

Haidee Muller-Isaacs gesels met die bekroonde digter en skrywer, Diana Ferrus, oor die eredoktorsgraad wat sy van die Universiteit Stellenbosch ontvang het.

Die vele gebruike van fungi 22.04.2022

Dr. Marieka Gryzenhout vertel vir Martelize Brink hoe fungi ingespan in allerhande prosesse om verskeie probleme aan te pak.

Gert Sarrisam van die Namakwaland 21.04.2022

Gert Sarrisam (Engelbrecht) is ‘n Namakwalandboer wat op die grens van die Namakwapark woon. Dis ‘n harde wêreld, ongenaakbaar met tye, maar dis juis uit die klip en koppies en sand waar mense van yster gesmee word. Johan Rademan het met Gert Sarrisam kennis gemaak. Ons het onlangs gehoor hoe Richard van der Westhuizen, self ‘n Namakwalander, een van sy stories, OUPA BETAAL BELASTING, in Kortom vo...

Surrogaat vir vrou met MS 21.04.2022

Daar is sekere koste en streng wetgewing verbonde in Suid-Afrika t.o.v. die lewensveranderende proses van surrogaatskap. Soveel egpare dwarsoor die wêreld het ouers geword deur dié proses te volg, en dit bring groot vreugde vir paartjies wat nie self kinders kan verwek nie. Jacqui January gesels met ‘n ma wat met meervoudige sklerose gediagnoseer is.

Hoe hanteer ‘n introvert die werksplek? 21.04.2022

Ruan Venter vertel vir Johan Rademan oor hoe ‘n introvert die werksplek kan aanvat.

Audrey Jantjies praat oor haar boek by die Suidoosterfees 20.04.2022

Johan Rademan gesels met Audrey Jantjies oor haar boek, As die katjiepiering blom, waaroor sy by die Suidoosterfees gaan praat.

Kleinboer gasvryheidsroete 20.04.2022

Lina Keyter en Sydney le Fleur vertel van 'n nuwe kleinboer gasvryheidsroete wat boere help om toerismeopsies aan te bied.

Projek om Doringrivierrooivlerkie te beskerm 20.04.2022

Riaan van der Walt vertel vir Johan Rademan van ‘n projek om die Doringrivierrooivlerkie, moontlik die skaarste varswatervis ter wêreld, te beskerm teen die impak van uitheemse roofvisse.

Uit die Buitekring: Sonja Van Der Walt-Dawani 19.04.2022

Sonja Van Der Walt-Dawani vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van haar ervaring van ‘n intergeloof huwelik. Sy is 'n Christenteloog wat getroud is met 'n Moslemman.

Versekeringslaggate van korttermyn akkomodasie 19.04.2022

Tarina Vlok vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die versekeringslaggate van korttermyn akkomodasie soos Airbnb.

LGBTQi+ alfabet (Deel 3) 19 April 2022 19.04.2022

Martelize verken die LGBTQI+ alfabet in ‘n reeks van 4 insetsels. In die derde insetsel bespreek die internasionaal gesertifiseerde seksuoloog, dr. Elmari Mulder-Craig, seksuele oriëntasie.

Spin wol met 'n spil 18.04.2022

Amanda Lotter vertel vir Martelize Brink hoe sy wol spin met ‘n spil.

Haidee maak pekeluie en konfyt 18.04.2022

Haidee Muller-Isaacs het gaan kyk hoe pekeluie en konfyt gemaak word by WildeBraam buite Swellendam.

Johan Oldenburg help in Pole met vlugtelinge 18.04.2022

Martelize Brink praat met die voormalige Suid-Afrikaner Johan Oldenburg wat die Poolse grens met Oekraïene besoek om 'n hand te verleen met die vlugtelinge.

Hoe beoordeel jy suiwelprodukte? 14.04.2022

Dr. Tertius Cilliers vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe suiwelbeoordeling werk, en hoe ‘n suiwelproduk van die jaar uit verskillende katogorieë aangewys word.

Wat behels dit om “off the grid” te gaan? 14.04.2022

Theunis Coetzer vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink wat dit behels om “off the grid” te gaan. Dis nie net elektrisiteit nie, maar ook water en riool.

Anna-Mart van der Merwe kuier by driesestig 13.04.2022

Anna-Mart van der Merwe gee ‘n blik op haar loopbaan, en hoe sy by toneelspel uitgekom het.

Oom Willem van Swellendam 13.04.2022

Oom Willem van der Watt word vanjaar 78 jaar oud. Hy is al 18 jaar lank die opsigter van Swellendam se skougronde, en woon al jare reg onder die pawiljoen. Haidee Muller-Isaacs het hom gaan ontmoet.

Moenie vuurmaakhout na ander gebiede neem nie! 13.04.2022

Morné Faulhammer praat oor die implikasies van vuurmaakhout wat tussen provinsies rondgeskuif word.

Uit die Buitekring: Dr. Amy Martin 12.04.2022

Martelize Brink praat met dr. Amy Martin wat ‘n doktorsgraad behaal het in weerwil daarvan dat 25% present van haar brein weens gewasse verwyder is.

Hoe kan ontwettige orgaan- en weefselhandel bekamp word? 12.04.2022

Daar is wêreldwyd 'n groot tekort aan oorplantbare menslike organe en weefsel. 'n Nuwe benadering het noodsaaklik geword. Moet orgaanhandel as ‘n spesifieke misdaad beskryf word? Wat is van die voorstelle en idees? Prof. Melodie Laubuschaigne van Unisa se Skool vir Regsgeleerdheid is gemoeid met die kwessie. Jacqui January het met haar gepraat.

LGBTQi+ alfabet (Deel 2) 12 April 2022 12.04.2022

Martelize verken die LGBTQI+ alfabet in ‘n reeks van 4 insetsels. In die tweede insetsel bespreek die internasionaal gesertifiseerde seksuoloog, dr. Elmari Mulder-Craig, gender en seksualiteit.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.