RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Pandemie gee kantoorboelie ekstra skietgoed 05.05.2022 10:08
Noudat die ergste impak van die Covid-pandemie deur allerlei voorsorgmaatreëls afgeweer kan word, keer werkers terug na hulle kantore - in baie gevalle ongelukkig tot groot vreugde van die kantoorboelie. Hanna Kotze, ‘n kliniese maatskaplike werker en organisatoriese konsultant, het aan Mariska Spoormaker gesê dat die pandemie ekstra skietgoed vir die kantoorboelie gee.
Naaldekokers wys waterbesoedeling uit 05.05.2022 8:22
Water is ‘n lewensnoodsaaklike bron, en kan nie deur die mens vervaardig word nie. Die besoedeling van water hou verreikende gevolge in vir mens, dier en plant. Jacqui January gesels met ‘n navorsingstudent oor die besoedeling van water, en hoor watter rol naaldekokers en ander insekte speel as indikatorspesies, om te bepaal hoe besoedel ‘n rivierstelsel is.
Frieda van den Heever kuier by driesestig 04.05.2022 18:18
Johan Rademan en Martelize Brink gesels met Frieda van den Heever. Ons leer ken hierdie teatermens wat ook op RSG gehoor word.
Colleen Murphy se droom om te skep 04.05.2022 11:47
Colleen Murphy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe sy begin poppe maak het. Daarna het sy rooiwynsout begin maak, wat gespruit het uit haar pa se gesondheid. En toe het Covid die wêreld verander, veral in klein gemeenskappe, sê Colleen. Haar missie was dat sy moes help in haar grootwordplek, Calitzdorp, deur ‘n bedryf te skep met dinge wat rondom haar is. Sy wou terselfdertyd verseker dat waardes...
Klankleser laat boeke lewe 04.05.2022 9:11
Christo Reitz vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van ‘n klankleserpen wat jy saam met ‘n boek gebruik word. Die klankleser speel bv. die klank wat ‘n voël maak wanneer jy die klankleser by die prent van die voël hou.
Uit die Buitekring: Debbie Thompson 03.05.2022 14:48
Debbie Thompson vertel van haar ervaring as ‘n vrou in ‘n manswêreld. Sy is een van die eerste Suid-Afrikaanse vroue wat ‘n wynmaker geword het.
Baaienaars, vang nóu julle eie reënwater op, of… 03.05.2022 10:00
Die Suid-Afrikaanse weerdiens waarsku waterverbruikers in Nelson Mandelabaai en omliggende streke dat die opgaardamme binne die volgende maand of wat leeg sal wees. Garth Sampson van die Baaise weerkantoor het aan Mariska Spoormaker gesê droogtes en vloede is eie aan die streek, en inwoners moet leer om hulle wateropgaar- en verbruikmetodes daarby aan te pas.
Nuwe lewe vir weggooigoed 03.05.2022 13:39
Almie Louis vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe sy weggooigoed 'n nuwe lewe gee om dit onder andere in haar hotel se 42 kamers te benut.
Marguerite se kosfotografie 02.05.2022 14:20
Marguerite Oelofse vertel vir Martelize Brink van kosfotografie en die jongste kosneigings.
Die man met die dieretuin in sy mond 02.05.2022 8:34
Haidee Muller-Isaacs het vroeër vanjaar die KKNK op Oudtshoorn vir William Japhta ontmoet. Hy boots diere na want hy het op 'n plaas grootgeword, sê hy.
Betekenis en geluk in die werksplek 02.05.2022 10:08
Prof. Mias de Klerk praat oor betekenis en geluk in die werksplek.
Hoe maak mens vleis in 'n laboratorium? 29.04.2022 11:53
Elanda Relling-Snyman vertel vir Martelize Brink hoe mens vleis in ‘n laboratorium kweek.
Danolene se passie vir behoeftige kinders 29.04.2022 10:52
Haidee Muller-Isaacs het 'n jaar of wat gelede met Danolene Johanessen van Restore SA gesels oor hoe sy klere vir behoeftige kinders uit lakens begin maak het. Danolene het 'n passie vir behoeftige kinders, en Haidee het weer daar gaan inloer om te hoor hoe ver Danolene gevorder het met haar planne om behoeftiges te help.
Doktorale tesis oor Frans Marx 29.04.2022 12:16
Chris Vorster vertel vir Martelize Brink van sy doktorale tesis wat handel oor Franz Marx as die sentrale figuur in die ontstaan van die eerste Afrikaanse TV-dagvervolgverhaal.
Kaapse Goeie Hoop DBV vereer vir sy werk 28.04.2022 6:45
Jaco Pieterse vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Kaapse Goeie Hoop Dierebeskermingsvereniging wat vir hulle werk vereer is. Die DBV vier in Mei sy 150ste bestaansjaar.
Die stroop van wild met strikke is 'n groot probleem 28.04.2022 8:02
Die stroop van natuurlike hulpbronne is ‘n saak wat al baie aandag in Suid-Afrika gekry het. Dis veral renosters wat onder stropers deurloop, maar daar is ‘n ander probleem wat ‘n groot uitdaging vir wildbewaarders is – strikke wat vir wilde diere gestel word. Jacqui January hoor van projekte om strikke uit die natuur te verwyder.
Meisies se toegang tot IT-bedryf 28.04.2022 8:05
Dr. Linda-Louise Geldenhuys praat oor meises se toegang tot die inligting- en kommunikasietegnologie-bedryf.
Fokus op Audrey Jantjies 27.04.2022 9:24
Skrywer Audrey Jantjies gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor haar wedervaringe.
Marguerite Oelofse wen by internasionale kosfotografiekompetisie 27.04.2022 8:37
Marguerite Oelofse het presteer in ‘n internasionale fotografiekompetisie. Twee van haar foto's is by die internasionale Pink Lady kosfotografie-kompetisie bekroon. Dit het die eerste en tweede plek in die Afrika-afdeling verower, en sy is aangewys as beste vrouefotograaf.
Het van Verlangekraal vir radio verwerk 27.04.2022 11:57
Leon van Nierop vertel van die verwerking van die Het van Verlangekraal boek tot radiovervolgverhaal.
Die voor- en nadele van lugbraaiers 27.04.2022 5:51
Dieetkundige Irene Labuschagne praat oor die voor- en nadele van 'n lugbraaier.
Uit die Buitekring: Loraine Stander 26.04.2022 12:48
Loraine Stander vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe sy desjare op die ouderdom van 19 vir haar ouers moes vertel dat sy gay is. Loraine was twee keer verloof aan mans en het in 'n konserwatiewe kerkgemeenskap grootgeword. Sy skets haar lewensreis.
Irma Stern Museum - 50 jaar 26.04.2022 11:10
Elsa Klump vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Irma Stern Museum wat vanjaar 50 jaar oud is.
LGBTQi+ alfabet (Deel 3) 26 April 2022 26.04.2022 13:17
Martelize verken die LGBTQI+ alfabet in ‘n reeks van 4 insetsels. In die laaste insetsel doen die internasionaal gesertifiseerde seksuoloog, dr. Elmari Mulder-Craig, 'n samevatting van die vorige insetsels.
!Nabas ná 5 jaar weer in Kalahari 25.04.2022 7:07
SJ Koortzen vertel vir Martelize Brink van !Nabas wat ná vyf jaar weer hulle verskyning in die Kalahari gemaak het.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.