RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hoe mooi lyk jou geregte? 16.05.2022 12:32
Mynhardt Joubert verduidelik hoe jy kos voorsit sodat dit mooi vertoon.
Blinde Gholf Wêreldbeker in SA 16.05.2022 5:04
Ernst Conradie vertel vir Martelize Brink van die groei in blinde gholf, en die volgende blinde gholf wêreldkampioenskap wat in Suid-Arika gehou sal word.
Die Conradies van Nuyvallei 16.05.2022 11:28
Haidee Muller-Isaacs kuier in die Nuyvallei, en hoor van die Conradie-familie se 150 jaar nalatenskap daar.
Pas op vir daggaolie vir troeteldiere! 16.05.2022 5:14
Veearts dr. Ingrid de Wet praat oor die gebruik van cannabisolie vir diere en daggavergiftiging wat hulle al hoe meer sien.
Hoe word papier gemaak? 13.05.2022 10:48
Nic Campher vertel vir Martelize Brink hoe papier gemaak word. Ons kyk na hoe papier tradisioneel gemaak word en hoe dit uit herwinde papier gemaak word.
Olifante se tog van 800 km 13.05.2022 5:32
Dr. Michelle Henley vertel vir Martelize Brink van elf olifantbulle wat ‘n reis van 800 km van Mosambiek af deur Eswatini tot by die Kruger Nasionalepark afgelê het.
Oom Willie vertel van sy Clivia-koors 13.05.2022 9:06
Twee en twintig jaar lank het die 83-jarige Willie Le Roux van die Baai die een na die ander Clivia bestuif om nuwe kleure blomme op te tower. Noudat hy nader aan die winter as die somer van sy lewe staan, deel hy soveel as moontlik van sy kennis met ander Clivia-liefhebbers. Maar is die Clivia-koors nog so hoog onder Suid-Afrikaners, of is dit aan die afneem? Mariska Spoormaker het by Willie gaan...
Pas op vir bedrieglike webblaaie 13.05.2022 7:04
Heino Gevers praat oor die verskynsel van bedrieglike webblaaie wat opskiet sodra die een of ander ramp êrens afspeel. Ons hoor van honderde bedrieglike webblaaie wat bedryf word om skenkings onder die vaandel van hulp aan Oekraïne te steel.
Die veelsydige granaat 12.05.2022 16:53
Elrita Venter en Kurt Schlechter laat Johan Rademan en Martelize Brink proe aan ‘n skemerkelkie met gestookte granate as die sterbestandeel.
Edwin se lewenspad 12.05.2022 11:20
Edwin Etzebeth vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy uitdagings as 'n kind met disleksie. Hy is geboelie, maar daar was onderwysers wat hulle oor hom ontferm het. Hy het op 13 die skool verlaat en los werkies begin doen. Hy vertel hoe hy as negentienjarige sy sibbe alleen moes grootmaak nadat hulle wees gelaat is. Hy glo daar is ‘n rede hoekom die Here sekere goed op sy pad geplaas het.
Doktorsgraad in vernufpoësie 12.05.2022 2:59
Dr. Daniel Hugo gesels oor die limiriek. Hy het sy doktorsgraad verwerf in vernufpoësie, waarvan die limiriek een voorbeeld is.
Navorsingsentrum lok internasionale studente 12.05.2022 9:25
Dr. Elbé Coetsee vertel van die Mogalakwena Navorsingsentrum in Limpopo wat internasionale studente ontvang, wat navorsing doen oor Afrikakultuur en -ekologie.
Toutrek in Suid-Afrika 11.05.2022 19:55
Anton Rabe, president van die Internasionale Toutrekfederasie, gesels oor dié sport in Suid-Afrika.
Bewaring in die Groot Karoo 11.05.2022 10:05
Jacqui January gesels PC Ferreira, ‘n boer en bewaarder in die Groot Karoo. Hy vertel dat die laaste seekoei 230 jaar gelede in die Seekoeirivier geskiet is. Hy maak deesdae die bewaring en hervestiging van meer as net seekoeie sy lewenstaak.
Ondernemings se verantwoordelikheid met produkverpakking 11.05.2022 5:41
Gizelle Kruger vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van ondernemings se verantwoordelikheid met die verpakking van hulle produkte, en hoe dit herwin kan word.
Uit die Buitekring: Junette Syster 10.05.2022 13:16
Junette Syster gesels oor haar loopbaan as ‘n sogenaamde kurwemodel.
Hoe kleiner rooier, hoe brander mooier 10.05.2022 11:26
Haidee Muller-Isaacs kuier in die tuin van Denise Winks in Plumstead, Kaapstad. Denise vertel vir Haidee van haar trots - haar rissieplante. Die klein rooietjies is die gevaarlikste, sê Denise.
Hoe ruik jou huis? 10.05.2022 12:15
Suzanne Snowdowne en Karen Roos gesels oor reukmiddels vir die verskillende vertrekke in jou huis.
200 Jaar van die Murrays in SA 09.05.2022 11:12
Dr. Andrew Kok van die NG Kerk se argief vertel vir Martelize Brink van die Murray Jubileumfees wat op Wellington gehou is. Hy vertel van 200 jaar van die Murrays in Suid-Afrika en die impak wat hulle gemaak het.
Plek van wonderwerke vir Bethelsdorp se gestremde kinders 09.05.2022 11:02
In die Baai se noordelike gebiede is Genevieve Hendricks en haar span besig om wonderwerke in die kleine reg te kry. Waar daar eers wanhoop in die armer huishoudings was wanneer 'n kind met 'n gestremdheid gebore is, bring hulle ingrypende verandering en verbetering. Mariska Spoormaker het Genevieve by die Miracle Kids Senrtum in Bethelsdorp gaan opsoek.
Veilige plek vir die ietermagog 09.05.2022 9:24
Karen Odendaal van die Zoeloeland Bewaringstrust vertel vir Martelize Brink van ietermagog-bewaring, en ‘n veilge gebied wat geskep is om hulle bevolking te laat groei.
Hoe werk 'n raakskerm? 06.05.2022 12:10
Prof. Gert-Jan van Rooyen vertel vir Martelize Brink hoe raakskerms werk.
Wat is nomofobie? 06.05.2022 8:47
Dr. Marlena Kruger praat oor nomofobie op Digitale Welstandsdag.
Gimnasiums vir afgeleë plattelandse gebiede 06.05.2022 9:02
Karien Swiegers vertel vir Martelize Brink van ‘n projek om staalkonstruksies en algemene gesondheidskennis na arm afgeleë plattelandse gebiede te neem, om algemene gesondheid te verbeter.
Bak om geld te maak 05.05.2022 16:04
Christine Capendale vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe jy geld kan maak met jou bakvernuf.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.