RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Lenore se kombuis vol liefde 26.05.2022

Haidee Muller-Isaacs kuier in verpleegster Lenore Combrink se kombuis vol liefde. Lenore vertel vir haar van makataan-mosbolletjies, vye inlê en haar passie vir die gemeenskap.

Brad Habana in Katar 26.05.2022

Uit die meer as twee-en-‘n-halfmiljoen inwoners van Katar is slegs 300 000 Kataarse burgers. Naas Rusland het dié land die tweede grootste gasveld ter wêreld. Dié skiereiland in die Persiese Golf is net 160 km lank en 80 km breed, maar dit is een van die rykste lande in die wêreld. Sokkeraanhangers weet dat die FIFA Wêreldbekersokker-eindtoernooi later vanjaar daar plaasvind. Johan Rademan het tyd...

'n Loopbaan in geskiedenis 25.05.2022

Fransjohan Pretorius, emeritusprofessor in geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria, gesels oor sy loopbaan in en passie vir geskiedenis wat reeds op laerskool begin het.

Droë Baai ‘n mespunt vir besighede 25.05.2022

Terwyl almal asem ophou en hoop vir reën om die Baai van ‘n waterlose toestand te red, wonder mense wat die ekonomiese impak van die waterkrisis sal wees, nie net in die teenwoordige tyd nie, maar ook die toekoms, want só iets skrik seker potensiële beleggers af. Mariska Spoormaker het praat hieroor met MC Botha, ‘n raadslid van die Nelson Mandelabaai Sakekamer.

Wanvoeding in Afrika 25.05.2022

Vanjaar se tema vir Afrikadag is voeding. Ons hoor by ‘n pediatriese gastroenteroloog wat die stand van kindervoeding in Suid-Afrika en die res van Afrika is.

Uit die buitekring - Emile Gouws 24.05.2022

Emile Gouws is outisties. Hy was tot op 15 nie-verbaal. Hy is tans 'n spesialisonderwyser en is besig met die laaste jaar van sy doktorale studies.

Ethiopië se unieke kulturele gebruike 24.05.2022

Afrikadag word elke jaar op 25 Mei herdenk. Ons fokus vandag op Ethiopië, wat met nie minder nie as nege UNESCO-wêrelderfenisgebiede spog. Die hoofstad, Addis Abeba, is die hoogste stad in Afrika op 2 400 meter bo seevlak. Jacqui January het meer gaan uitvind oor die unieke kulturele gebruike in Ethiopië.

SA Vloot kry drie nuwe plaaslik vervaardigde vaartuie 24.05.2022

Admiraal André De Wet, Direkteur: Vlootmagvoorbereiding, vertel van die drie nuwe plaaslik vervaardigde vaartuie wat die SA Vloot bekendgestel het.

Stories-op-die-stoep-projek 23.05.2022

Martelize Brink gesels met Mariet Conradie van die Ditsong Kruger Museum oor hul stories-op-die-stoep-projek wat interaksie tussen die museum en gemeenskappe bevorder.

Van fotografie tot heuningbye 23.05.2022

Vrydag 20 Mei 2002 was Byedag. Haidee Muller-Isaacs kuier by Michael Hammond se The Honey Room. Die oudmediafotograaf vertel hoe sy byestokperdjie nou sy heeltydse werk geword het. Hy vertel ook wat mense van heuning moet weet.

Is jy 'n kritiese denker? 23.05.2022

Akademiese spesialis Samara Cloete verduidelik wat kritiese denke is, en hoe ons dié vaardigheid kan aanleer.

Hoe werk radiokoolstofdatering? 20.05.2022

Maggi Loubser vertel vir Martelize Brink hoe radiokoolstofdatering werk, wat bepaal hoe oud ‘n voorwerp is.

City Nature Challenge lewer nuwe ontdekkings op 20.05.2022

Rupert Koopman vertel van die ontdekkings wat gemaak is tydens vanjaar se City Nature Challenge.

Langerugskool vir leerders met leerhindernisse 20.05.2022

Haidee Muller-Isaacs kuier by die Langerugskool, 'n spesiale skool vir leerders met spesifieke leerhindernisse (ja, hier word nie van leergestremdhede gepraat nie). Sy loer in by die klasse en kyk hoe van die leerders leer om te swys, piesangbrode tebak en selfs te oefen vir 'n opkomende konsert.

Hein Botha oor posseëls en geologie 20.05.2022

Fotograaf, kunstenaar en ontwerper Hein Botha gesels oor sy geskiedenis as posseëlontwerper en sy voorliefde vir die gebruik van geologie in sy kuns.

Dokkie oor klimaatsverandering in Kaapse wynlande 19.05.2022

Kobus Louwrens vertel vir Martelize Brink van ‘n dokumentêre program oor klimaatsverandering in die Kaapse wynlande, om aandag op dié uitdaging te vestig.

Robertson se kerkorrel word 90 19.05.2022

Ockert Jonker vertel vir Martelize Brink van die NG Moedergemeente op Robertson se orrel wat vanjaar 90 jaar oud is. Dit word die naweek met uitvoerings gevier.

Klimaatsverandering en die landbou 19.05.2022

Dr. Tara Southey vertel vir Martelize Brink van klimaatsverandering en hoe dit vir landboudoeleindes gemonitor word.

Produkverpakking en produksieprosesse 19.05.2022

Will Coetsee vertel vir Martelize Brink van Europa se verwagtinge oor produkte se verpakking en produksieprosesse.

Brandbestryder Emile Conrad 18.05.2022

Emile Conrad vertel vir Martelize Brink van sy loopbaan as brandbestryder. Tot 2019 is hy vir vyf agtereenvolgende jare aangewys as wenner in die individuele afdeling van die SA Toughest Fire Fighter Alive kompetisie. Verlede week was hy tiende by die Wêreld Toughest Fire Fighter Alive kompetisie en tweede in sy ouderdomsgroep.

Kieriekuns 18.05.2022

Daar is baie stories oor kieries. Dis ‘n eeuoue artikel wat gebruik is in onder andere gevegte en om koring te stamp. Deesdae word dit meestl gebruik om mense te ondersteun terwyl hulle loop. Daar is tans ‘n uitstalling by die Pretoria Kunsvereniging, waar kunstenaars prakties, komies en filosofies oor dié hulpmiddel geword het.

Droogverouderde vis 18.05.2022

Francois Kemp vertel vir Martelize Brink van droogverouderde vis, wat deesdae ook in Suid-Afrika gemaak word.

Manny se netbalpad 17.05.2022

Manny Ferreira was ‘n uitblinker speler in die SA mansnetbalspan, en is nou ‘n suksesvolle afrigter met ‘n netbalakademie. Hy vertel vir Martelize Brink van sy sportloopbaan.

Despatch-ouma laat waai op vulkaniese eiland 17.05.2022

Verlede jaar het Danita Ferreira, ‘n ouma van Despatch en afgetrede hoof van die Kleuterland Bewaarskool, as ambulansbestuurder op Ascension, of Hemelvaarteiland, gaan werk eerder as om op pensioen te gaan. Mariska Spoormaker wou by Danita weet hoe sy haar groot sprong van Despatch na die piepklein vulkaniese eiland in die Atlantiese oseaan beleef.

Word-of-mouth-reklame in e-handel 17.05.2022

Pieter Groenewald vertel vir Martelize Brink van die rol wat word-of-mouth-reklame in ‘n die e-handelbedryf speel.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.