RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Uit die buitekring: Andriette de la Harp 07.06.2022

Andriette de la Harp vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe sy met deursettingsvermoë van werkloos tot die tweede plek in Masterchef gegaan het.

Goud vir Max van Moeggesukkel 07.06.2022

Kariega se rolstoelatleet, Max Kulati, met wie ons al vroeër gepraat het, het aan die IBFF se wêreld liggaamsbou-kompetisie in Slowenië deelgeneem, en met goud in sy afdeling teruggekeer. Mariska Spoormaker het tussen Max se ondersteuners by die Dawid Stuurman-lughawe in Gqeberha gaan wag.

Slaap jy genoeg? 07.06.2022

Dr. Etienne van der Walt praat oor die rol van slaap, en die optimale hoeveelheid slaap.

Plantekstrak vir dieregesondheid 06.06.2022

Dr. Ida Wilson vertel vir Martelize Brink van die potensiaal van plantekstrak vir dieregesondheid.

Plan gemaak met die Vallei van Verlatenheid 06.06.2022

Hoewel die Vallei van Verlatenheid buite Graaff-Reinet wêreldwyd gewild is as geologiese wonder, kon dit nog nooit die gesogte Lilizela-toekenning op nasionale vlak as die plek met die mooiste uitsig inpalm nie. Mariska Spoormaker het soontoe gegaan en gehoor van praktiese planne wat gemaak word sodat die Vallei van Verlatenheid ook dié gesogte toekenning kan losslaan.

Salon Afrique - A Homecoming Reimagined 06.06.2022

Chrischene Julius vertel vir Martelize Brink van SALON AFRIQUE - A HOMECOMING REIMAGINED by die Distrik Ses Museum. Dit is ‘n kunsversameling met die doel om ‘n plek van dialoog te skep in ‘n tyd waar Suid-Afrika sukkel om Afrikane hier te laat tuisvoel.

Natuurlike skoonheidsprodukte 03.06.2022

Sebastine Pepler vertel vir Johan Rademan van haar natuurlike skoonheidsprodukte.

Max Kulati - ‘n man van krag 03.06.2022

Toe sy rugwerwels ses jaar gelede verbrokkel en hy in 'n rolstoel beland het, het Max Kulati van Kariega besluit sak en as is nie vir hom nie. Hy begin toe met kragoptel. Na vele seges in dié sport, het hy besluit om oor te slaan na liggaamsbou, en toe ryg hy weer die titels in. Nou gaan hy Suid-Afrika verteenwoordig in die Internasionale Liggaamsboufederasie se Wêreldkampioenskap in Slowenië. Voo...

SA kortfilm beïndruk Cannes 03.06.2022

De Wet van Rooyen en Linsen Loots vertel vir Johan Rademan van hulle kortfilm, Dissonant, wat beïndruk het by die Cannes-filmfees.

Fietsrytoerisme 02.06.2022

Raino Bolz vertel vir Johan Rademan van fietsryroetes wat ontwikkel word om toerisme 'n hupstoot te gee.

Die handwerkgroepie by Suzie se koffiewinkel in Kuilsrivier 02.06.2022

Die handwerkgroepie by Suzie se koffiewinkel in Kuilsrivier maak die mooiste goed. Daar is iets van alles - mussies, kersboomversierings, komberse en truie. Daar is ook altyd iets lekker by hierdie byeenkomste, soos die heerlike koesisters op die dag toe Haidee Muller-Isaacs daar gaan kuier het. Die groep vroue vertel vir haar hoe hulle mekaar se stories van lief en leed leer ken, en sodoende meka...

Vloeibare Moed 02.06.2022

Marunzo Thomas vertel vir Johan Rademan van sy akteursloopbaan en die toneelstuk, Vloeibare Moed, waarin hy te sien is. Die produksie is geïnspireer deur die gebeure ná die grusame dood van Uyinene Mrwetyana.

Hanru Niemand se stories en musiek 01.06.2022

Sanger, liedjieskrywer en sielkundige Hanru Niemand kuier by Johan Rademan en Martelize Brink met sy stories en musiek.

Drink heuningbostee vir goeie gesondheid 01.06.2022

Heuningbostee word gemaak van verskeie inheemse fynbosstruike wat in die Wes- en Oos-Kaap voorkom. Dit is klein struike met heldergeel blomme en klein langwerpige of ovaal blaartjies. Tee van ‘n volwasse plant is die geurigste. Dit is al klinies bewys dat heuningbos uniek is vir sy gesondheidswaarde.

Hendrik du Preez van Katar 01.06.2022

Hy het in meer as 30 lande in Afrika gewerk, en bevind hom tans in Doha in Katar waar hy ‘n groot internasionale lugredery se visepresident: kommersieel vir Afrika is. Johan Rademan het Hendrik du Preez van Pretoria in Katar ontmoet.

Uit die Buitekring - Tanja Lategan 31.05.2022

Kunstenaar Tanja Lategan vertel vir Martelize Brink hoe sy kuns as helende metode gebruik.

Wêreld Pleegsorgdag 31.05.2022

Kobie Abrie gesels op Wêreld Pleegsorgdag oor die stand van aanneming in Suid-Afrika.

Suid-Afrikaners in Texas maak harte oop vir sokkerspelers 31.05.2022

Haidee Muller-Isaacs gesels met Melisha Maarman oor die groot harte van ‘n groep Suid-Afrikaners wat in Texas woon. Melisha was onlangs saam met 'n groep plaaslike jong sokkerspelers in Amerika, waar hulle aan die Dallas Cup deelgeneem het. Wat sy daar in Texas van haar eie land se mense beleef het, lê haar steeds na aan die hart. Sy vertel vir Haidee van hierdie ervaring daar doer in die verte.

Is jy gekraak? 31.05.2022

Gerhard Swart vertel vir Martelize Brink hoe jy weet wanneer ‘n kuberkraker jou gekraak het.

Skaars kwaggas nou by Vergelegen 30.05.2022

Eben Olderwagen vertel vir Martelize Brink van sewe skaars kwaggas wat ‘n nuwe tuiste by Vergelegen gevind het.

Potspel hou Rosedale-jeug uit die strate 30.05.2022

Potspel word geassosieer met tavernas en kroeë, maar in Rosedale op Kariega is die egpaar Koos en Shereen Witbooi besig om te bewys dit leer jong kinders dissipline en maak van hulle beter leerders. Boonop hou dit hulle uit die strate en uit die moeilikheid. Mariska Spoormaker het meer gaan uitvind.

Skep hoop vir die kinders 30.05.2022

Elmari Murphy praat in Kinderbeskermingsweek oor die belangrikheid daarvan om hoop te skep.

Van skroot tot kuns 27.05.2022

Martelize Brink het op 'n onlangse besoek aan Groot Brakrivier met mense gesels wat weggooigoed nuwe gee as bruikbare produkte en kunswerke, soos 'n olifant wat uit skroot gemaak is en 1 000 kg weeg!

Laat jou tuinplante inspekteer vir indringers 27.05.2022

Jou tuin mag soos ‘n lushof lyk, maar weet jy of daar enige uitheemse of indringerplante is? Indringerplante is veral 'n onding omdat dit so maklik versprei en biodiversiteit kan vernietig. Tuiniers behoort die verantwoordelikheid te neem om vas te stel wat is inheems, uitheems en indringer in hulle tuine. ‘n Baaise natuurgids en plantkundige, Graeme Pienaar, help tuiniers hiermee. Mariska Spoorma...

SA se spioene 26.05.2022

Martelize Brink en Johan Rademan gesels met Henning van Aswegen, skrywer van die boek, Spioenmeesters, oor die 18 gevallestudies wat hy oor die wêreld van Suid-Afrika se spioene saamgevat het.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.