RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hoe vlieg 'n helikopter? 17.06.2022 11:27
Rob Jonkers verduidelik vir Martelize Brink hoe ‘n helikopter vlieg.
Werkswinkel vir vroue-entrepreneurs 17.06.2022 12:09
Haidee Muller Isaacs was in Kuilsrivier waar ‘n strategiese werkswinkel vir vroue-entrepreneurs aangebied is. Sy het ‘n paar sterk vroue ontmoet wat ander vroue leer hoe om besighede van die grond af te kry. Hulle vertel vir Haidee hoekom hulle alles in hulle vermoë doen om vroue te bemagtig. Twee oudonderwysers vertel van hulle eie besighede waar hulle ander aan die hand vat. Haidee hoor ook van...
Karoo Padstal 17.06.2022 9:08
Martelize brink kuier by die Karoo Padstal, en gesels oor die plaaslike ekonomie met die eienaar wat na baie jare in die stad, terug na die Karoo getrek het.
Juan Roberts se musiek 16.06.2022 15:07
Die 13-jarige Juan Roberts en sy ma, Hilde, gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy musikale talent. Hy skryf sy eie musiek en bespeel self al die instrumente op sy album, Someday Soon.
Riyaad se atletiekklub 16.06.2022 10:55
Riyaad Avontuur vertel vir Haidee Muller-Isaacs van die Bonteheuwel Atletiekklub wat hy begin het om kinders uit die kwaad te hou. Riyaad was langer as 18 jaar verslaaf aan dwelms, maar het pas ‘n toekenning ontvang omdat hy langer as 5 000 dae skoon is. Sy atletiekklub gaan nou van krag tot krag.
Karen Muir, die swemwonderkind 16.06.2022 17:23
Chris Steyl en Karike Human gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor Karen Muir, die swemwonderkind wat op 12-jarige ouderdom al ‘n senior wêreldrekord gebreek het. Nog 17 het gevolg teen die tyd dat sy sewentien was. Karike vertel van haar ma. Chris het ‘n boek or Karen saamgestel.
Ivan Botha en Donnalee Roberts 15.06.2022 19:27
Ivan Botha en Donnalee Roberts kuier by Johan Rademan en Martelize Brink in die ateljee, en gesels oor die verskeie projekte waaraan hulle werk.
Skok oor Algoabaai se verdwene pikkewyne 15.06.2022 9:54
Natuurliefhebbers in Algoabaai het met skok gereageer op die nuus dat daar slegs sowat 2 500 brilpikkewyne op Algoabaai se St. Croix-eiland oor is. Enkele jare gelede was St. Croix die tuiste van die meeste brilpikkewyn-broeipare in die wêreld. Ronelle Friend, ‘n omgewingswetenskaplike van die Baai, het ondersoek gaan instel en foto’s van ‘n pikkewyn-verlate St. Croix op haar Facebookblad geplaas....
Wêrelddag Teen die Mishandeling van Ouer Persone 15.06.2022 11:30
Irene Snell-Carroll praat oor Wêrelddag Teen die Mishandeling van Ouer Persone.
Uit die buitekring: Pastoor Craven Engel 14.06.2022 8:26
Pastoor Craven Engel vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy rol in mediasie by bendegeweld.
Somerset-Wes brand laat vyf huise in puin 14.06.2022 9:17
Prof. George Claassen vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die onlangse brand by Somerset-Wes waar sy huis amper saam met vyf ander huise in die slag gebly het.
Ken jou idiome 14.06.2022 8:06
Van ‘n padda vere probeer pluk. Dis net die oortjies van die seekoei. As dit pap reën, moet jy skep. ‘n Paar mooi idiome in Afrikaans. Weet jy wat dit beteken? Hoor jy nog mense so praat? Jacqui January vertel van ‘n bordspeletjie om die gebruik van idome onder oud en jonk aan te moedig.
Wie tolk so? 14.06.2022 9:47
Juanli Theron vertel van die tolkdienste wat die Universiteit Stellenbosch se Taalsentrum aanbied.
Is rou kos goed vir jou troeteldier? 13.06.2022 12:41
Veearts dr. Ingrid de Wet praat oor rou kos vir troeteldiere.
Nuwe voëlspesies telkens in Camdeboo-park ontdek 13.06.2022 10:02
Daar gaan amper nie ‘n maand verby nie dat daar nog ‘n nuwe voëlspesie in die Camdeboo Nasionale Park ontdek word. Dit laat ‘n mens wonder waarop gretige voëlkykers bedag moet wees om sulke ontdekkings te kan doen. Mariska Spoormaker het saam met Leonie Fouché, oud-stadsklerk van Nieu-Bethesda, na die Camdeboo-veld gegaan om meer te leer.
Kate Vos van Groot Brakrivier 13.06.2022 7:20
Martelize Brink gesels met Kate Vos, ‘n ouer wat betrokke is by die Laerskool Vorentoe op Groot Brakrivier. Sy word geloof vir haar kreatiwiteit, en vertel hoekom sy van Johannesburg na dié klein dorpie getrek het.
Hoe vlieg 'n vliegtuig? 10.06.2022 14:58
Rob Jonkers vertel vir Martelize Brink hoe ‘n vliegtuig vlieg, en verwys na die verskeie soorte vliegtuie.
Leslie Morris se kronkelpad na bo 10.06.2022 9:51
Haidee Muller-Isaacs gesels met Leslie Morris van Kuilsrivier. Moet nooit dat ander vir jou vertel dat jy nie jou drome kan bewaarheid nie, sê Leslie. Hy het op 36 'n advokaat geword. Hy vertel vir Haidee van sy uiters uitdagende kronkelpad na bo, en sy drome om ander te help om hulle regskennis op te skerp.
Skenk 'n fles ingelegde lekkerte 10.06.2022 6:06
Hannerie Visser vertel vir Martelize Brink van ‘n projek waar jy ‘n vol fles ingelegde kos inhandig, in ruil vir ‘n leë fles en jou storie. Die kos word geskenk aan Ladles of Love.
Mari Visser se vleiskennis 09.06.2022 8:35
Mari Visser gesels oor haar grootwordjare in die Karoo en die kennis van vleis wat sy by haar pa gekry het. Hulle bewerk vleis vir jagters, wat nie die vaardighede het om dit te doen nie.
Suid-Afrikaners hou baie van roomys 09.06.2022 8:18
Volgens marknavorsing het die aankoop van snoepgoed die afgelope twee jaar tot die hoogste vlak ooit gestyg. Roomys is bo-aan die lys, met ‘n toename van bykans 6%.
Fertiliteit en die pandemie 09.06.2022 11:45
Dr. Dries Potgieter praat oor infertiliteit en die sielkundige impak wat die Covid-19-pandemie op fertiliteit het.
Este Rabé se gesondheidsreis 08.06.2022 19:29
Este Rabé gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor Bottomless Coffee Band, haar gesondheidsreis, selfbeeld en ‘n nuwe kunsrigting.
Elize se liefde vir bejaardes 08.06.2022 12:37
Haidee Muller-Isaacs gesels met Elize van der Westhuizen. Sy het 21 jaar lank as bestuurder by Chrismar Villas-aftreeoord in Bellville gewerk. Chrismar Villas en Bellville Senior Sentrum is 'n program van Badisa. Badisa is die Tswana woord vir herder of versorger. Elize vertel vir Haidee van haar liefde vir bejaardes, en hoekom sy gekies het om te doen wat sy doen.
SA hengelaars gaan groot oorsee 08.06.2022 12:02
Mark Beyl en Piet Nel vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Protea Diepseehengelaars se suksesse die afgelope tyd. Hulle was deel van die Protea Snawelvisspan wat koning gekraai het in Kuba. Hy vertel ook van die Protea Bodemvisspan wat brons behaal het in Ysland.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.