RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Maria van der Westhuizen se botaniese droom 30.06.2022

Haidee Muller-Isaacs kuier op Worcester by die Karoo Desert Botaniese Tuine waar haar paaie kruis met Maria van der Westhuizen. Maria het in 2005 as skoonmaker daar begin, en toe gaan studeer sy verder in tuinboukunde. By die tuine op Worcester is daar 'n bordjie by die vetplante wat lees: Hierdie area word bestuur deur Maria van der Westhuizen. Sy vertel vir Haidee van haar grootworddae op 'n pla...

Die Koelkamers maak teater op Paternoster 30.06.2022

Jan Malan vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Die Koelkamers-teater op Paternoster, wat uit die Covidpandemie gebore is.

Jeff Coetzee se tennisloopbaan 29.06.2022

Jeff Coetzee vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy tennisloopbaan as speler en ATP-afrigter.

African Women in Agriculture help vroueboere 29.06.2022

Bianca Clarke vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van African Women in Agriculture, ‘n organisasie wat jong swart vroue blootstelling en opleiding in landbou gee.

Ervaar die Khoikultuur in die Paarl 28.06.2022

Marshall Hartogh, Villa Brown en Jeffery Hartzenberg vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van DIE KHOI in die Paarl wat jou die geleentheid gee om die Khoikultuur eerstehands te ervaar.

Adri se mosaïek en nuwe TV-loopbaan 28.06.2022

Haidee Muller-Isaacs kuier by oud-onderwyseres Adri Vivier op Melkbos. Adri vertel van haar passie vir mosaïek en haar nuwe TV-loopbaan op 61.

Hoe hou lughawens voëls van die aanloopbane af? 28.06.2022

Ronel Steenkamp, ’n natuurlewebeampte by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg, vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe voëls by beheer word om seker te maak hulle kom nie naby die aanloopbane nie.

Die beste voëlkyk-plekke 27.06.2022

Ernst Retief vertel vir Martelize Brink van die beste plekke in Suid-Afrika om te gaan voëls kyk.

Vyftienjarige is ruiterkunskampioen 27.06.2022

Junika Hugo vertel vir Martelize Brink van ruiterkuns. Dié 15-jarige ry Amerikaanse saalperde. Sy is opgeneem in die Senior Vyfgang Protea Ruiterkunsspan wat in Julie in die VSA sal deelneem aan die Wêreldbekerkompetisie.

Sosiale emosionele geletterdheid 27.06.2022

Samara Cloete praat oor sosiale emosionele geletterdheid, en hoe jy dit aanleer.

Hoe suiwer ek water? 24.06.2022

Prof. TG Barnard vertel vir Martelize Brink hoe 'n mens water suiwer.

Die Bateleurs vlieg vir die omgewing 24.06.2022

‘n Bateleur is ‘n roofvoël, maar hierdie bateleurs roof nie, hulle vlieg vir die omgewing. Dis ‘n groep vlieëniers wat omgewingsbewaringsorganisasies op ‘n vrywilligersbasis bystaan. Jacqui January het by een van die lede van die Bateleurs gaan kuier.

YMM berei mense voor vir die 4de industriële rewolusie 24.06.2022

Marshall Nelson vertel vir Martelize Brink hoe die Youth Media Movement in Mitchells Plain mense voorberei vir die 4de industriële rewolusie. Dit sluit in die bou van hommeltuie en 3D-drukkers. Hulle doen hommeltuigsokker-demonstrasies om mense se belangstelling te prikkel.

SA se judotweeling op pad na Statebondspele 23.06.2022

Thomas en Donné Breytenbach is die eerste Suid-Afrikaanse tweeling wat saam aan die Statebondspele gaan deelneem. Johan Rademan en Martelize Brink het met hulle gesels.

Emile Joubert se kosmemoirs 23.06.2022

Emile Joubert werk in die wynbedryf, maar sy pad met kos kom al sy lewe lank met hom saam. Hy kuier in Haidee Muller-Isaacs se sitkamer, waar hy vertel hoe hy as sesjarige saam met sy ouers in Engeland moes gaan woon toe sy pa daarheen verplaas is. Hy het die kosbaarste herinneringe aan sy ma, en vertel vir Haidee van sy interessante lewensreise, en sy kosmemoirs wat hy pas vrygestel het.

Magdalene Minnaar gesels opera 22.06.2022

Magdalene Minnaar gesels oor haar grootwordjare, haar loopbaan as operasanger en nou as artistieke direkteur van Kaapstad Opera.

Marion Holm in nuwe RSG-vervolgverhaal 22.06.2022

Marion Holm vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van haar rol as Florence in RSG se nuwe middagvervolgverhaal, Ou liefde Roes deur Joe Kleinhans.

Curriebekerfinaal op Kimberley 22.06.2022

Monte Engelbrecht gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die komende naweek se Curriebekerfinaal op Kimberley, en wat dit vir Griekwasrugby beteken.

Impak van brand in Helderberg Natuurreservaat 22.06.2022

Roy Ernstzen praat oor die impak en herstelvooruitsigte van die brand verlede week in die Helderberg Natuurreservaat. Die brand is deur 'n groot hoeveelheid reën gevolg.

Gesin reis die wêreld plat 21.06.2022

Charl en Marianne du Toit vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van hul lig-lewe-filosofie. Hulle het hulle goed verkoop, werk bedank en met drie kinders in doeke begin toer. Hulle was ses maande deur die VSA met ‘n ryhuis, en ‘n maand in Argentinië. En so vat hulle gereeld die pad.

Antie Dolly van Malmesbury 21.06.2022

Haidee Muller-Isaacs ontmoet Antie Dolly Naylor van Malmesbury, wat vir haar die lekkerste stories vertel oor haar grootworddae in die Swartland, van ertjies pluk en hoe sy vandag steeds mense voer, want, soos sy sê, dis haar plig. Haar ma het dit vir haar as kind geleer.

Landrover Owners Club 21.06.2022

Jakob Jordaan vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Landrover Owners Club wat in 1960 gestig is. Dis die oudste 4x4-klub in die land en die oudste klub vir Landrovereienaars ter wêreld.

Studie oor TB in renosters 20.06.2022

Dr. Wynand Goosen vertel vir Martelize Brink van ‘n pionierstudie oor TB in renosters.

Camdeboo Nasionale Park gee jeug hoop 20.06.2022

Projekte om gronderosie in die Camdeboo Nasionale Park te help bekamp, en die bewaring van biodiversiteit in die park, wat eens oorbeweide meentgrond was, help nie net met werkskepping in die nabygeleë Graaff-Reinet nie, dit help ook om ‘n toekoms vir jong mense te skep. Johannes Jantjies, die waarnemende parkhoof, verduidelik aan Mariska Spoormaker wat die projekte behels.

Doodsklere vir stilgebore babas 20.06.2022

Eric Elronde vertel vir Martelize Brink van The Angel Gown Initiative, wat ou trouklere gebruik om doodsklere vir stilgebore babas te maak.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.