RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Natuurlike watersuiwering 13.07.2022 13:22
Romy Stander praat oor natuurlike watersuiwering vir besoedelde riviere.
eSport as 'n skoolvak? 12.07.2022 14:37
Ruan Hattingh vertel vir Johan Rademan hoe eSport as deel van ‘n skool se leerplan gebruik word.
Hoe word skaapkop verwerk? 12.07.2022 7:13
Llewellyn Gwegwe wys vir Martelize brink hoe hy skaapkop verwerk. Dis ‘n vaardigheid wat hy as jong kind aangeleer het.
Bespaar só brandstof 12.07.2022 9:26
Layton Beard vertel vir Johan Rademan watter bedrieglike aansprake van petrolbesparende produkte die rondtes doen, en gee raad om petrolverbruik te verlaag.
Bedreigde Suid-Afrikaanse voëls 11.07.2022 15:28
Dr. Hanneline Smit-Robinson vertel vir Johan Rademan van 'n paar moet-sien bedreigde Suid-Afrikaanse voëls.
Marinda Engelbrecht se liefde vir kos en kinders 11.07.2022 9:22
Haidee Muller-Isaacs gesels met Marinda Engelbrecht, wat bekend is vir haar kosprogramme en kookboeke. Sy is 'n oud-onderwyser wat steeds tussendeur werk as regisseur van kinderproduksies. Die liefde vir kinders bly in haar hart. Haidee het meer gaan uitvind oor haar planne.
Tegnologie in voedselkettings 11.07.2022 7:56
John Uys praat oor die rol van tegnologie in toekomstige voedselkettings.
Hoe word plastiek herwin? 08.07.2022 11:37
Annabe Pretorius van Plastiek SA vertel vir Martelize Brink hoe plastiek herwin word.
Die menslike leuenverklikker 08.07.2022 7:30
Ontmoet Lizette Volkwyn. Sy is een van slegs twee gesertifiseerde PEI-leuenverklikkers in Suid-Afrika. Hoewel hierdie gedeelte van haar werk as menslike leuenverklikker vir ander intimiderend kan wees, stel sy jou sommer gou gerus dat sy nie altyd “aan diens” is nie. “Natuurlik is daar soms tekens wat my opval wanneer ek sosiaal verkeer, maar ek verkies om nie daarop te reageer nie. Dis eenvoudig,...
Waar was die vrouestem tydens Covid-19-verslaggewing? 08.07.2022 8:38
Lili Rademan vertel vir Martelize Brink van navorsing oor die vrouestem wat min gehoor is tydens Covid-19-verslaggewing.
Die Richtersveld se mense 07.07.2022 20:25
Jo-mari Nel praat oor die kultuur van die Richtersveld se mense, wat vasgevang is in verhale.
Marionette - Van Maria tot Haas Das 07.07.2022 8:59
Die eerste marionette (handpoppe wat met toue hanteer word) is in die 17de eeu in Europa opgeteken. Van die eerste marionette het die Maagd Moeder Maria uitgebeeld. Hierdie eeuoue uitvoerings word steeds gebruik om stories aan oud en jonk te vertel. Haas Das, ‘n handpop, is vir baie Suid-Afrikaners ‘n bekende figuur, wat meer as ‘n half eeu gelede op televisie verskyn het. Jacqui January neem ons...
Word ingestel op groei 07.07.2022 5:53
Gadiel Robertze praat oor ‘n groei-ingesteldheid om vaardighede te ontwikkel.
Johann Nel se dramapad 06.07.2022 17:36
Johann Nel gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy pad met drama op radio, die verhoog en TV.
Fauresmith 200 km uithourit 06.07.2022 9:00
Pieter Streicher vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Fauresmith 200 km uithourit waaraan 300 ruiters en perde deelneem.
Petrie Botha se vliegdroom 06.07.2022 6:12
Petri Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hy as 15-jarige die grendeltyd gebruik het om die teorie vir sy vlieglisensie te doen. Op 17 is hy nou bykans klaar met sy praktiese vliegure.
Chantel Memizwa gaan Oorplantingspele toe 05.07.2022 13:45
Chantel Memizwa vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Oorplantingspele waaraan sy binnekort deelneem. Sy deel ook haar oorplantingsverhaal.
Arrie, die kankeroorwinnaar 05.07.2022 10:52
Adriana, of Arrie, Robinson is die afgelope 25 jaar 'n kankeroorwinnaar. Sy het klierkanker drie keer geklop! Albei haar ouers is oorlede aan kanker. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs dat sy en haar man bevoorreg is om 2022 se Cansa Hero of Hope Survivor and Carer te wees. Daar is soveel dankbaarheid in haar hart om kanker te kon klop.
Truffels in SA verbou 05.07.2022 14:14
Hanene van Dyk vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van plaaslik verboude truffels, die honde wat dit uitsnuffel, en hoe dit in geregte gebruik word.
Orkas se impak op withaaie 04.07.2022 9:48
Wilfred Chivell vertel vir Martelize Brink van ‘n studie van twee orkas se impak op die groot withaaibevolking aan die Suid-Afrikaanse kus.
Drie driekampe in 6 dae in 3 lande 04.07.2022 10:32
Rehan Greeff gesels met Martelize Brink oor die drie volle driekampe in ses dae in drie lande, wat hy die naweek afgehandel het. Dit het plaasgevind in London, Kisoro in Uganda en Kaapstad.
Hoe word plastiek gemaak? 01.07.2022 11:50
Annabe Pretorius vertel vir Martelize Brink hoe plastiek vervaardig word.
Insekte is hoogs suksesvol 01.07.2022 10:38
Insekte is hoogs suksesvol. Baie geleerdes dink hulle is die suksesvolste skepsels in die diereryk. Hulle lewe oral op land, in die lug en in die water en is merkwaardig toegerus vir amper enige soort omgewing, selfs die ysmassas van die Noord- en Suidpool en die snikhete woestyn. Jacqui January het meer gaan uitvind van inseknavorsing in Suid-Afrikas se botaniese tuine.
Gebruik minder plastiek 01.07.2022 12:23
Maryke Visagie gee vir Martelize Brink praktiese wenke om plastiekgebruik te beperk.
uShaka Marine World het legio aktiwiteite 30.06.2022 7:54
Maryke Musson vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van al die aktiwiteite by uShaka Marine World in Durban.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.