RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Jou afval sê baie van jou karakter 26.07.2022

Wat sê jou vullissak oor jou leefwyse? In Nelson Mandelabaai het die munisipaliteit afval- karakterontleding in die hoër-, middel-, en laerinkomste gebiede gedoen. Mariska Spoormaker het by Melinda Labuschagne van die munisipaliteit se department vaste afvalbeheer gaan hoor wat hulle bevindings was.

Webwerf wys hoe misdaad in jou buurt lyk 26.07.2022

Adriaan Basson van News24 vertel van ‘n nuwe webwerf wat aandui wat die misdaadsituasie in jou dorp, stad en woonbuurt is. (https://crimecheck.news24.com)

Husky Rescue SA 25.07.2022

Michelle Wiesner vertel vir Martelize Brink van Husky Rescue SA se toevlugsoord vir Huskies, en watter e temperament hierdie honde van Siberië het.

Vlugtige olies in plante 25.07.2022

Vlugtige olie, ook bekend as essensiële olie, is teenwoordig in 'n klas van plante met aromatiese geur, wat verwerk kan word tot vlugtige olierige komponente. Boegoe is ‘n plant wat die Nederlanders by die Khoi en San leer ken het, en is bo aan die Suid-Afrikaanse lys van inheemse plante wat ge-oes word vir vlugtige olie. Jacqui January vertel meer.

Loodgieters en mikrobes 25.07.2022

Robert Schoeman vertel vir Martelize Brink van mikrobes wat loodgieters kan inspan om dreine skoon te maak.

Hoe werk 'n 3D-drukker? 22.07.2022

Marshall Nelson vertel vir Martelize Brink hoe 'n 3D-drukker werk.

Pionierskool woeker met radio 22.07.2022

Quenten Pendle, Sheldon Adams en Gugu Selero vertel vir Martelize Brink van die radioakademie by die Pionierskool vir siggestremdes.

My huis, my rugbymuseum 22.07.2022

In die Baaise woonbuurt, Rowallanpark, omskep Johan Bothma amper sy hele huis elke jaar vir minstens drie weke lank in ‘n tydelike rugbymuseum. Sy vrou, Esther, sê hy doen dit al 20 jaar, en dit is goed só, want rugby het ‘n manier om geskiedenis en mense op gesellige wyse bymekaar te bring. Mariska Spoormaker het gaan kuier.

Bokashi-gemeenskapsprojek 22.07.2022

Natashia de Wet vertel vir Martelize Brink van ‘n projek waar die gemeenskap bokashi maak, wat dan verwerk word tot kompos en aangewend word in ‘n gemeenskapstuin waar hawelose mense werk gegee word.

Sidney le Fleur se medisinale plante 21.07.2022

Sidney le Fleur vertel van die medisinale plante wat hy by Plettenbergbaai verbou.

Yolani Abrahams se planne 21.07.2022

Haidee Muller-Isaacs gesels met Yolani Abrahams, bekend as ‘n fyngebak-sjef en destydse Sarie-voorbladgesig van die jaar. Yolani het onlangs afgehaak, en Haidee het gaan inloer om meer te hoor oor haar TV-loopbaan, nuwe projekte en planne.

Filmfees kyk na eetgewoontes en klimaatsverandering 21.07.2022

Arleen Nel vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van ‘n omgewingsfilmfees in Kaapstad, wat fokus op die skakel tussen eetgewoontes en klimaatsverandering.

Erik Holm gesels 20.07.2022

Akteur Erik Holm vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy loopbaan en die projekte waarmee hy besig is.

Anneke Snyman se tweede Statebondspele 20.07.2022

Anneke Snyman vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van haar rolballoopbaan. Op 28-jarige ouderdom neem sy vanjaar al aan haar tweede Statebondspele deel.

I AM NOT PLASTIC-beweging 20.07.2022

Tertius Pieters vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die I AM NOT PLASTIC-beweging.

Pleegouerskap 19.07.2022

Marietjie Steyn vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink wat dit verg om 'n pleegouer te wees.

Fred Hufkie - skoolhoof, vaderfiguur, gemeenskapsleier 19.07.2022

Met die herdenking van Mandeladag nog vars in die geheue, is dit toepaslik om erkenning aan besondere gemeenskapsleiers te gee. Dis die persone wat dikwels ‘n vader- of moederfiguur is en diep spore trap in die harte van die mense wat hulle ophef. Jacqui January vertel van een só persoon.

Plantgebaseerde hoendervleis 19.07.2022

John Uys laat proe Johan Rademan en Martelize Brink aan 'n plantgebaseerde hoenderalternatief.

Katpanleukopenievirus 18.07.2022

Veearts dr. Ingrid de Wet vertel vir Martelize Brink van katpanleukopenievirus, 'n hoogs aansteeklike virale siekte wat nou kop uitsteek.

Koderingstoernooi vir Mandeladag 18.07.2022

Professor Jean Greyling van die Nelson Mandela Universiteit vertel vir Haidee Muller-Isaacs van 'n reuse koderingstoernooi wat hulle aanbied ter viering van Mandeladag.

Bou huise met hempbakstene 15.07.2022

Boshoff Muller van Afrimat Hemp vertel vir Johan Rademan hoe jy met hemp huise kan bou.

Mosaïek-wêreldrekord vir Mandeladag 15.07.2022

Togeda Adams vertel van Ladles of Love se Guinness Wêreldrekord-poging op Mandeladag om die grootste mosaïek uit blikkieskos te bou.

Aalwyne vir jou tuin 14.07.2022

Aalwyne speel, net soos enige ander plant, 'n onmisbare rol in die ekologie. Dit verskaf blyplek aan 'n verskeidenheid voëls en diere, veral in dele waar aalwyne die hoogste plante in die veld is. Vandag hoor ons ‘n ander kant van die aalwynstorie - die kloning en kruising van aalwyne wat vir tuinplante gekweek word. Jacqui January het die besonderhede.

Johnny Koen, Springbokfietsryer 13.07.2022

Johnny Koen gesels oor sy dae as Springbokfietsryer, die Tour de France, en die beeld van fietsry.

Angelique se skokdiagnose en herstelproses 13.07.2022

Angelique Jones (30) was die eendag nog fiets, fiks en gesond, en die volgende is sy in die hospitaal besig om vir haar lewe te veg. In 2021 was sy ses weke swanger toe sy hoofpyn gekry het. By die hospitaal moes sy hoor 'n aar het gebars, en daar is bloeding op haar brein. Na vele ondersoeke, kom nog 'n skok - daar is velkanker in haar brein ('n baie skaars diagnose). Vandag is sy weer haar ou se...

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.