RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Wat is teengif en hoe werk dit? 05.08.2022

Dr. Carine Marks vertel vir Martelize Brink hoe teengifmiddels werk.

Pannekoekdeeg vir 'n operasie 05.08.2022

Sarisha du Plessis vertel vir Martelize Brink hoe sy pannekoekdeeg verkoop het om te betaal vir haar 3-jarige seun se operasie in Amerika. Die mikpunt was R1,5 miljoen.

Familie-navorsing om Covid-breindofheid te troef 05.08.2022

Mariska Spoormaker praat met Melanie Burke, dogter van Johnny Burke, stigterslid van die immergewilde groep The Invaders. Melanie ‘n boorling van Kariega (voorheen Uitenhage) wat deesdae in Spanje woon, het onlangs besef sy het lang-Covid breindofheid toe sy mense en name begin vergeet het. Sy het besluit navorsing oor haar familie-stamboom is die beste medisyne om haar brein reg te ruk.

Vrouemaand by die KunsteKaap 04.08.2022

Dr. Marlene le Roux praat oor die Sirkel van Sorg wat KunsteKaap bied tydens hulle Vrouemaandprogram.

Suster Maggy van Ceres 04.08.2022

Sy is alombekend op Ceres as Suster Maggy. Afgetrede psigiatrie-verpleegsuster Maggy Abrahams vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar liefde vir kinders en ‘n hart vir die afvlerkvoëls. Haidee hoor ook hoe oorlede ma, wat 'n huishulp was, haar geleer het om die heerlikste kos te kook. En natuurlik het Haidee se mond gewater…

Alexander Coetzee skiet met groot kalibers 04.08.2022

Alexander Coetzee vertel vir Martelize Brink van groot kaliber skietkompetisies. Hy het onlangs silwer gewen by die Britse Ope Skietkampioenskap.

Dr. Francisca van der Schyff plant lewers oor 03.08.2022

Dr. Francisca van der Schyff praat oor haar loopbaan as ‘n oorplantingchirurg. Sy is een van enkele dokters in Afrika wat dele van lewende skenkers se lewer op kinders oorplant.

Ontwikkeling van boere in landelike gebiede 03.08.2022

Landbou lê menige Suid-Afrikaner na aan die hart, veral in verafgeleë plattelandse gebiede waar dit van kardinale belang is om te oorleef in ‘n brose en weerlose omgewing. Die Suid-Afrikaanse Essensiële Olievervaardigingsvereniging doen saam met die Landbou Navorsingsraad ontwikkelingswerk om kleinskaalboere in landelike gebiede te ondersteun en help met die ontwikkeling van nuwe produkte.

SAL-museum bewaar lugvaartgeskiedenis 03.08.2022

Barry Els vertel vir Martelize Brink van die Suid-Afrikaanse Lugdiens Museum by die Randse Lughawe aan Gauteng se Oosrand.

Engeltjiepartytjies 02.08.2022

Anda Grobbelaar vertel vir Martelize Brink van engeltjiepartytjies wat sy hou ter herdenking aan haar dogter wat dood gebore is.

Verweesde ouers se hartseer 02.08.2022

Prof. Lizette Rabe gesels met Martelize Brink oor verweesde ouers, en ‘n artikel wat sy oor hierdie ouers se hartseer geskryf het.

Nick van Huyssteen se Tulbagh 02.08.2022

Haidee Muller-Isaacs se pad het op Tulbagh met dié van Nick van Huyssteen gekruis. Hy is oorspronklik van Springs, maar woon al die afgelope paar jaar op hierdie pragdorpie, wat hy die dorp van omgee noem. Hy sê hy voel glad nie soos 'n inkommer nie. Nick het behoorlik nesgeskop en is betrokke by van die buurtwag tot die dorp se museums.

Just Care sorg vir kinders van Mount Pleasant in Hermanus 02.08.2022

Marlinda Wright vertel vir Martelize Brink hoe die gemeenskap saamwerk om nasorgdienste by Just Care te bied vir kinders uit die minder gegoede gemeenskap van Mount Pleasant by Hermanus.

Eerste hond amptelik lid van Lewensredders SA 01.08.2022

Mariska Spoormaker ontmoet Lyric, die eerste hond wat amptelik lid geword het van Lewensredders Suid-Afrika. Lyric se opleiding en daarna haar dienste, sal aanvanklik by Blouwaterbaai, een van die swemstrande in Gqeberha, geskied.

Agterplaasbewaring 01.08.2022

Gawie van Deventer vertel vir Martelize Brink van die VeldwagtersVereniging van Suider-Afrika, en wat agterplaasbewaring behels.

Vraghouerbehuising vir jongmense in Ysterplaat 01.08.2022

Leraars Scherlize van der Merwe en Niel Steyn vertel vir Martelize Brink van vraghouerbehuising vir jongmense in die Ysterplaat-gemeenskap.

Watter biefstuksnit verkies jy? 29.07.2022

Salvin Hirschfield vertel van die verskillende biefstuksnitte, ook die minder bekendes.

Ander se hartseer lei tot nuwe lewensuitkyk 29.07.2022

Haidee Muller-Isaacs gesels met De la Harpe de Villiers enn Adri Grobbelaar oor hoe die lewe draai met mens loop. Adri vertel hoe iemand anders se hartseer haar laat besin het en toe haar lewensuitkyk verander het.

TIME sê Franschhoek is een van 50 beste plekke in wêreld 29.07.2022

Hein Koegelenberg van Franschhoek Toerisme praat oor Franschhoek wat aangewys is as een van Time Magazine se 50 beste plekke in die wêreld van 2022.

Mamre Vereniging van Gemeenskaplike Eiendomme 28.07.2022

Edwin Africa vertel vir Martelize Brink van die Mamre Vereniging van Gemeenskaplike Eiendomme oor boerdery en geleenthede op gemeenskaplike grond.

Baai se besonderse “kerkbos” 28.07.2022

Nagenoeg 47 jaar gelede het Etienne Weideman op ‘n Sondag by NG Kerk Kraggakamma gestaan en gedink: “Hierdie karre kan nie so in die son staan nie.” Toe begin hy en die gemeente inheemse bome plant, en hulle hou aan daarmee tot die bos op die rante van die Baai se Baakensriviervallei gestrek het. Mariska Spoormaker het gaan kyk hoe lyk die bos. Sy het vir Myra Schmidt daar raakgeloop.

Aerobiese kompostering 28.07.2022

Tertius Pieters gesels met Martelize Brink oor die plaas-tot-vurk-konsep en die rol van aerobiese kompostering.

Bonné de Bod lewe vir die natuur 27.07.2022

Dokumentêre filmmaker Bonné de Bod vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van haar verslaggewing oor natuur- en omgewingsake.

Sally Witbooi se boekeprojek 27.07.2022

Haidee Muller-Isaacs kuier by Sally Witbooi, 'n afgetrede dosent van UWK se biblioteekdepartement. Hulle samel elke jaar geld in vir Biblionef sodat hulle boeke kan koop om te skenk aan plekke waar daar niks boeke of biblioteke is nie.

Mans in ballet 26.07.2022

Dirk Badenhorst van die SA Nasionale Balletkompetisie gesels oor mans in ballet, en waaraan die gewildheid van balletdansers in Kuba toegeskryf word.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.