RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gaan veilig om met gas 18.08.2022 12:21
Esme du Toit praat oor gasveiligheid in die huis, en die moets en moenies met die gebruik daarvan.
Wanri Venter, die hokkieskeidsregter 17.08.2022 16:37
Wanri Venter gesels oor haar loopbaan as hokkieskeidsregter. Sy was in beheer van die eindwedstryd van vrouehokkie by die Statebondspele.
Die klein huisie met die groot gemeenskapshart 17.08.2022 9:41
In Despatch se Reservoir Hills ry ‘n mens met ‘n lang kronkelpad – die naam is Versoeningspad - teen die steilte uit verby ‘n wêreld vol van opslaanhuisies. Mariska Spoormaker het dié pad gery om uit te kom by die klein huisie met die groot gemeenskapshart, waar Monique Haven gevestig is. Elma Saalman, stigter van dié nie-winsgewende organisasie, verduidelik hoekom dit stand gekom het.
Die voordele van videospeletjies 17.08.2022 6:23
Rachelle Best praat oor die voordele van videospeletjies vir kinders.
Marinda gaan wyn maak in Kalifornië 16.08.2022 11:09
Martelize Brink gesels met dr. Marinda Kruger op Elgin oor haar entrepreneurskap as tiener, haar loopbaan as voedseltegnoloog, haar doktorale tesis, risiko’s neem in haar vyftigs, en die avontuur wat vir haar voorlê as wynmaker in die bekende Napavallei in Kalifornië.
Sake-ontwikkeling in die landbou 16.08.2022 8:55
Jacqui January hoor van ‘n gefokusde nie-regeringsorganisasie wat daarna streef om ’n positiewe rol te speel in die transformering van landbou. Hulle bied hulp met ontwikkelingstrategieë om doelwitte te bereik.
Hugenote Gedenkskool 16.08.2022 7:32
Dr. Carel Stander vertel van die Hugenote Gedenkskool en die Marie Luttig-gedenklesings.
Salon kom na Wagter toe 15.08.2022 9:28
Suzaane Burger vertel vir Martelize Brink van haar mobiele hondesalon. Ons hoor wie dit besoek, en die dienste wat daar aangebied word.
Wolduvets uit die Karoo 15.08.2022 8:00
Aubrey Williams vertel vir Martelize Brink van wolduvets uit die Karoo.
Kodering- en robotikaklub 15.08.2022 15:03
Prof. Josef de Beer en Gasant Gamiet praat oor ‘n kodering- en robotikaklub om onderwysers in minder gegoede gebiede te help om skoliere toegang tot die jongste tegnologie te gee.
Ou Addo-hand se raad vir jong veldwagters 12.08.2022 8:07
In die Addo-olifant Nasionale Park is die veldwagter Gibson Thambo ná 39 jaar diens in dié Oos-Kaapse park, geloof vir die wyse waarop hy sy jarelange veld- en dierkennis aan die jonger geslag veldwagters oorgedra het. Gibson, wat nou afgetree het, het tydens sy afskeidsfunksie met Mariska Spoormaker oor sy loopbaan gepraat.
1000 km te perd in agt dae 12.08.2022 15:09
Willemien Jooste vertel vir Martelize Brink van die Mongoolse Derby-uithourit wat sy gewen het. Sy het 1000 km met half wilde perde oor agt dae afgelê, en die mans in die stof laat byt.
Aspoestertjie-steaksnitte 11.08.2022 8:54
Salvin Hirschfield gesels met Martelize Brink oor die Aspoestertjie-steaksnitte en hoe om dit voor te berei.
Leeus van Romenië in SA vrygelaat 11.08.2022 4:48
Elize Parker van Four Paws gee terugvoer oor die vrylating van vyf leeus wat in Europa gered is.
‘n Huis vir Oupa Dries en Ouma Dina 11.08.2022 10:59
Die Shackbouer en opvoedkundige sielkundige, Quinton Adams, vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe hy Soebatsfontein ervaar het toe hulle daar vir Oupa Dries en Ouma Dina 'n huisie gaan bou het.
Hoe kan ‘n gemeenskapsondersteunde landbouprogram begin word? 11.08.2022 9:39
Hoe kan ‘n gemeenskapsondersteunde landbouprogram begin word? Boere, verbruikers, wetenskaplikes en beleidmakers kan almal saamwerk om nuwe landbougeleenthede en gewasse te help vestig. Jacqui January vertel van landbougrondhervorming en inisiatiewe om vennootskappe te bou.
Leeus van Europa kry nuwe huis in SA 10.08.2022 11:06
Elize Parker vertel van vyf leeus wat in Europa gered is en vanmiddag in Suid-Afrika aangekom het.
Ma's en uitbranding 10.08.2022 8:13
Lize Maritz praat oor uitbranding by vroue en veral by ma’s.
Randrekkerkos 10.08.2022 13:23
Geregistreerde dieetkundige en voedingsterapeut Carien Meyer gee vir Martelize Brink praktiese raad vir werklike randrekkerkos.
Transgender vrou deel haar lewensverhaal 09.08.2022 14:41
Die 78-jarige Francette Roux vertel vir Martelize Brink haar lewensverhaal as ‘n transgender vrou, en die besluite wat sy as tiener moes neem.
Boervrou Elmarie Thöle se verhaal 09.08.2022 10:16
Boervrou Elmarie Thöle vertel vir Martelize Brink van die uitdagings van boerdery, en die planne en ander besighede wat oor die jare ontwikkel moes word om die pot aan die kook te hou, wanneer droogtes of brande jou van ‘n oes beroof.
Dieuwke-Jean Linee se sketse van sterk vroue 09.08.2022 14:32
Dieuwke-Jean Linee vertel vir Martelize Brink van haar kuns en ‘n uitstalling van sketse van sterk vroue saam met gedigte van dr. Diana Ferrus.
Beurtkrag kan dodelik wees vir jou troetelreptiel of -vis 08.08.2022 9:13
Beurtkrag kan dodelik wees vir jou troetelreptiele of -visse in ‘n akwarium, het Mariska Spoormaker gehoor toe sy Deon Greyling by die Kraaines Troeteldiersentrum op Despatch raakgeloop het.
Frikkie Vermeulen se lekker kos 08.08.2022 10:43
Frikkie Vermeulen vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy ouma se Wat Sal Doen-kos, sy grootworddae as plaaskind en sy dae as polisieman.
'n Sedersaad val in die Sederberge 08.08.2022 8:51
Dawie Burger vertel vir Martelize Brink van ‘n projek in die Sederberge, waar sederboomsaad met behulp van hommeltuie versprei word.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.