RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Stehan is 'n superheld teen kanker 30.08.2022 9:49
Die vierjarge Stehan Knuppe en sy ma, Cornel, kuier by Martelize Brink in die driesestig-ateljee voordat hy weer chemoterapie vir kanker moet kry.
Elektromagnetiese besoedeling 30.08.2022 9:14
Hoewel daar geen onteenseglike bewyse is nie, sê dr. Marlena Kruger dat elektromagnetiese besoedeling die gesondheid van die mens kan beïnvloed. Jacqui January gesels met haar oor die behandeling en voorkomingsmaatreëls teen teen hierdie soort besoedeling.
Staatsbeheerde dieresiektes 29.08.2022 11:49
Staatsveearts dr. Annelie Cloete verduidelik wat staatsbeheerde dieresiektes is, soos bek-en-klouseer.
“My hond is my hande” 29.08.2022 9:46
Het jy al gehoor van ‘n hond wat ’n man se skoene, en daarna sy kouse kan uittrek? Mariska Spoormaker het dit met haar eie oë beleef toe sy Daniel Theron en sy dienshond, Sanjo, by hulle huis in die Baai gaan besoek het. Daniel is van sy bors af ondertoe verlam in ‘n motorongeluk elf jaar gelede.
Hoe het kerke Covid-19-aanslag oorleef? 29.08.2022 12:37
Ds. Heerden van Niekerk vertel vir Martelize Brink hoe kerke die Covid-19-aanslag oorleef het. Sy Welgemoed-gemeente hou byvoorbeeld ‘n kunstefees.
Maak self seep vir jou skottelgoedwasser 26.08.2022 8:28
Maryke Visagie gee vir Johan Rademan ‘n resep vir tuisgemaakte seeppoeier vir jou skottelgoedwasser.
Oos-Kaap se eerste seniorburger-koorfees 26.08.2022 8:37
Reëlings is al goed aan die gang om die Oos-Kaap se eerste Seniorburger-koorfees op 17 September in Jeffreysbaai aan te bied. Wat dié koorfees meer uitsonderlik maak, is dat kore en individue van minstens tien Oos-Kaapse dorpe ingeskryf het om deel van die fees te wees. Mariska Spoormaker het by een van die kooroefeninge in Gqeberha die bekende koordirigent, Bouwer van Rooyen, gevra om meer te ver...
Clanwilliam-veldblomskou 26.08.2022 6:07
Daleen Schoombee vertel vir Johan Rademan van vanjaar se Clanwilliam-veldblomskou.
Nico en Daleen se Europese toer 25.08.2022 13:47
Nico en Daleen Koen bedryf ‘n privaatskool in Suid-Afrika, en het onlangs oorsee gaan toer. Hulle vertel van hulle ervaring, en hoe dit afspeel teen hulle Suid-Afrikaanse agtergrond. Johan Rademan het met die egpaar gesels. Nico deel ook talle interessante feite oor die gebruik van riviere in Europa, hoe warmer temperature ‘n rol speel op watervlakke, en hoe dit die ekonomie kan bedreig.
Kaptein Ben “Bliksem” Booysen 25.08.2022 10:58
Haidee Muller-Isaacs gesels met kaptein Ben “Bliksem” Booysen, die speurder wat die Krugersdorp-moordenaars vasgetrek het. Ben het intussen uitgetree, en hy vertel vir Haidee van die boek oor sy ervaring en wat die saak aan sy gesondheid gedoen het.
Algoritmes en aanlynveiligheid vir kinders 25.08.2022 8:57
Reon Siyaya praat oor die algoritmes wat inhoud aanlyn aan jou kinders voorstel, en die nodige aanlynveiligheid daarvoor.
Ena Jansen se lewe in die letterkunde 24.08.2022 18:34
Emeritus professor Ena Jansen gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor haar loopbaan as skrywer en akademikus, en deel staaltjies oor Elisabeth Eybers en Karl Schoeman.
Antoinette Louw vertel van haar stryd teen depressie 24.08.2022 8:59
Haidee Muller-Isaacs gesels met die bekroonde aktrise Antoinette Louw oor haar depressiestryd, die herontdekking van wie sy werklik is, en hoe dit nou met haar gaan. Antoinette vertel ook hoe haar ouers, wat albei sielkunde-professore is, haar gehelp het om staande te bly. Sy gesels ook oor hoe dankbaar sy is om uiteindelik weer in die film- en TV-bedryf te kan werk ná Covid se dinge.
Emosionele effek van emigrasie 24.08.2022 9:01
Dr. Sulette Ferreira praat oor die emosionele effek van emigrasie op die mense wat agter bly.
Prof. Gertrude Fester se herhinneringe 23.08.2022 19:05
Prof. Gertrude Fester, anti-apartheidsaktivis verbonde aan die Sentrum vir Afrikastudies by die Universiteit van Kaapstad, gesels oor haar lewe en herhinneringe van haar tyd in die gevangenis.
Vrystaat Jeug Blaasensemble 23.08.2022 14:01
Coenie Nel, George Foster en Tuan Thalla gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die Vrystaat Jeug Blaasensemble wat by die Paul Roos Musiekfees optree.
Is die Baai se opgaardamme in die verkeerde gebied gebou? 23.08.2022 9:55
Die afgelope tyd het dit só lekker gereën in die Baai dat daar nou al mense is wat sê die drie opgaardamme aan die westekant van die metropool is op die verkeerde plek gebou, omdat goeie reën nie in dié damme se opvangsgebiede val nie. Mariska Spoormaker het David Raymer, oud-wateringenieur van die munisipaliteit, gevra of die opgaardamme in die verkeerde gebied staan.
Operasies uitvgevoer op Afrika-olifante in Pakistan. 22.08.2022 10:47
Elize Parker van Four Paws vertel vir Martelize Brink van operasies op Afrika-olifante in Pakistan.
Hedendaagse argeologie 22.08.2022 10:11
Argeologie is die studie van menslike kulture deur die herwinning, dokumentering en analise van materiële oorblyfsels, soos argitektuur en kunsprodukte. Dit sluitend ook die studie van die landskap waarin mense hulle bevind het in. Bybelse argeologie is net so belangrik en wil nie die Bybel as waar of onwaar bewys nie, maar dit bring dit tog ‘n beter verstaan van die Bybel. Jacqui January het meer...
Webwerf stimuleer belangstelling in wenstenskapberoepe 22.08.2022 11:58
Dawie Botha vertel vir Martelize Brink van www.stemulator.org , ‘n projek om die belangstelling in beroepe in die wetenskap, tegnoloie en ingenieurswese te bevorder.
Alarmstelsels vir jou huis 19.08.2022 13:32
Anton de Vries verduidelik vir Martelize Brink hoe alarmstelsels werk.
“Bly rondbeweeg, al voel jy hoe sleg” 19.08.2022 9:33
Uit die Baai kom die volgende raad: al voel jy hoe sleg, hou net aan met rondbeweeg – al stap jy of al tel jy net jou arms of jou bene op en af. Die vrou wat dié raad gee, is Susan Burri, ‘n oorplantingatleet wat eie raad uitleef. Sy het by die afgelope nasionale oorplantingspele in vier items vir die Wêreld Oorplantingspele gekwalifiseer. Mariska Spoormaker het met haar gaan praat.
Vredenburg Manor en die stout eekhorings 18.08.2022 9:55
Haidee Muller-Isaacs kuier by Vredenburg Manor tussen Stellenbosch en Somerset-Wes, waar sy meer oor die plaas uitvind by Leon Oosthuizen. Sy hoor ook van die sonde met die stout eekhorings.
Zama-zamas in kuns 18.08.2022 11:42
Prof. Janine Allen-Spies en dr. André Rose vertel van die Eureka-uitstalling in Kimberley se William Humphreys Kunsmuseum, wat kyk na zama-zamas deur die oë van kunstenaars.
Leolyn Jackson se komvandaan 18.08.2022 9:58
Haidee Muller-Isaacs gesels met Leolyn Jackson, direkteur van die Sentrum vir Globale Betrokkenheid by die Sentrale Universiteit van Tegnologie in die Vrystaat, oor sy komvandaan en sy betrokkenheid by die internasionalisering van hoër opvoedkunde.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.