RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Tannie Hettie wil net aanhou bome plant 09.09.2022 10:08
Sy het al 79 winters agter die rug, maar as sy haar sin kry, sal Hettie Erasmus elke dag ‘n hele paar bome plant. In haar 25 jaar op Jeffreysbaai, en ook toe sy en haar man Eric in die Vaaldriehoek gebly het, het sy maklik al meer as 2000 bome geplant!
Die Bloutrein is 50 09.09.2022 7:19
Jan Conradie vertel vir Martelize Brink van sy dae op die Bloutrein as 'n assistenttreindrywer.
Woordfees terug in lewende lywe! 08.09.2022 12:43
Saartjie Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink wat jy te wagte kan wees by vanjaar se US Woordfees.
No Mow al hoe meer gewild 08.09.2022 7:35
Rupert Koopman praat oor die impak van die No Mow-konsep, waar gras en plante in openbare ruimtes nie gesny word tot dit klaar geblom het nie.
Wêreld Geletterdheidsdag 2022 08.09.2022 7:58
Wêreld Geletterdheidsdag word elke jaar op 9 September gevier. Die dag is in 1966 deur UNESCO begin met die doel om op geletterdheid in ontwikkelende gemeenskappe te fokus. Jacqui January het gaan gaan kyk na innoverende idees en praktyke om ongeletterdheid uit te wis.
Johan Bakkes se reise 07.09.2022 17:56
Reisskrywer Johan Bakkes gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy pad met stories.
Christi Panagio se nuwe rol 07.09.2022 7:18
Die oud-aktrise en TV-aanbieder, Christi Panagio, vertel van haar lewe as tuisblyma, tuisonderrig en die wonderlike voorreg om nou saam met manlief, die Survivor-aanbieder Nico, te kan reis. Hulle probeer ‘n eie ritme volg, en om hulle twee dogtertjies uit die boks uit groot te maak. En ja, hoewel sy graag vinnige of hartsprojekte aanpak, en staan Nico alte graag in, kom hulle kinders se belange v...
Kunsinstituut vir inheemse kuns 07.09.2022 16:25
Lukretia Booysen vertel van die Koena-kunsinstituut wat Khoisan en Khoena erfenis en identiteit bevorder. Terence Visagie gesels saam oor sy kuns.
Die impak van siviele inginieurswese projekte op toerisme 06.09.2022 7:22
Dawie Botha gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor siviele inginieurswese projekte se impak op toerisme, en spesifiek dié van die N1-snelweg in Limpopo.
Errieda as kosikoon vereer 06.09.2022 10:25
Haidee Muller-Isaacs gesels met kosskrywer Errieda du Toit oor die 2022 Food XX-toekenning as kosikoon wat haar onlangs te beurt geval het. Errieda was een van 19 vrouebaanbrekers wat die meeste stemme uit sowat 500 kandidate van die publiek ontvang het. Dit bewys weer eens dat Errieda diep in mense se harte gekruip het tydens haar etlike jare in die kosbedryf.
Oplossings vir jeugwerkloosheid 06.09.2022 10:03
Dr. Hendrik Botha praat oor werkloosheid onder die jeug, en oplossings vir die probleem.
Wat is jou verantwoordelikhede teenoor jou diere? 05.09.2022 6:50
Veearts dr. Annelie Cloete praat oor die verantwoordelikhede van diere-eienaars.
Gratis toep vir kankerpasiënte 05.09.2022 8:32
Prof. Darelle van Greunen vertel van C-Vive, ‘n gratis toepassing wat vir kankerpasiënte en hulle geliefdes meer inligting gee oor kanker en wat om te verwag. https://play.google.com/store/apps/details?id=com.outsystemsenterprise.nmucct. CWordYourGuide&hl=en&gl=US
Jeffreysbaai blom vir die bye 05.09.2022 8:17
Jeffreysbaai het nou ook deel geword van die No Mow-beweging, wat kortliks daarop neerkom dat die bye eers die stuifmeel van die veldblomme in die parke en langs die sypaadjies kan geniet, voor dit gesny word. Mariska Spoormaker het Jeffreysbaai besoek en by Soria Swart van Dorp van Drome gehoor dié kusdorp se No Mow-inisiatief het by ‘n enkele inwoner begin.
Hoe werk koeëlvastebaadjies? 02.09.2022 14:40
Samantha Aarons-Cupido vertel vir Martelize Brink hoe koeëlvastebaadjies werk.
Brunhild Strauss maak reuse impak in Namakwaland 02.09.2022 9:24
Brunhild Strauss is die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdheid se ontwikkelingsbestuurder in Namakwaland. Sy dinamika verseker dat sy streek elke jaar beter doen as enige ander gebied in Suid-Afrika met Loslitdag en met Nappy Run. As rolmodel , wat self 'n parapleeg is na 'n ernstige ongeluk , maak hy 'n reuse impak op die platteland met dienste aan persone met gestremdheid. Haidee Mul...
Airwolf by lugskou 02.09.2022 9:23
André Coetzee vertel vir Martelize Brink van sy deelname die naweek aan die lugskou by die Randse Lughawe in sy Airwolf-styl helikopters.
Pannekoeke vir die blomme 01.09.2022 11:50
Dominee Johan Janse van Rensburg vertel van die die Niewoudtville-gemeente wat op groot skaal pannekoek bak vir die blommetoeriste in Namakwaland.
Ashley, die kampioen-duiweboer 01.09.2022 10:44
Haidee Muller-Isaacs kuier by Ashley September, ‘n oud-siviele ingenieur wat deesdae 'n kampioen-duiweboer is.
Die verskuiwing van groot bome 01.09.2022 10:43
Jacques Janse van Rensburg vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe groot bome verplant word.
De Klerk Oelofse se drama tussen die plante 31.08.2022 15:41
Akteur De Klerk Oelofse gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy lewe op die planke en tussen die plante.
Somber langtermynvoorspellings vir Baai se opgaardamme 31.08.2022 9:58
Terwyl goeie reën steeds wegbly uit die opvangsgebiede van Nelson Mandelabaai se belangrikste opgaardamme, is daar ‘n langtermyn-weervoorspelling dat reën nóg skaarser mag word in dié gebiede. Hugh van Niekerk, ‘n metereoloog van die Baai se weerkantoor, het met Mariska Spoormaker hieroor gepraat.
'n VHS-kussing?!? 31.08.2022 9:32
Regine le Roux vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe Re. Bag. Re. Use VHS-videokasette se magneetband gebruik om produkte soos handsakke en strooikussings te maak.
SA Trompoppies oppad Wêreldbeker toe 30.08.2022 6:54
Wayne Oberem vertel vir Martelize Brink van Suid-Afrika se trompoppies wat in September in Kroasië aan die Wêreldbeker gaan deelneem.
Johannes Potgieter se trompoppie-herinneringe 30.08.2022 8:06
Johannes Potgieter stof sy herinneringe af toe hy ‘n internasionale trompoppie-beoordeelaar was. Hy vertel vir Johan Rademan dat jy Proteakleure kan verwerf, en mans kan ook deelneem aan dié sportsoort wat by SASKOK geaffilieer is.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.