RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kultuur in lapboeke verewig 22.09.2022

Dr. Elbe Coetzee vertel hoe inheemse kennis van die Noord-Sotho-kultuur in lapboeke vasgevang word.

Deon Meyer se Karoonagte 21.09.2022

Deon Meyer gesels met Martelize oor sy bekendste karakter, Benny Griesel, se wedervaringe, wat voorlê, hoe hy afskakel en wat gehore kan verwag van Karoo Suite 2, Karoonagte wat hy en Coenie de Villiers planke toe bring.

Nico Koen se treine 21.09.2022

Nico Koen se pa en oupa was verbonde aan die Spoorweg, en hoewel hy nie self voltyds met ysterwiele gewerk het nie, glo hy dis deel van ons erfenis en moet sodanig hanteer en bewaar word. Johan Rademan het met hom gesels.

Toep vir blomme in die Wes-Kaap 21.09.2022

Marietjie Smit vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Clanflora, ‘n gratis toepassing waarmee jy 616 blomme van Namakwaland, die Weskus, die Cederberg en Nieuwoudtville kan identifiseer.

Prince Albert Community Trust help die jeug 20.09.2022

Haidee Muller-Isaacs het onlangs gaan op Prins Albert gaan kuier waar die Journey of Jazz-bekendstelling plaasgevind het. Daar het sy meer gehoor van die werk wat die Prince Albert Community Trust onder die jeug doen, en hoe hulle die jonges motiveer om hulle talente in te span en op te skerp.

Nordiese Wêreldstapkampioenskap 20.09.2022

Lohra de Waal vertel van die Nordiese Wêreldstapkampioenskap in Pole waaraan sy onlangs deelgeneem het.

Dierenood in Khayelitsha 19.09.2022

Marcelle du Plessis vertel van die dierenood in Khayelitsha, en hoe Mdzananda Dierekliniek nou die enigste ander diere-organisasie in Khayelitsha oorneem omdat hulle nie kop bo water kan hou nie.

Die Baai se verborge kulturele skat 19.09.2022

In Erfenismaand het Mariska Spoormaker een van die Baai se verborge kulturele skatte gevind. Dit is ‘n versameling van 67 geborduurde kraalkunswerke wat van oudpresident Nelson Mandela se bekendste uitdrukkings uitbeeld. Tony Neveling van Nelson Mandelabaai het saam met Mariska gaan kyk.

Sien om na jou balans 19.09.2022

Fisioterapeut Eliznah Hermann vertel vir Martelize Brink van die belangrikheid daarvan om in jou veertigs na jou balans om te sien.

Hoe word iets klankdig gemaak? 16.09.2022

Allan Wilson vertel vir Martelize Brink hoe jy iets klankdig maak.

Klapmuts Hotel se legendariese kroegman tree af 16.09.2022

Haidee Muller-Isaacs het weer by die Laagwaterkroeg in die Klapmuts Hotel gaan kuier, waar geliefde Oom Dougie meer as 60 jaar lank as kroegman gewerk het. Oom Dougie het uiteindelik afgetree, en daar is 'n trustfonds vir hom gestig uit die opbrengste van 'n veiling, wat die aand van sy afskeid plaasgevind het - alles om die legendariese kroegman se pensioen aan te vul.

Erfenistoer van veteraanmotors 16.09.2022

Fienie Hoepfner vertel van vanjaar se Erfenistoer van veteraanmotors waaraan sy deelneem. Sy is agter die stuur van Isabella, 'n 1955 DKW.

Wanneer is ‘n plek ‘n dorp of ‘n stad? 15.09.2022

Gerrit Jordaan vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe daar bepaal word wanneer ‘n plek ‘n dorp of ‘n stad is.

Oos-Kaapse kinderkore klink weer op ná Covid 15.09.2022

Twee jaar lank het Covid-19 en die gepaardgaande pandemiebeperkings die kinderkoorklanke in die Oos-Kaap stilgehou. Nou word daar hard gewerk om soveel as moontlik kinderkoorstemme weer te laat opklink. Sover lyk dit asof daar sukses behaal word, want kaartjies vir 'n gesamentlike optrede later vandeesmaand deur die Oos-Kaapse Junior Kinderkoor, die Kinderkoor, die Jeugkoor en skoolkore is reeds u...

Christiaan Steyn, Britse Ope kleiteikenskiet-juniorkampioen 15.09.2022

Christiaan Steyn en Hermann Meyeridricks gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor kleiteikenskiet. Christiaan is die juniorkampioen by die Britse Ope. Herman help reël aan die kleiteikenskiet-wêreldkampioenskap wat in 2023 in Kaapstad plaasvind.

Van rugbybesering na opera-bariton 14.09.2022

Van Wyk Venter vertel hoe ‘n besering sy drome van rugby na opera laat skuif het.

Private sektor betrek by dienslewering 14.09.2022

Besighede se deelname aan die bestuur en lewering van dienste en infrastruktuur in gemeenskappe is van onskatbare belang. Regerings wêreldwyd maak gebruik van sulke vennootskappe om beter en kostedoeltreffende dienste te lewer. Suid-Afrika doen tans baanbrekerswerk in hierdie verband, en 44 lande in Afrika neem deel om beter dienste d.m.v. die private sektor te lewer. Jacqui January het meer gaan...

Herwinningsprojek wil eenmiljoen mense betrek 14.09.2022

Catherine Bothma vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van ‘n herwinningsprojek wat poog om eenmiljoen te oorreed om hulle tot herwinning te laat verbind.

De Hoop-dam 13.09.2022

Dawie Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die De Hoop-dam in Limpopo.

Naomi Stolze se pad met onvrugbaarheid 13.09.2022

Naomi Stolze vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar lewe met vrugbaarheidsprobleme, hoe sy en haar man tweelingdogtertjies aangeneem het, en toe, terwyl sy op kankerbehandeling is, sy skielik uitvind sy is swanger. Daar is nou drie woelwaters in haar huis, en ten spyte dat een van die linge, outisties is, sou sy haar lewe nie anders kon voorstel nie.

Voedselbestraling 13.09.2022

Dieetkundige Irene Labuschagne verduidelik hoe sekere kossoorte soos heuning vir veiligheid bestraal word.

Word 'n vrywillger by akwarium 12.09.2022

Renée Leeuwner vertel vir Martelize Brink van die vrywilligersprogram by die Twee Oseane Akwarium.

Stryd om Baai se historiese hart behoue te laat bly 12.09.2022

Vandaliste is besig om die historiese hart van Gqeberha uit te ruk, maar op grondvlak word die teendruk van inwoners, kunssinniges, sommige politici en toerisme-verteenwoordigers al hoe sterker, het Mariska Spoormaker gevind toe sy die voorstad, Sentraal, besoek het. Daar het sy ook die Baaienaar, Norman John Visser, raakgeloop.

Organisasie verfraai en beplant Durbanville 12.09.2022

Wouter Kruidenier en Pieter Smit vertel van die Christen Aksie Netwerk, ’n niewinsgewende organisasie, wat die Durbanville-omgewing verfraai deur openbare ruimtes te beplant en te onderhou.

Hoe werk scuba? 09.09.2022

Ettienne Raal vertel vir Martelize Brink hoe scubaduik werk.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.